Die Koninkryk van God gaan nie oor die “WOW” nie. (Mat 13: 31 – 33, 44 – 52)

DIE KONINKRYK VAN GOD GAAN NIE OOR DIE “WOW” NIE.

Ons leef in ‘n “WOW” samelewing. Alles moet groter, beter en meer aanskoulik wees, sodat mense die “WOW” – ervaring kan hê. Daarom is daar so baie kompetisie in die samelewing.

AAEAAQAAAAAAAAevAAAAJDA3NDI3NDg5LTZmMzctNDJjMC1hMDkyLWIxNzY1ZGU2NzBhYwDie versoeking is groot om net die “WOW” ervarings in godsdiens na te jaag. Groot indrukwekkende eredienste met charismatiese predikers in groot massa byeenkomste word die norm van sukses. Baie gelowiges val voor die versoeking dat God net teenwoordig is by die groot “Mighty Men” byeenkomste van Angus Buchan. Hulle sal honderde kilometers ry om dit by te woon, maar sal nie ‘n paar kilometers ry na die plaaslike erediens nie. Net wat “groot” is sal hulle najaag. Dit bring ‘n mens ook by die sogenaamde welvaartsteologie, waar mense aanbid om ryklik en groot deur God geseën te word. Hulle glo as jy sukkel in die lewe is dit omdat jou geloof nie groot genoeg is nie. As jy egter suksesvol is, is dit omdat jy reg glo. Al bogenoemde is so ver van die waarheid, soos wat die ooste van die weste af is.

In Mat 13 kry ‘n mens die sogenaamde Koninkryksgelykenisse, waar Jesus Christus deur gelykenisse verduidelik hoe Sy koninkryk is. In ons gelese gelykenisse is daar drie pare gelykenisse wat as volg ingedeel is.

  1. Die gelykenis van die mosterdsaad en suurdeeg verduidelik dat God se Koninkryk ‘n onbenullige begin het.

  2. Die gelykenis van die verborge skat en pêrel verduidelik dat God se Koninkryk groot waarde het.

  3. Die gelykenis van die visnet en onkruid, verduidelik die huidige openheid van God se Koninkryk, sowel as die eindoordeel.

images

Kom ons kom by eerste paar gelykenisse:

1.) Die gelykenis van die mosterdsaad en suurdeeg verduidelik dat God se Koninkryk ‘n onbenullige begin het.

fémostardaSoos die mosterdsaad ‘n baie klein saadjie is en later ‘n groot struik word, so begin God se Koninkryk nederig en beskeie. Jesus is in ‘n krip gebore, het op ‘n donkie gery en het soos ‘n misdadiger aan ‘n kruis gesterf. Daar was niks groots en opspraakwekkend in Sy lewe nie. Maar deur Sy nederige lewe en sterwe het Hy die hele wêreld gered en beïnvloed sodat Sy Koninkryk groot geword het en mense oraloor die wêreld Sy naam prys en eer. Die eens magtige Romeinse Ryk wat in Jesus se tyd bestaan het, word nog net beskrywe in die geskiedenis en kan gesien word in die ruïnes. Daarteenoor is Jesus se Koninkryk dinamies groeiend. Die voëls van die hemel wat in die mosterdplant nes maak, is simbool van die nasies van die aarde wat hul rus en verlossing in Christus Jesus vind. ‘n Nederige begin, maar ‘n grootste groei.

bake-49596_1280Die gelykenis van die suurdeeg het dieselfde strekking. Gewoonlik is ‘n stuk deeg van die vorige baksel gebruik om die nuwe baksel in te suurdeeg. Die suurdeeg werk onopsigtelik en laat die deeg rys om ‘n brood te maak. Net so werk God deur Sy Gees onopsigtelik in die lewe van mense en verander hulle van binne – af. So moet die gelowiges deur hulle dade en lewe soos die werking van suurdeeg ander mense se lewe beïnvloed en verander. Suurdeeg werk net wanneer dit gemeng word met die deeg. Net so moet ons in die wêreld leef, sodat ons die wêreld kan deursuur met ons Christelike getuienis. Die mosterdsaadjie en die suurdeeg het ‘n nederige begin, maar bring groot verandering. So werk God ook deur die klein en onbelangrike aktiwiteite om ander mense se lewe te verander. Wat kan minder aandag trek as ‘n klein kerkie in ‘n klein dorpie, of ‘n tent met ‘n grondvloer of ‘n Sondagskoolklas, of iemand wat ‘n ander mens nederig help in die geheimenis. God werk, waar een mens met ‘n ander vriendelik is of waar ‘n persoon sy vyand vergewe of iemand ‘n sieke se hand vashou of vir ‘n sterwende ‘n bietjie water aangee. God werk in die geborgenheid, waar iemand in die geheimenis getuig en goed doen aan ‘n ander. Die goed wat in die geheimenis gedoen word het dikwels meer trefkrag as ‘n byeenkoms van duisende mense. God se Koninkryk kom dikwels sonder die geskal van trompette en massiewe byeenkomste. God se Koninkryk groei dikwels onder die radar van mense.

