Kyk gelowig en volhardend, hemelwaarts ………

Kyk gelowig en volhardend, hemelwaarts ………

Volharding is ‘n geestelike deug. Dit is nie maar net ‘n saak van begin en los nie. Dit vra moed en deursettingsvermoë om aan te hou. Daarom gebruik die Hebreërskrywer die beeld van die marathon, want dit vra uithouvermoë.

As ‘n mens die stad Rome wil sien vanuit die koepel van die St. Peters, moet jy al die trappe na die koepel klim. As jy net halfpad geklim het, is dit so goed jy het niks geklim nie. Die laaste trappie is net so belangrik soos die eerste. Eers as jy die volle stel trappe geklim het, ook die laastes kom jy by die koepel uit en dan kan jy die hele stad Rome voor jou sien, met ‘n asemrowende uitsig.

28887_159259764224304_259829234_nDie doel van die Hebreërskrywer is om gelowiges wat reeds glo, te help om hul geloof te behou en dit inderdaad te versterk. Baie dinge kan maak dat ‘n mens moeg en afgemat raak in jou geloofslewe. Dan kan ‘n mens maklik terug verlang na die eerste dinge. Die volk Israel het op hul geloofsreis van 40 jaar deur die woestyn dikwels terug verlang na die vleispotte en sekerhede van Egipteland. As’t ware het hul terug verlang na die sekerhede van slawerny. Hulle is eerder slawe as om vry te wees in ‘n woestyn vol onsekerhede, agter geloofsgoedere wat nie met die oog gesien kan word nie. Hulle het as’t ware verlang na die eerste dinge.

Dikwels verlang mense ook terug na die verlede, die ou Suid – Afrika met al sy sekerhede en sekuriteite. Maar in die proses vergeet ons van al die onreg waarop die ou stelsel gebou was. Ons wil as’t ware terugkeer na die slawerny van apartheid, omdat ons die beter en regverdiger tye miskyk.

Hebreër 12: 18 – 29 gaan oor twee tye: Die Sinaï – tye en Sionstye. Die berg Sinaï staan vir die vorige bedeling en Sionsberg staan vir nuwe bedeling. Daarom staan die twee berge as twee metafore teenoor mekaar. Elke berg verteenwoordig ‘n tydperk en ‘n bepaalde teologie. Die een staan vir die oue en die ander vir die nuwe.

Die berg Sinaï staan vir skeiding. God en sy volk Israel was geskei. Slegs Moses kon die berg bestyg om die Wet te ontvang. Verder was die berg heeltemal verbode vir enige mens of dier. Niks mag aan die berg raak nie. Daarom word sewe beelde gebruik om die ontoeganklikheid van die berg te beskryf, naamlik: vuur, swart wolke, duisternis, stormwind, harde geluid en geklank van woorde

Moses self het gesidder van vrees. God was vêr gewees. God was verhewe gewees op die Sinaï berg, geskei van sy volk. Daarom staan die Sinaï – berg vir die Wet.

Die Sionsberg daarteenoor, beteken die berg waar God naby aan mense gekom het. Dit was die berg waar Abraham sy seun Isak moes offer.

Die Here het toe betyds voorsien deur ‘n skaapram wat vasgemaak was aan ‘n bos. Daarom is die Sionsberg tradisioneel die berg waar die Messias Hom sou openbaar volgens tradisie Ps 2:6. Sionsberg beteken God bly tussen sy mense en dit wys heen na die menswording van Jesus Christus. God het in Christus Jesus baie naby aan die mens gekom.

Daarom staan Sion – staan vir die genade.

Weereens word sewe beelde gebruik in die teks om die heerlikheid van die Sionsberg te besing.

Vanaf die Sionsberg, kom jy die Sionstad, Jerusalem duidelik sien. Sionstad, is die stad waar God bly en dit versinnebeeld die nuwe Jerusalem wat kom. Jerusalem skyn inderdaad werklik goudkleurig in die laatmiddag son.

Sinaï – berg beteken God is vêr, terwyl Sionsberg beteken die Here het naby gekom. Ons mag die Sionstad – die nuwe Jerusalem nader – sonder om te vrees, want Jesus het die pad oopgemaak vir my. Wanneer ek sterf is ek in die stad.

Ons kan maklik laks word in die geloof, ons geloofsvisie verloor en ons geloofswaardes prysgee. Daarom word van ons wat op die Sionsberg woon, baie meer gevra as hul wat op Sinaï berg leef. Ons het die verlossing gesien. Juis daarom moet ons tot die einde volhard. Daarom moedig die Hebreërskrywer ons aan om nie langs die pad, die pad byster te raak nie. Die meeste ongelukkige gebeur 10 km van jou bestemming. Mense raak ontspanne en hul begin aan die tuiskoms dink en verslap hul inspanning. Netso moet ons nie op die geloofspad om geloofsinspanning verslap nie.

Die Hebreër skrywer stel die Sionservaring oor die Sinaï-ervaring. Die genade-ervaring is groter as die wet – ervaring. Meer as 13 keer word die griekse woord “kreiton” gebruik, wat beteken dit is “beter”. Dit is beter om die nuwe as die ou aan te hang. Dit is beter om in Christus te wees as in die sonde Dit gaan nou beter met julle : op pad na beloofde land / op pad na beloofde stad. Julle omstandighede is beter. Julle toekoms is beter. Julle stad is beter. Julle fondament is beter. Julle toegang is beter.

Die Hebreërskrywer sê met Sinaï het die aarde geskud, maar met die Sionsberg sal die hemel en aarde skud. Daarom moet ons nie die genade verwerp nie.

Christopher Columbus (31 Oktober 1451 – 20 Mei 1506) was die ontdekkingsreisiger wat die Amerikas aan ons bekend gestel het.

Met sy drie skepe, die Pinta, die Nina en die Santa Maria het hy die Bahamas ontdek en later ook die Amerikaanse vasteland, waar hy die die Indiane ontmoet het. Hierdie ontdekkingsreise van hom het baie geloof en moed en volharding gevra in ‘n Katolieke tradisie waar daar nog geglo is die wêreld is plat. Tenspyte van moeilike omstandighede, siektes en sterftes op die skepe, asook bemanningslede wat wou muit het

Columbus het net elke oggend gesê: Weswaarts sal ons trek. Gister het ons wesswaarts getrek, vandag trek ons ook weswaarts, weswaarts is die rigting….. Sy volharding het hom gebring by die Amerikas. Hy het die nuwe wêreld ontdek en na ons gebring.

In ‘n modernistiese wêreld waar die klem net lê op die sienlike wêreld, word die geloofsmoed van Columbus ook van ons gevra om die God se nuwe wêreld” te ontmoet. Elke dag moet ons ook gelowig verklaar, dat ons hemelwaarts trek, ja hemelwaarts. Daarom praat Hebreërs van die beloofde vaderland waarheen ons trek. Hierdie oppad wees na die onsienlike maak ons die objek van bespotting soos Noag in die bou van die ark, asook die vroeë Christene in ‘n Grieksoorheersende wêreld waar die sienlike gode uitgestal was op elke markplein.

Die Hebreërskrywer wil ons geloofsoog verskerp, om met die oë van ‘n arend dit te sien, wat ander mense nie kan sien nie.

Geloofsvolharding, is iets waarvoor ons elke dag moet bid. Elke dag moet ons die werke van God soek in die dinge rondom ons. Somtyds sal ons God vind in grootse gebeure of ervarings. Ander tye sal ons Hom vind in klein gebeure of ervarings. Die onsienlike God, is altyd sienlik in die alledaagse gebeure rondom ons. Daarom moet ons bid vir geloofsoë wat helder kan sien.

Somtyds sien ons God eers agterna:

Iemand wou eenmaal graag die Big Wheel in London besoek. Hy was op die plek, maar het dit nie gesien nie, want hy was haastig en die paaie was baie besig. Later toe hy sy fotos ontwikkel, toe sien hy die Big Wheel duidelik in die agtergrond van een van sy fotos. So werk dit met geloof ook. Ons sien dikwels eers agterna God baie duidelik in ons lewe.

Moenie dink dat jy altyd reg sien nie ! Geloof is om te leer om “te sien.” Om met geloof te sien, vra oefening. Mag die Here vir ons elke dag nuwe oë gee, om nuut te sien. AMEN

(Ds. Paul Odendaal is leraar van die NG Kerk Adelaide.)

Om in halleluja – tye en in Klaagliedere – tye te volhard in die geloof !

Om in halleluja – tye en in Klaagliedere – tye te volhard in die geloof !

Daar is baie soorte armoede in die wêreld soos hongerte, naaktheid, moedeloosheid, liggaamlike swakheid, siekte, psigiese armoede, ouderdom, eensaamheid, huisvestingsnood, sekuriteitsgebrek of doodeenvoudig net die armoede aan liefde. Armoede aan liefde, kan ‘n mens beskryf as velhonger. Velhonger mense is mense wat net die begeerte het om iewers deur iemand aangeraak te word in liefde en deernis. Soos jy ouer word, slaan armoede oor ons almal toe. Ouderdomsplooie is die armoedekrake van jou liggaam. Soos jy ouer word, word jy bewus van hoe jy armer word aan kragte, gesondheid, lewenslus, geleenthede, materiële sekuriteite en vriende. Die fisiese dood is die finale kishou wat armoede vir almal slaan. Vir fisiese en emosionele armoede is daar baie raad. Vir fisiese armoede gee ons brood, sop, kleding, huisvesting, bou outehuise en weeshuise, stig studiebeurse en ontwikkel ontwikkelingsprogramme. Vir emosionele armoede skep ons ondersteuningsgroepe, en sosiale geleenthede om mense te ondersteun. Daarom moet ons baie simpatiek met alle soorte armoede omgaan, omdat dit ons almal op een of ander manier tref.

Die boek Hebreërs handel oor ‘n ander soort nood. Dit handel oor geloofsarmoede, geloofsnood, geloofsverlies, geloofsdroogte en geloofsuitputting. Hebreërs handel oor geloof ! Die Hebreërskrywer probeer nie om die geloof te skep in gelowiges nie. Nee, dit is geskryf om gelowiges wat reeds glo, te help om in die geloof te bly.

winterIn elke mens se geloofslewe is daar hoogtepunte, laagtepunte, geloofsoasisse en woestyntye. Christus het ook hoogtepunte gehad, toe die Heilige Gees soos ‘n duif oor Hom neergedaal het, om net daarna homself in die woestyn van verlatenheid te vind. Op die berg van verheerliking het Hy saam met Moses en Elia verskyn. Om net later van mens en van God verlate te wees aan die kruis.

Geloof is ‘n stryd ! Hebreërs sê dit is ‘n marathon ! Geloof is nie maklik nie. Van mense wat in die geloof volhard word gepraat van geloofshelde. Daar word as’t ware gepraat van ‘n heldegalery van gelowiges genoem wat dit gemaak het.

Somtyds is dit maklik om te glo. Somtyds is dit baie moeilik om te glo. Ons gelese gedeelte verse 32 – 38 oorspan ‘n tyd van ongeveer 1000 jaar, vanaf die Rigtertydperk tot by die Makkabeërtydperk.

Vers 32 – 35  was ‘n tyd toe dit maklik was om te glo.

Vers 36 – 38 was ‘n tyd toe dit moeilik was om te glo

Vers 32 – 35 handel oor ‘n tyd toe dit maklik was om te glo. Dit was ‘n tydperk vol Hallelujah – ervarings.

 Heb 11:32  En wat sal ek nog meer sê? Want die tyd sal my ontbreek as ek van Gídeon, Barak en Simson en Jefta, Dawid en Samuel en die profete sou verhaal,

Heb 11:33  wat deur die geloof koninkryke oorweldig het, geregtigheid uitgeoefen, beloftes verkry, bekke van leeus toegestop,

Heb 11:34  die krag van vuur uitgeblus, die skerpte van die swaard ontvlug, krag uit swakheid ontvang het, dapper gewees het in die oorlog, leërs van vreemdes op die vlug gedryf het.

Heb 11:35  Vroue het hulle dode deur opstanding teruggekry, en ander is gefolter en wou geen bevryding aanneem nie, om ‘n beter opstanding te kan verkry.

So is daar in die gelowige se lewe besondere tye van gebedsverhoring en tye toe God Homself op baie spesiale maniere openbaar het. Dan is dit makliker om te glo. Dink bv aan die Slag van Bloedrivier en die 1994 eerste Suid – Afrikaanse Demokratiese Verkiesing toe alles vreedsaam verloop het.

Verse 36 – 38 handel oor ‘n tyd toe dit moeilik was om te glo. Die lewe het soos vals note begin klink. Die lewe het sy melodie verloor. Dit is die Klaagliedere – ervarings van die lewe. Dit is die tye wat dinge skeef loop in jou lewe.

Heb 11:36  Ander weer het die proef van bespottinge en geselinge deurstaan, ook van boeie en gevangenis.

Heb 11:37  Hulle is gestenig, in stukke gesaag, versoek, deur die swaard vermoor. Hulle het rondgeloop in skaapvelle en in bokvelle; hulle het gebrek gely, hulle is verdruk, mishandel—

Heb 11:38  die wêreld was hulle nie werd nie—hulle het in woestyne rondgedwaal en op berge en in spelonke en skeure in die grond.

Dit is die tye wat jy jy skaars meer ‘n noot oor het.

Die lewe het sy sin en betekenis vir jou verloor. Jy sit op moedverloor se vlak. Jy bid, maar jy voel jy bid teen ‘n muur vas. God voel vir jou baie ver ! Jy begin aan God se bestaan twyfel. God maak nie meer vir jou sin nie. Jy voel skuldig, omdat jy voel jy het jou geloof verloor. Jy voel verlore.

Die goeie nuus is dat God verstaan as ons somtyds twyfel. Hy wil ons help in ons twyfel soos Hy vir Johannes die Doper en vir die twyfelende Thomas gehelp het. Johannes die Doper het gewonder in die tronk, of hy die regte Messias en Gesalfte gedoop het. Daarom vra hy die vraag of Jesus die regte Gesalfte is of moet ons iemand anders verwag. Dan versterk die Here hom met die versekering dat hy moet kyk na al die wondertekens wat plaasvind. Die twyfelende Thomas het gewonder of Jesus regtig opgestaan het. Dan help Jesus hom, deur hom te laat vat aan sy wonde, om hom te oortuig. Woestynervarings in die geloof tref die meeste van die gelowiges en heiliges.

Dit is koud en donker.

Dit is leeg en dood.

Kaste dood, leeg  soos skedelgate

Dit is winternag daarbuite.

Winter in my siel.

Eensaamheid lê vlak

Geen vuur, geen lig, geen bron van hoop

My geloof is koud

My siel eensaam – soos die graf

(Anoniem)

Om met God te worstel, is van die mees diepste en intense ervarings waaraan ‘n mens blootgestel kan word. Jakop het by die Jabok met God ook geworstel. In die proses het hy mank geword, maar hy het God gevind, of moet ons liewer sê God het hom gevind.