2.) Die gelykenis van die verborge skat en pêrel verduidelik dat God se Koninkryk groot waarde het.

Die Koninkryk van die hemel is ook soos ‘n man wat ‘n skat ontdek, dit toegooi en alles verkoop om die stuk grond te koop. Hy wil die skat nie verkoop nie, maar behou ter wille van die vreugde om dit te besit. In die antieke tyd is kosbaarhede dikwels begrawe, sodat dit nie gesteel kan word nie. So moet die Koninkryk van God ook vreugde bring, wat gebêre moet word in ons hart, sodat niemand dit kan steel nie.

11167674-Shell-with-a-pearl-Stock-Photo-seaDie daaropvolgende gelykenis vertel ook van ‘n pêrel wat iemand raakloop en alles verkoop om die pêrel te koop vir die vreugde om dit te besit. As jy die Koninkryk van God gesoek het of as jy dit toevallig ontdek het, is die waarde so groot dat dit vir jou vreugde bring wat jou hele lewe verander. Soos Paulus in Fil 3: 7 sê: “ ….. wat eers vir my ‘n bate was, beskou ek nou as waardeloos ter wille van Christus.” Vreugde en nie plig moet ‘n mens tot beweging bring in God se Koninkryk. Roep mense op tot lewensvreugde en mense sal reageer op die roepstem van die Koninkryk van God.

3.) Die gelykenis van die visnet en onkruid, verduidelik die huidige openheid van God se Koninkryk, sowel as die eindoordeel.

Die volgende paar gelykenisse is dit van ‘n visnet en onkruid.

fishing_nets‘n Visnet is ongeveer 250 tot 300 meter lank en tot 8 meter hoog. Die net se netopeninge was baie klein en het alle visse gevang. Daar was rein en onrein visse met elke vangslag, wanneer die net ingetrek word. Die vangs is groot, maar alles is nie eetbaar nie. Volgens Levitiese wetgewing in Lev 11: 9 – 12 was sommige visse onrein, veral die wat geen skubbe en vinne gehad het nie. In die meer van Galilea was ten minste 24 spesies wat as onrein beskou is. So sal God in Sy Koninkryk homself meng met slegte en goeie mense. Daarom het Jesus saam met die sondaars en tollenaars en slegte mense geeet en gekuier. Hy het sy net wyd ingegooi, sodat sondaars ook tot bekering kan kom. So het hy vir Saggues ook in Sy vangnet gehad en hom verander in ‘n kind van God. God se Koninkryk is nou oop vir almal, maar eendag met die oordeelsdag sal die engele kom en die slegte en die goeie visse van mekaar skei. Nou is dit nog genadetyd, die net moet wyd gegooi word sodat die wêreld gered kan word. Maar met die oordeelsdag sal Christus ‘n onderskeid maak tussen die ware en valse kerk. Die ware kerk het Christus as hul enigste skat, maar die valse kerk, leef sonder Christus as enigste bate. Daarom het God se Koninkryk ook ‘n sekere dringendheid, naamlik dat die net eendag ingetrek kan word. Net so is dit ook met die gelykenis van die onkruid. Die koring sal in God se skuur bymekaar gemaak word, maar die onkruid sal verbrand word.

Die drie pare Koninkryksgelykenisse word afgesluit met die beeld van die huiseienaar wat uit sy spens nuwe en ou dinge ter voorskyn bring. Hierdie beeld het ten agtergrond die pa van die huis wat die spens en voorraadkamer beheer. Net so moet die dissipels en die kerk uit God se voorraadkamer die ou dinge (Ou Testament) en die nuwe dinge (Christus se nuwe interpretasies) leer.

wow-510God se Koninkryk is nie op “WOW” ervaringe alleen gebou nie. God kan Sy Koninkryk laat kom deur die klein en onbenullige liefdesdiens wat ons doen of deur die eenvoudigste samekoms van God se kinders. Grootheid, aansien en dinamiese vergrype van die Evangelie kan soms die Evangelie meer skade bring, as die eenvoud van die opregte hart van die gelowige wat God dien en God se naam eer. God het nie in grootheid gekom nie, maar in nederigheid. Nederigheid is die kompos waarbinne God se Koninkryk kom. AMEN

(Ds. Paul Odendaal is leraar van die NG Kerk Adelaide.)