Maar hoe kan ons geloofsarmoede weer omsit in geloofsrykdom en geloofsgroei? Ons teksgedeelte gee vir ons die antwoord baie duidelik:

1. Vestig julle oog op Jesus Christus en nie op julle eie geloof nie.

2. Laat julle versterk, deur die getuienis van medegelowiges en die onderlinge koinonia (gemeenskap van gelowiges)

Heb 12:1  Daarom dan, terwyl ons so ‘n groot wolk van getuies rondom ons het (2 hierbo), laat ons ook elke las aflê en die sonde wat ons so maklik omring, en met volharding die wedloop loop wat voor ons lê,

Heb 12:2  die oog gevestig op Jesus, die Leidsman en Voleinder van die geloof (1 hierbo), wat vir die vreugde wat Hom voorgehou is, die kruis verdra het, die skande verag het en aan die regterkant van die troon van God gaan sit het.

Die Here wil ons veral ook deur die gemeenskap van gelowiges, soos in die tyd van Hebreërs versterk. Daarom is die onderlinge getuienis van hoe God in medegelowiges se lewe werk van groot belang. Let op wat sê Heb 10: 23 – 25 oor die gemeenskap van gelowiges. (Let op na die beklemtoning in die teks).

Heb 10:23  Laat ons die belydenis van die hoop onwankelbaar vashou, want Hy wat dit beloof het, is getrou; Heb 10:24  en laat ons op mekaar ag gee om tot liefde en goeie werke aan te spoor; Heb 10:25  en laat ons ons onderlinge byeenkoms nie versuim soos sommige die gewoonte het nie, maar laat ons mekaar vermaan, en dit des te meer namate julle die dag sien nader kom.

Let ook op na die onderstreping, van hoe belangrik God die samekoms van die gemeente ag. Godsdiens is nie maar net ‘n privaat geleentheid voor die radio of TV nie. Nee, dit is ‘n publieke samekoms van God se gemeente. So wil God dit hê. Wanneer kole los van die vuur lê word dit gou koud. Maar tussen die ander kole bly dit warm.

Newbegin skryf dat Jesus nie ‘n boek geskryf het nie. Nee, Hy het dit oorgelaat aan die apostels om Evangelies en briewe te skryf. Jesus het eerder “a Community” gevestig – so belangrik ag Jesus die kerk en die samekoms van gelowiges. Geloof is om te belê in die onsienlike.

Dit is soos ‘n brug in mistige weer. Jy kan nie sien of die brug anderkant weer grond raak nie. Maar jou vorige ervarings en die beweging van die verkeer (medegelowiges) laat jou genoeg vertrou om oor die brug te ry, na die onsienlike anderkant.

Daarom moedig die Hebreërskrywer ons aan, om al word ons armer in fisiese dinge, ons ryker moet word in geestelike dinge. Liggaam en gees, daaruit bestaan die mens. Die liggaam kwyn met ouderdom, maar die geestelike groei soos ons ouer word. Wie geestelik groei, groei in sy/haar geloof. Juis daarom moet ons klem lê op die geestelike onsienlike, aldus die Hebreër skrywer.

(Ds. Paul Odendaal is leraar van die NG Kerk Adelaide.)

Geloof is om die onsienlike te sien.

Geloof is om die onsienlike te sien.

Die boek Hebreërs handel oor geloof. Die skrywer se bedoeling is nie om mense te laat glo nie, maar om mense wat reeds in die geloof is, te help om in die geloof te bly. Want sien geloof kan maklik verweer word – soos skokbrekers van ‘n voertuig wat verweer op grondpaaie. Geloof is iets lewendig: Daarom kan dit groei of sterf. (Dit is soos ‘n verhouding.) ‘n Mens kan so gewoond raak aan die Christelike geloof, dat jy later begin neutraal staan. Dan is dit nodig om weer jou geloof te versterk. Tereg moedig Paulus in 2 Tim 1: 6 vir Timotheus aan om “die geloof weer soos ‘n vuur aan te blaas.”

12651380_956490731107349_9017840028981312380_n

Wanneer die Hebreër – skrywer sy brief skrywe, skryf hy aan gelowiges wat nie net traag (6: 12) geword nie, maar ook later afvallig (6:6) geword het en ook nie meer kerk toe kom nie (10: 25). Die vroeë Christene het vervolging ervaar en baie skokke ervaar, wat hulle geloof begin deurstamp het. Hulle geloof het as’t ware begin gly en hulle het apaties geraak. Dikwels gebeur dit dat gelowiges in hulle vroeë tienerjare geestelik baie aktief was en besondere geloofservaringe op geestelike kampe gehad het. Dit kan gebeur dat in latere volwassenheid jy in jou geloof lou raak, as gevolg van al die eise van volwassenheid.

Daarom beskryf die Hebreër skrywer die geestelike lewe soos ‘n marathon wedloop of ‘n pelgrimstog. Dit is veeleisend en vermoeiend. Jy moet VASBYT en altyd jou einddoel voor oë hou.

Jy moet jou aandag gedurig op Jesus Christus hou: die Begin en Voleinder van jou geloof. Dikwels kan ons, ons geloofsfokus verloor. Coenie Burger vertel toe hy in Amerika op reis was, tydens ‘n sneeustorm, hy so op die sneeu konsentreer het, dat hy al stadiger begin ry het. Die ander voertuie het verby hom geflits. Eers toe hy geleer het om eerder op die pad as die sneeu te konsentreer, kon hy weer vinnger ry. Aanvanklik het die sneeu hom paniekbevange gemaak. Hy het nodig gehad om sy fokus weer te herwin op die pad. So moet ons ook gedurig ons geloofsfokus op Jesus Christus herwin. Dit is soos ‘n akrobaat wat oor ‘n staaldraad loop. Hy konsentreer op die einde van die kabel. Hy kyk nie agtertoe of ondertoe nie. Nee, hy hou die oog op die eindpunt, daar waar die rooi lint vas is. Sy fokuspunt gee vir hom balans.

Wat is geloof ? Vers 1 begin ῎Εστι δὲ πίστις” Geloof is dan …

So begin ‘n definisie. Geloof is dan om seker te wees, wat ons hoop, om oortuig te wees, wat ons nie sien …… “. Geloof is die viering van die objektiewe werklikheid. Nie jou subjektiewe geloof nie, maar die objek van jou geloof staan vas. Jy kan maar twyfel aan jou geloof se sterkte, moet net nie aan Christus twyfel nie. Dit gaan met ander woorde nie oor die subjek van jou geloof (ekself) nie, ook nie oor die werkwoord “geloof” nie, maar oor die objek, dié EEN in wie jy jou geloof stel.

  Modernisme meet en evalueer alles in terme van wat gesien kan word. Maar ons moet onthou die sienlike is slegs ‘n enkele dimensie. Agter die sienlike is daar ook die onsienlike as nog ‘n ander dimensie. Baie dinge kan ons nie met die blote oog sien nie, maar dit is beslis daar. Niemand sal ontken dat daar radiogolwe, televisiegolwe en selfoonseine is nie. Tog kan ‘n mens dit nie met die blote oog sien nie.

‘n Foto kan maklik bedrieg in 1 dimensie. Somtyds moet ‘n mens dieper en langer kyk. Bestudeer byvoorbeeld die meegaande foto. As ‘n mens kyk sien jy die man se linkersykant. As jy ‘n bietjie langer kyk, dan kry jy ‘n vooraansig van die man. Dit hang af hoe diep jy kyk. Agter die sienlike is die onsienlike

Is jou huis nog daar waar jy dit vanoggend gelos het ? –Jy kan dit mos nie nou sien nie – maar jy vertrou jou vorige ervarings.

Sienlike dinge is een dimensionele geloof. Ons sig is beperk. Ons kan nie eers baie ver voor ons uitsien nie. Onsienlike dinge is driedimensionele geloof. In die 3D films het jy ‘n spesiale bril nodig om die film te sien. So is geloof ‘n “bril” wat jou instaat stel om die onsienlike te sien.

Die Hebreër skrywer sit as’t ware vir ons 3 D – geloofsbrille op. Vanuit die getuienis van Abel, Henog, Noag en Abraham sien ons die onsienlike God besig om te werk in die geskiedenis. Die geloofshelde stel as’t ware ons geloofsoë in soos wat ‘n mens ‘n verkyker instel.

 Ons is kinders van Abraham. Hy is die vader van geloof. Ons moet self ook soos ons geloofsvader Abraham geloofsmense word. Abraham het uit Ur van die Chaldeërs getrek en nie geweet waar hy sal uitkom nie. Hy was sy lewe lank ‘n tentbewonder op reis na die onsienlike. Hy het ook gesterf sonder om die sienlike te bereik in sy aardse lewe. Hy kon enige dag kies om terug te keer na die sienlike land van Ur van die Chaldeërs, maar hy het verkies om op reis te wees na die onsienlike belofte. Hy het nie geweet waar hy sou uitkom nie, maar hy het uitgesien na die stad van vaste fondamente. Daarom beskryf hy homself as ‘n vreemdeling en bywoner, op pad na ‘n beter vaderland.

As ek moet kies tussen die sienlike en onsienlike, kies ek verreweg die onsienlike !

Wie die sienlike verkies, moet kies om te vrek soos ‘n dier. Wie die onsienlike verkies, kies om te leef en te sterwe soos ‘n gelowige. Beslis kies ek laasgenoemde. Maar dit vra volharding. 

Karl Bath sê HOOP is om môre se musiek reeds vandag te hoor. GELOOF is om op die maat van daardie musiek te dans.

Wanneer Martin Luther oor geloof skryf, sê hy daar is twee soorte geloof:

Geloof omtrent  God  ………….. sekere kennis van God

Geloof in God ……………………… dat ek my volle vertroue in Hom plaas

Om te glo is, om seker te wees van die dinge wat ons hoop, om oortuig te wees van die dinge wat ons nie sien nie. Swart koei eet groen gras, en gee wit melk, waarvan ons geel botter maak. Ek verstaan nie die chemiese werking, maar ek geniet die botter op my brood. Ek sien oor die TV die rugbywedstryd, maar kan nie sien hoe die sein of satelliet werk nie – maar ek gooi nie die TV by die venster uit nie. Neil Armstrong het op die maan geland. Ek weet nie hoe dit werk nie, maar dit vul my met verwondering. Ek was ‘n klein seuntjie toe die eerste mens op die maan geland het. Toe ek dit gehoor het oor die radio, het ek buitentoe gegaan en probeer om die man op die maan te sien. Nodeloos. Ek het hom nie gesien nie. Tog neem dit niks weg van die wetenskaplike feit dat daar ‘n man op die maan geland het.

Die wetenskap fakulteite aan Universiteite is altyd besig om die onsienlike, sienbaar te maak. Wat onbekend is, bekend te maak. Dit is ‘n nimmereindigende soektog, wat fasinerend is, want ons ken en sien nog so min.

Gelowig wees, beteken om die onsienbare te leef, met ‘n lewende hoop !

Geloof het ‘n besliste fondament , skryf Martin Luther: Ek het by venster uitgekyk en die sterrekoepel gesien, tog het ek nie ‘n sigbare pilaar gesien wat die uitspansel ondersteun nie. Vervolgens het ek ‘n groot wolk gesien wat met ‘n groot gewig in die lug gehang het, tog het ek geen fondament gesien waarop dit rus nie, dit het vlugtig gegroet en verby gevaar. So kry jy altyd mense wat na pilare en fondamente soek om  hul vrees en bewing te stil, asof hulle hemel in duie gaan stort. Hulle besef nie daar is ‘n ondersteunende fondament – hulle geloof !

Ons kan nie eers na die son kyk met ons blote kaal oë nie. Hoe kan ons dan nog na die Skepper van die vuurrooi son kyk? Daarom het niemand God nog gesien nie. Selfs aan sy dienaar Moses het Hy verskyn in die woestyn in ‘n brandende braambos, wat nie uitgebrand het nie. Moses kon maar net sy skoene uittrek vir Jahweh. God het ook nie Moses se vraag, beantwoord : Wie is u ? Al wat God gesê het HY IS WAT HY IS. God laat hom nie verstaanbaar, kenbaar of sienbaar maak deur die definisies en proefbuise en mikroskopiese lense van mense nie. Die Skepper kan tog nie objek word van sy subjeks nie. Paulus is met blindheid geslaan toe die Here aan Hom verskyn het op die pad van Damaskus. Daar in sy blindheid het hy eers vir God gesien. Slegs in die menswording van Jesus Christus het ons ‘n blik gekry op op die Seun van God. In Sy Godheid het ons Jesus ook nog nie gesien nie. Die Vader werk agter die skerms, die Seun verskyn gedeeltelik in sy mensheid en die Gees werk soos die wind. Jy hoor die wind en sien wat die wind doen, maar jy kan self nie die wind sien nie. Daarom is die vleesgeworde Seun van God in sy mensheid vir ons herkenbaar in ons eie taal en kultuur, maar in sy Godheid vir ons versluier, sodat ons nooit ‘n te vaste greep op God kan kry nie.

Seker een van die mooiste beelde om geloof te verduidelik is die van die blinde seun – wat dit geniet om met sy sienende maats vlieër te speel. ‘n Verbyganger wou met hom gekskeer: Waar is jou vlieër? Jy weet nie of dit in die lug is en of dit op die grond is nie.” Hy antwoord: “O ja, dit is ‘n hele ent die lug in op.”

Hoe weet jy dit, jy kan dan nie sien nie ?” Die blinde seun antwoord: “ Nee, dit is waar ek kan dit nie sien nie, maar ek kan dit voel aan die trek van die lyne ……”

So kan ons die onsienlike God ook nie sien met ons kaal oë nie. Tog ervaar en beleef ons God in ons persoonlike lewens en in die getuienisse van ander mense. Ons voel hoe Hy aan ons lewenslyne trek. Dit is ‘n baie persoonlike en intieme ervaring. Ons hoor ook van hoe ander mense getuig van hoe God aan hulle lewenslyne trek. Die boek Hebreërs gee vir ons ‘n lang lys van mense, geloofshelde se getuienisse van hoe hul God beleef.

Geloof is nie iets doods, wat in ‘n museum tuishoort nie. Nee, dit is ‘n lewende persoonlike verhouding met die lewende God. Dit is om God te sien in die onsienlike en sienlike dinge. Dit is om God te beleef in persoonlike ervarings en in gedeelde ervarings van geloofshelde in die kanon van die Bybel, asook in die moderne tyd. Geloof is om dieper te kyk, met ‘n beter perspektief. Ja, om God te sien in die onsienlike.

Iemand wou eenmaal graag die Big Wheel in London besoek. Hy was op die plek, maar het dit nie gesien nie, want hy was haastig en die paaie was baie besig. Later toe hy sy fotos ontwikkel, toe sien hy die Big Wheel duidelik in die agtergrond van een van sy fotos. So werk dit met geloof ook. Ons sien dikwels eers agterna God baie duidelik in ons lewe.

Moenie dink dat jy altyd reg sien nie ! Geloof is om te leer om “te sien.” AMEN

(Ds. Paul Odendaal is leraar van die NG Kerk Adelaide.)

OM TOT SeëN TE WEES …

OM TOT SeëN TE WEES …

Onlangs stuur iemand vir my ‘n e-pos met ‘n  mooi  verhaal, vanuit die mielielande van die VSA. Dit gaan so. ‘n Sekere mielieboer in die VSA het elke jaar die blou korset gewen op die streekbyeenkoms vir die beste mielieboer vir die streek. Elke jaar was sy gehalte, opbrengs per hektaar en winsgrens die hoogste van almal in die streek. Sy groot geheim was die mieliesaad wat hy aangeplant het. Hy het elke jaar die beste saad aangekoop wat hy kon kry. Daarvoor het hy die wêreld plat gereis om die hoogste kwaliteit saad wat hy kon kry – te kan bekom. Dit was ook bekend dat hy baie vrygewig die saad uitgedeel het aan sy bure. Op ‘n dag vra ‘n joernalis van ‘n plaaslike koerant vir hom, hoekom hy sy goeie saad, wat hy met soveel sorg bekom het, ook uitdeel aan sy bure. Sê nou maar sy bure wen volgende jaar die kompetisie  met dié saad wat hy so vrygewig uitgedeel het. Sy antwoord was kort. Mielies word windbestuif. As my bure swak saad het en die wind waai van hul lande na myne sal ek ‘n swak oes kry. As my bure goeie saad het, sal die wind verseker dat ek ‘n goeie oes verkry. Dit is in my belang, dat ek ook my bure moet seën, sodat ek ook geseën kan word.

mossies

Hoe nodig het ons nie so ‘n verhaal in vandag se wêreld nie. Die groot gevaar van kapitalisme, is dat elkeen net vir homself sorg en net sy eie belange wil bevorder. Ons ontken dat ons ‘n ekonomiese verantwoordelikheid het teenoor mekaar. Wanneer werkloosheid bo ‘n sekere persentasie styg, het die geskiedenis ons geleer dat ‘n land ryp word vir ‘n rewolusie of erge ekonomiese opstande en stakings. Anton Rupert het in sy boek “Pleitroep om hoop” gesê dat elke ekonomiese instelling verantwoordelik is om ‘n deel van sy welvaart terug te ploeg in die gemeenskap waaruit hy sy winste en voorspoed gegenereer het. Ons almal, dié indiwidu en die besigheid het ‘n verantwoordelikheid om sy/ haar gemeenskap te dien.

Dit beteken dat mense vir ander moet voerspoed  gun en nie jaloers moet wees op ander se suksesse nie. Ons moet as’t ware meewerk in mekaar se voorspoed. Dit beteken “selfdood”, die dood van die mens se eie “ego”. Eers in my selfdood, kan ek tot seën wees vir ander. In Jesus Christus se “vrywillige letterlike dood” het hy geword die seën vir die hele wêreld.

Wanneer ek elke dag die vraag lewe: “Waar kan ek tot seën wees vir ander en vir my gemeenskap ?” word my lewe sinvol en gevul met betekenis. Soos die Here Jesus ons self geleer het: “Om te gee, maak ‘n mens gelukkiger as om te ontvang.”

Wanneer ek “ander oplig in die lewe”, word ek self emosioneel op gelig tot ‘n hoër vlak van mensbewussyn. Hoe meer ek “myself” najaag, hoe meer dierlik word ek. Hoe meer ek die seën van ander najaag, hoe meer menslik word ek.  Is ek dier of mens? Die mens het beeld van God geword, met Sy skeppingsopdrag dat die mens tot seën van God se skepping moet wees. Eers as ek “tot seën” word van ander, word ek meer mens.

Transformasie van die samelewing se diepste sukses word gemeet of dit “seën” bring. Hoe meer mense “geseën” word, hoe groter is die tranformasie. Dit het verreikende politieke, ekonomiese, maatskaplike en sosiologiese implikasies vir die samelewing.

Soos saad in die grond val en sterf, en opkom as ‘n nuwe plant met nuwe lewensmoontlikhede om “baie” te word, moet die mens in homself sterf (ontkiem) om tot seën te word vir baie ander. Dit is ons lewensroeping.

 (Ds. Paul Odendaal is leraar van die NG Kerk Adelaide)

Lewensvreugde in die lewe word aangeleer ….

Lewensvreugde in die lewe word aangeleer ….

Die vrouehumoris Erma Bombeck vertel van die dag toe sy in die kerk amper gehuil het. Sy het dié Sondag in die kerk gesit en net voor haar het ‘n vriendelike kind gesit, wat vir almal rondom hom geglimlag het . Hy was nie stout nie – hy het nie geskop met sy voetjies, of gesangeboeke opgeskeur of geluide gemaak, of gesigte getrek nie – al wat hy gedoen het was om vir almal te glimlag, Na ‘n ruk het sy ma hom omgepluk en gefluister, so dat almal rondom hul dit kon hoor: “ Hou op met glimlag. Jy is in die kerk.” Sy het hom ‘n hou gegee en die trane het van sy wange afgeloop. Sy sê toe: “Dis beter.” Toe gaan die moeder voort met haar gebede. Bombeck vertel hoe sy graag die betraande kind teen haar wou vasdruk en vertel van die vriendelike glimlaggende God en van die vreugde wat Hy gebring het. Sy wou hom vertel dat vriendelikheid ‘n gawe van die Gees is. Sy vra toe die vraag: “As die kind nie eers in die kerk kan glimlag nie, waar ander sal die kind kan glimlag in hierdie harde en wrede wêreld.” (1) Johan Cilliers: Het God ‘n handvatsel ? (2003)

a28ca73dbb297553f64c4f720632298aDie Here Jesus Christus het gekom om vreugde te bring. Sy eerste wonderteken was toe Hy water in wyn verander het op die bruilof te Kana. In die antieke tyd het die lengte van ‘n huwelik gewissel. Dit het oor dae plaasgevind. As die wyn opraak, het dit beteken die bruilof is nou verby en almal moes huis toe gaan. Met die bruilofsfees in Kana, was die opraak van die wyn ‘n groot verleentheid – die vreugde moet nou kort geknip word. Dan verander die Here Jesus die verleentheid in ‘n geleentheid, hy bring nuwe vreugde in die bruilofsfees. Hy laat die bruilofsfees voortgaan. Inteendeel die vreugde is groter, want die wyn is beter ! Juis daarom wil Jesus die “alledaagse” soos water verander in iets beter. Natuurlik is die wonderverhaal ook ‘n vooruit verkondiging van Jesus Christus se tweede koms (die groot bruilofsfees waarvan Openbaring praat).

Die punt is egter, dat Christus Jesus gekom het om vreugde en blydskap en dankbaarheid in oorvloed te bring. En God wil hê om moet deel daarin hê. Daarom is godsdiens en die lewe nie ‘n klomp strak gesigte soos in die verlede tyd toe mense nie geglimlag het op fotos nie. Vyftig jaar gelede was dit ‘n “sonde” om te glimlag op ‘n foto of selfs in die kerk. Deesdae hou ons van natuurlike fotos met lewensaksie. “Freezing moments” wat vertel van menslike emosie. Emosies het deel geword van briljante fotografie.

Daarom is blydskap, dankbaarheid en vreugde iets wat aangeleer word. Dit kom nie vanself nie. Dit is ‘n gawe van die Gees. Sommige mense het die dapperheid om selfs in die moeilikste omstandighede hul dankbaarheid vir die lewe en hul innerlike lewensvreugde te lééf. Victor Frankl vertel in sy boek “Search for Meaning” hoe hy in die Duitse konsentrasiekamp van Auscwitz vreugde gevind het in ‘n enkele veldblom wat uit die digte sneeu uitgebeur het na die sonlig. Of van sy vreugde tydens koue winteraaande as dit sy beurt was om die donkie deur die nag te stook vir warm water vir die Duitse soldate die volgende oggend. Hoe hy mielies gesteel het en dit oor die kole gaargemaak het en op ‘n bondeltjie voor die vuur gelê het en die saligheid van die enkele ure van die nag geniet het, voor die wreedheid van die volgende dag weer aanbreek.

Hoe skaarser iets word, hoe meer waardeer jy dit ! Dalk het ons te veel, om werklik die klein goedjies van die lewe te waardeer.

Selfbejammering is van die duiwel. Dit is ons menslike natuur om ons te vergelyk met wat ander het en ons nie het nie. Ons koop dikwels goed om ander mense te beïndruk, eerder as om iets te koop wat ons werklik nodig het. Ons kan onsself maklik jammer kry en dan leef uit ‘n “slagoffermentaliteit”, van die wêreld en ander en selfs God skuld ons iets. So word ons die patetiese klakouse wat gedurig aan ons eie behoeftes dink. In die post – apartheid era kan die verskillende bevolkingsgroepe van ons land, bruin, wit en swart maklik leef uit die “slagoffermentaliteit”, van êrens is ek benadeel. Of apartheid, of regstellende aksie kan die fort word, waarin ons uit selfbejammering ons wonde lek. Wie uit selfbejammering leef, sal nooit ‘n leier kan word, wat die “maatskappy” kan verander nie.  Eers wanneer jy jouself uit die ellende kan lig en kan opstaan – kan jy ander inspireer tot verandering en ‘n nuwe  vreugde en dankbaarheid vir die lewe.

Vreugde en dankbaarheid is ‘n KEUSE. Dit is nie ‘n toestand in positiewe tye nie. Dit is ‘n KEUSE, selfs in die moeilikste lewensomstandighede.

  (Ds. Paul Odendaal is leraar van die NG Kerk Adelaide)

MONUMENT VIR ‘N GOGGA

MONUMENT VIR ‘N GOGGA

Mense bou nie sommer monumente vir hul vyand of van ‘n pes nie. Tog is die storie waar. Daar is in 1919 ‘n monument opgerig vir ‘n gogga in die dorp Enterprise, Coffee Country, Alabama. Die storie begin so.

Monument vir goggaDie “Boll weevil” (Anthonomus grandis) is oorspronklik van Mexiko, maar het in die 1890’s sy eerste verskyning in Amerika gemaak. Teen 1910 het dit begin om die katoenlande van Alabama te besmet en die oeste is afgevreet deur die gogga en die katoen. Die pes het in enkele jare so ‘n afmeting aangeneem dat dit onmoontlik was om langer met katoen te boer. Daar was ook ‘n wêreldwye ressessie en die Eerste Wêreldoorlog het nadergekruip. Die katoenboere van Alabama was op hul knieë. Waarheen nou? Iemand het toe begin om grondboontjies te plant. Dit het gewerk. Meer boere het geplant en dit het gewerk. In enkele jare het grondboontjies die katoenlande ingeneem. Die mooi van die storie is dat die grondboontjies ‘n baie groter winsgrens ingebring het as die katoen. In so ‘n mate dat mense begin ryk word het uit  grondboontjies en grondboontjie – baronne geword het. Oud Pres Jimmy Carter, is ‘n voorbeeld van ‘n grondboontjie boer. Die hele Alabama se aangesig het verander. Van ‘n arm staat het Alabama verander in  ‘n welgestelde staat in die VSA.

En dit het alles begin met ‘n gogga ! Die mense van Alabama was so dankbaar vir die klein pes van ‘n gogga, dat hulle vir hom ‘n monument opgerig het in die dorp Enterprise in Alabahama in 1919. Die gogga word deur ‘n vrou in die lug gehou as teken van die welvaart wat die klein pes gebring het. Dit het inderdaad ekonomiese vryheid gebring het vir tienduisende mense. Die onderskrif op die monument is as volg:

“In profound appreciation of the Boll Weevil and what it has done as the herald of prosperity this monument was erected by the citizens of Enterprise, Coffee County, Alabama.”[2]

In ons elkeen se lewe is daar ook “goggas”, klein peste wat ons lewensvreugde steel en ons lewensin bedreig. Teenspoed tref ons elkeen op ‘n manier en dit lyk of ons hele lewe in duie stort. Soms word ons getroef met lewensbedreigende situasies. Die Heidelbergse Kategismus, wat bekend is in die Gereformeerde kerklike tradisie bely egter so pragtig in Sondag 2, dat God alles, maar alles – die goeie en die slegte – laat meewerk tot ons beswil. Ja, dat God die kwade verander in die goeie. Die slegste wat my kan oorkom, kan God gebruik tot my uiterste beswil.

Onmiddelik dink ‘n mens aan Josef in die Bybel. Wat het die arme man nie alles oorgekom nie. Sy broers wou hom doodmaak, het hom as ‘n slaaf verkoop, vals beskuldig deur die verleidelike vrou van Potifar, onskuldig in die tronk. Toe vergeet sy vriend die skinker hom in die tronk en uiteindelik eindig hy aan die regterhand van die Farao, om die destydse bekende wêreld van ‘n 7 jarige droogte te red. Sy pa en sy broers  kom soek hulp by hom en hy red die nageslag van Abraham, waaruit die Christus gebore sou word om as die Seun van God, die wêreld van hul sonde te red.

Hoe mooi stel Josef dit nie in Gen 49: 20: “ Julle wou my kwaad aandoen, maar God wou daarmee goed doen: Hy het gesorg dat ‘n groot volk nou in die lewe gebly het.”

Miskien moet ons meer dankbaar wees vir die goggas en die peste en die teenspoed wat ons tref. Dikwels word dit ons voorspoed ! Dit leer ons om uit ons gemaksones te dink en nuwe moontlikhede van groei te ontdek. In moeilike tye word ons gedwing om te besin oor ons lewe en dit dwing ons om nuwe deure vir die toekoms oop te sluit.

(Ds. Paul Odendaal is leraar van die NG Kerk Adelaide)

SKEPPINGSLIG EN HERSKEPPINGSLIG

SKEPPINGSLIG EN HERSKEPPINGSLIG

582539_435563656516671_1255665211_nGen 1 begin met God se eerste opdrag, eerste woorde: “Laat daar lig wees.” En daar was lig en God het die lig en die donkerte van mekaar geskei en dit dag en nag genoem. En dit was goed. Maar sommer gou na die eerste mensepaar se skepping het ‘n ander tipe donkerte, duisternis hul oorval. Dit was die snikdonkerte van hul sondenood. Die donkerte was so oorweldigend dat hulle mekaar nie meer as mense en as naastes kon raaksien nie. In so ‘n mate was hul harte verduister dat die een broer Kain vir sy ander broer Abel doodgemaak het. Die mensdom het so verduister, dat selfs God vir hul verduister het – want Adam en Eva het mos vir God begin wegkruip omdat hul nie meer geloofsgemeenskap met Hom wou gehad het nie. Die donkerte was verskriklik. Selfs nie eers die Wet van God kon hul gehelp het om God en hul naaste weer in ‘n ander lig te sien nie.

Die donkerte en duisternis het net al groter geword. In die 400 jaar tussen Maleagi (die laaste profeet van die Ou Testament) en die geboorte van Christus Jesus was daar geen openbaring of profetewoord wat gespreek het nie. Daar was ‘n stilstuipe tussen die mens en God.

Maar God is sag en Hy het besluit om die stilte te deurbreek om ‘n nuwe Testament, ‘n nuwe era en ‘n nuwe ekonomie te laat aanbreek. So begin die Johannes – Evangelie in die Nuwe Testament met die aankondiging dat die ware Lig aan die kom was. Joh 1: 5 kondig aan: “Die lig skyn in die duisternis, die duisternis kon dit nie uitdoof nie.”

Natuurlik is Jesus Christus die Lig van die wêreld. Selfs die donkerte van Goeie Vrydag kon nie dié lig uitdoof nie. Dit het so gelyk met Jesus se dood, maar met die eerste oggendlig en eerste hanekraai van Paassondag kom die Lewe uit die Dood te voorskyn. Die Lig breek deur die donkerte  van die bose en sonde.

Net soos wat daar nie genoeg donkerte is om een kersflam te verdoof nie, net so is daar nie genoeg sondeduisternis in iemand se lewe, wat die verlossende krag en lig van Christus se verlossing kan uitdoof nie. Jou sonde en jou lewensnood, kan nooit groter wees as God se verlossing nie. Jou lewensdonkerte kan nie die Lig uitdoof nie.

Daarom moet ons in hierdie tyd leer om soos motte die Lig van die wêreld op te soek. Ons moet nie die “paapse lig” van die wêreld se kersliggies najaag nie, maar die Betlehemster, die Môrester opsoek.

Hoor wat sê Jesaja 60: 19 – 20: Bedags sal dit nie die son wees wat vir jou lig gee nie, snags sal dit nie die maan wees wat oor jou skyn nie: die Here sal vir jou ‘n ewige lig wees, en jy sal roem in jou God.  Jou son en jou maan is die Here, Hy gaan nie onder nie en word nie dof nie. Die Here sal vir jou ‘n ewige lig wees, jou dae van smart is verby.

In die dag kan ons soos vlinders onder die son baljaar en in die nagdonkerte van ons siel kan ons soos motte die Lig van dié wêreld najaag.

Oor jou sal dit nooit weer stikdonker word nie !

(Ds. Paul Odendaal is leraar van die NG Kerk Adelaide)

 

WANNEER ONS IN ‘N HOEK VASGEVERF IS ……..

WANNEER ONS IN ‘N HOEK VASGEVERF IS ……..

Sonder hoop kan geen mens leef nie ! Elke mens het ‘n dringende behoefte om elke dag hoop te hê. Johan Cilliers verwys na “Die Wêreldburger” van 6 September 2002 na ‘n foto wat maklik sou kon kwalifiseer as foto van die eeu. Op die agtergrond sien jy die verwoesting van die Russiese tenks aan die Tjetjeense dorpie Goragorski aangerig het. Alles is platgeskiet in die skermutseling tussen die Russiese Weermag en die Tjetjeense separatiste. Maar dan op die voorgrond stap ‘n sewejarige dogtertjie en seuntjie hand aan hand vir hul eerste skooldag. Die gesiggies stralend van opwinding. Die dogterjie hou ‘n bos pink blomme van in haar hand. ‘n Skreiende kontras tussen hoop en wanhoop kan jy jou kwalik voorstel.

182572_380698105373516_197617355_n (1)

Ons het in Suid – Afrika nou dringend behoefte aan hoop. Daagliks hoor ‘n mens van moorde, verkragtings, plaasmoorde, nywerheidsonrus, grondeise, swak onderwystoestande, swak dienslewering en ‘n al grotenwordende afstand tussen ryk en arm. Korrupsie vier hoogty. Ons is in die hoek vas geverf. Dit voel of ons land vinniger sink as die Titanic. Ons is tussen die Duiwel en die diep blou see vasgevang. So was die Israeliete ook in die Ou Testamentise verhale – dikwels sonder hoop. In Eks 14: 1 – 31 lees ons van die hooplose situasie waarin die Israeliete hul bevind het. Hulle was in ‘n hoek vasgeverf tussen die Rooi See en die aankomende militêre mag van Farao. Hulle het net drie keuses gehad. Of hul verdrink, óf hul val in die swaard van die Egiptenare of hul gaan terug as slawe na Egipte. Die Israeliete kon nie bote bou nie, want hul het in die Egiptiese woestyn geen kennis opgedoen van die bou van die bote nie. Hulle kon hul ook nie verset teen die Egiptiese weermag nie, want hulle was slawe en is nie toegelaat om wapens te maak nie. Die Egiptiese strydwaens was in daardie tyd ook ‘n kragtige nuwe oorlogstuig, wat net soveel verskrikking veroorsaak het as vandag se moderne oorlogstanks. Dié situasie het baie sleg gelyk In vers 13 gee die Here egter vir die Israeliete ‘n versekering: ”Moenie beangs wees nie, staan vas, kyk hoe die Here jul vandag gaan red … “ Dan lees ons hoe die Here die wolkkolom gebied het om donkerte te gooi oor die Egiptenare en die vuurkokom gebruik het om lig te gooi vir die Israeliete. So het Hy voorkom dat die Egiptenare in die nag die Israeliete aangeval het. Want sien die Here het tyd nodig gehad om die Oostewind te gebied om heelnag te waai, sodat daar ‘n pad vir die Israeliete gemaak kan word deur die Rooi See. Dit is ‘n algemene natuurverskynsel, dat wanneer wind oor ‘n vlak meer of oseaan waai, dit mettertyd ‘n droë pad oopwaai. So het die volk deur die Rooi See getrek droogvoets.

Die Egiptenare het hul gevolg met rampspoedige gevolge. Bolangs was die grond droog gewees. maar vlak onder die droë grond was dit nat. Te nat vir ‘n strydwa. Die 600 strydwaens van die Egiptenare het die een na die andrer vasgeval in die modder. Soos hulle vasgeval het, het hulle wiele afgeruk en hulle het omgeslaan. Die een strydwa het teen die ander gebots. Totale verwarring. Die seë het begin terugstroom. In hulle paniek het die Egiptenare vir die eerste keer die Here van die Israeliete begin aanroep. Van aanbidders van Farao – het hulle skielik die krag van die Here erken. Die Egiptenare se lyke het orals uitgespeol gelê langs die see. Die Egiptenare sink terug in die oerchaos – die dood.

Die Egiptenare het hul eie ondergang veroorsaak. Farao het teen sy eie woord in, opdrag gegee dat die Israeliete gestuit moet word en terug gebring moet word na Egipte. Hulle het agtergekom hulle kan nie sonder die Israelietiese slawe regkom nie. Die onbetroubaarheid van Farao het sy ondergang bewerkstellig.

Wanneer ons land en sy mense dikwels voel, ons is ook in ‘n hoek vasgeverf hier aan die suidpunt van Afrika en dit voel ons is vasgekeer tussen die diep blou see en die duiwel, wil God ons kom verseker sy Currriculum Vitae vertel van sy magtige dade in die geskienis. Hy het Homself oor en oor bewys, dat hy paaie kan maak – waar geen paaie menslik moontlik is nie. Daarom kan ons nooit sonder hoop wees nie. Elke gelowige kan maar net terugdink aan sy / haar lewe en sal telkens herinner word aan die tye toe God die Rooi See van jou lewe vir jou oopgemaak het. Onthou wat God in die verlede gedoen het, Hy sal dit weer doen en kry hoop vir die toekoms !

 (Ds. Paul Odendaal is leraar van NG kerk Adelaide)

OM TOT SeëN TE WEES …

OM TOT SeëN TE WEES …

Onlangs stuur iemand vir my ‘n e-pos met ‘n  mooi  verhaal, vanuit die mielielande van die VSA. Dit gaan so. ‘n Sekere mielieboer in die VSA het elke jaar die blou korset gewen op die streekbyeenkoms vir die beste mielieboer vir die streek. Elke jaar was sy gehalte, opbrengs per hektaar en winsgrens die hoogste van almal in die streek. Sy groot geheim was die mieliesaad wat hy aangeplant het. Hy het elke jaar die beste saad aangekoop wat hy kon kry. Daarvoor het hy die wêreld plat gereis om die hoogste kwaliteit saad wat hy kon kry – te kan bekom. Dit was ook bekend dat hy baie vrygewig die saad uitgedeel het aan sy bure. Op ‘n dag vra ‘n joernalis van ‘n plaaslike koerant vir hom, hoekom hy sy goeie saad, wat hy met soveel sorg bekom het, ook uitdeel aan sy bure. Sê nou maar sy bure wen volgende jaar die kompetisie  met dié saad wat hy so vrygewig uitgedeel het. Sy antwoord was kort. Mielies word windbestuif. As my bure swak saad het en die wind waai van hul lande na myne sal ek ‘n swak oes kry. As my bure goeie saad het, sal die wind verseker dat ek ‘n goeie oes verkry. Dit is in my belang, dat ek ook my bure moet seën, sodat ek ook geseën kan word.

564420_429245163798572_1369309555_nHoe nodig het ons nie so ‘n verhaal in vandag se wêreld nie. Die groot gevaar van kapitalisme, is dat elkeen net vir homself sorg en net sy eie belange wil bevorder. Ons ontken dat ons ‘n ekonomiese verantwoordelikheid het teenoor mekaar. Wanneer werkloosheid bo ‘n sekere persentasie styg, het die geskiedenis ons geleer dat ‘n land ryp word vir ‘n rewolusie of erge ekonomiese opstande en stakings. Anton Rupert het in sy boek “Pleitroep om hoop” gesê dat elke ekonomiese instelling verantwoordelik is om ‘n deel van sy welvaart terug te ploeg in die gemeenskap waaruit hy sy winste en voorspoed gegenereer het. Ons almal, dié indiwidu en die besigheid het ‘n verantwoordelikheid om sy/ haar gemeenskap te dien.

Dit beteken dat mense vir ander moet voerspoed  gun en nie jaloers moet wees op ander se suksesse nie. Ons moet as’t ware meewerk in mekaar se voorspoed. Dit beteken “selfdood”, die dood van die mens se eie “ego”. Eers in my selfdood, kan ek tot seën wees vir ander. In Jesus Christus se “vrywillige letterlike dood” het hy geword die seën vir die hele wêreld.

Wanneer ek elke dag die vraag lewe: “Waar kan ek tot seën wees vir ander en vir my gemeenskap ?” word my lewe sinvol en gevul met betekenis. Soos die Here Jesus ons self geleer het: “Om te gee, maak ‘n mens gelukkiger as om te ontvang.”

Wanneer ek “ander oplig in die lewe”, word ek self emosioneel op gelig tot ‘n hoër vlak van mensbewussyn. Hoe meer ek “myself” najaag, hoe meer dierlik word ek. Hoe meer ek die seën van ander najaag, hoe meer menslik word ek.  Is ek dier of mens? Die mens het beeld van God geword, met Sy skeppingsopdrag dat die mens tot seën van God se skepping moet wees. Eers as ek “tot seën” word van ander, word ek meer mens.

Transformasie van die samelewing se diepste sukses word gemeet of dit “seën” bring. Hoe meer mense “geseën” word, hoe groter is die tranformasie. Dit het verreikende politieke, ekonomiese, maatskaplike en sosiologiese implikasies vir die samelewing.

Soos saad in die grond val en sterf, en opkom as ‘n nuwe plant met nuwe lewensmoontlikhede om “baie” te word, moet die mens in homself sterf (ontkiem) om tot seën te word vir baie ander. Dit is ons lewensroeping.

 (Ds. Paul Odendaal is leraar van die NG Kerk Adelaide)

GEWOONTES MAAK DIE MAN …

GEWOONTES MAAK DIE MAN …

Daar is niks so kragtig soos gewoontes nie. Gewoontes is niks ander as persoonlike dissipline nie.

Die Handwoordeboek van die Afrikaanse taal het verskillende verduidelikings: * Gevestigde neiging tot ‘n handeling, aangekweek deur herhaling van die handeling. * Gedragslyn wat deur herhaling ‘n vaste gebruik geword het. Daar is die Afrikaanse uitdrukking : “ Die gewente maak die gewoonte (gewente word gewoonte, gewoonte word gewente.)

Bring-Greater-Clarity-into-Your-Life-e1427952945807As ‘n mens iets aanhou doen word dit ‘n onwillekeurige handeling. Daarom is ‘n mens se gedrag geskoei op jou gewoontes. Daarom kan ‘n mens feitlik enigiets afleer en ook bykans enigiets aanleer. Daar is bevind as iemand vir ses weke aanhou om ‘n sekere gedrag te openbaar, dan word dit ‘n gewoonte. Eers is dit ‘n inspanning, later kom dit sonder moeite en sonder enige inspanning. Wanneer jy jou wekker stel om 5h00 en dadelik opstaan en dan gaan draf – sal dit maar in die begin moeilik gaan. Na ses weke word dit al hoe makliker en later is jy verslaaf aan die gebruik – dit het ‘n gewoonte geword.

Daarom gaan die vestiging van goeie gewoontes altyd gepaard met ‘n KEUSE. Natuurlik saam met die KEUSE, moet daar ook VOLHARDING en DEURSETTINGSVERMOë openbaar word.

Die volgende wysgere het hul as volg oor GEWOONTES uitgelaat:

“ Kies vandag die gewoonte wat later oor jou gaan regeer.” (Elbert Hubbard 1856 – 1915)

“’n Gevestigde gewoonte is ‘n hemp gemaak van yster.” (Samuel Johnson 1709 – 1786)

“Die jammerte is dat goeie gewoontes soveel makliker is om te breek as die slegtes.” (W Somerset Maugham (1874 – 1965)

Om lui te wees, om slordig te wees, om papiere rond te strooi, om kwaad te praat, om slegte dinge te doen is alles gewoontes. Maar deur die krag van die Heilige Gees en deur ‘n hartgrondige bekering kan ek omdraai en deur KEUSES verander word en deur die volharding wat die Heilige Gees skenk, kan ek nuwe gewoontes aanleer. In die proses word ek ‘n nuwe mens met nuwe gewoontes van selfbeheersing.

Daar is niks soos die krag van selfbeheersing nie. Dit is soos ‘n damwal. Die water word beheer. Dit word ‘n beheerste aksie. Dit hou ‘n dam vol water. Water gee lewe en krag. Kragstasies kan gebou word by damwalle. Daarom is selfbeheersing in wat ek sê, dink en doen seker die kragtigste gewoonte wat ek kan aanleer.

“Wees versigtig wat jy dink, dit word jou woorde. Wees versigtig wat jy sê, dit word jou aksies. Wees versigtig wat jy doen, dit word jou gewoonte. Wees versigtig met jou gewoontes, dit bou jou karakter.” (Frank Outlaw)

Mag die Here ons leer van “selfbeheersing”. Mag dit ‘n gewoonte word in ons lewe. Dan is ons manne en vroue van karakter. Dan is ons geseënd met die krag van selfbeheersing. Dan is ons ‘n krag in onsself.

(Ds. Paul Odendaal is leraar van die NG Kerk Adelaide)