God roep ons om getrou en ontvanklik te wees. (Mat 13: 1 – 9, 18 – 23)

GOD ROEP ONS OM GETROU EN ONTVANKLIK TE WEES

In moderne boerderypraktyke, is die effektiwiteit van die saaiproses baie belangrik.

farmer-on-farmland-with-tractor-and-sower-sow-cereal-crops-closeup-4k_hpokn1ax__S0000Hedendaagse saaimasjiene bepaal met rekenaarpresisie die diepte van die grond en die hoeveelheid saad per hektaar. Masjiene trek voortjies, die saadkorrel word op die regte diepte geplant en weer toegetrek in een beweging, sodat daar geen kans is dat die saad verkore kan gaan nie.

Maar God is ‘n anderste saaiboer. Hy saai roekeloos op alle plekke. Hy vermors as’t ware die saad omdat Hy so roeleloos vrygewig saai. Vir God gaan dit nie oor die produktiwiteit nie, maar om getrou te wees in die saaiproses. Die inset is vir God belangriker as die uitset. Vir die mens gaan dit oor die maksimum uitset, maar vir God gaan dit oor die maksimum inset. God is roekeloos vrygewig met die saaiproses.

In die gelykenis is ons tegelyk die saaiers en die grond.

Die gelykenis het dus twee fokus areas, naamlik:

a.) God roep ons om getrou te wees. (saaiers)

b.) God roep ons om ontvanklik te wees. (grond)

Ons gaan na elkeen van die twee fokus areas kyk.

Kom ons begin by die eerste:

a.) God roep ons om getrou te wees.

Die eerste perspektief is dat God die saaier is en van ons mede saaiers maak, wat die Woord moet saai. Hierdie gelykenis wil vir ons bemoedig om nie moedeloos te raak as ons min vrug sien op ons getuienistaak nie. God berei ons as’t ware voor dat daar verskillende menseharte is, wat verskillend op die Woord reageer. Ons moet net aanhou die Woord saai. God roep ons as’t ware op om getrou te wees in die saai van die Woord. Moeder Theresa van Kalkutta het dit raak beskryf: “God roep ons om getrou te wees, nie suksesvol nie.”

parable-of-the-sower-and-seedsOns sien elke dag hoe mense onder die verkondiging van die Woord, hulle rug op God draai. Hulle sak uit in die geloof. Hulle gaan minder kerk toe en later glad nie meer. Die Here Jesus sê ons moet nie daaroor moedeloos wees nie, maar weet dat dit so sal wees. Baie dikwels word die dinamika van alle gemeentes as volg beskryf. Een derde is aktief en is warm vir die Here. Die tweede derde is lou. Jy kan hulle met baie moeite betrokke probeer kry in die gemeente. Die laaste derde is heeltemal koud vir die Here. Hulle inset in die gemeente is zero. Hulle het al heeltemal van God vergeet of hulle rug op God gedraai. Hierdie tendens kom regdeur die statistieke van alle gemeentes na vore. Jy kry die tendens in elke gemeente. Juis daarom het die Here ons in die gelykenis aangemoedig om roekeloos die Woord te saai, ook by hulle wat heeltemal onverskillig lewe.

bd1bf35809400801bc977e7945bdcabaOns hoef nie altyd suksesvol te wees in die saai van die Woord nie, maar ons moet getrou wees en oral saai. Dit is ons taak om te saai, maar dit is God se taak om die saad te laat opkom en dit te oes. Martin Luther het by geleentheid gesê, dat sy taak is net om te saai. Terwyl hy sy Wittenbergse bier drink, werk God in die verborgenheid en kom die Koninkryk ook op plekke waar jy dit die minste verwag. Teleurstelling in mense is ‘n gegewe. Ons moet dit so aanvaar. Die Here sê so sal dit wees. Nie almal sal ewe ontvanklik vir die Woord wees nie.

‘n Stukkie agtergrond sal die moderne leser help. Daar was twee aanvare maniere om te saai. Die eerste manier was om eers te ploeg en dan te saai (soos vandag). Maar daar was ook ‘n manier van eers saai en daarna die saad inploeg. In hierdie gelykenis is die tweede manier van saai, waarskynlik die gebruik gewees. Dit is waarom die saaier nie geweet het waar die klippe en onkruid verborge lê nie en waarom die voetpaadjie later sou ontstaan nie. Die gelykenis wil die saaier aanmoedig om te saai, al weet hy nie wat die uitkoms van die oes gaan wees nie – aangesien die ploeg eers later in die grond sal kom. Die saaier kan nie vooraf bepaal waar die saad vermors gaan word nie.

Die tweede fokusarea van die gelykenis is:

b) God roep ons om ontvanklik te wees.

Soos daar in die gelykenis 4 verskillende grondsoorte is, so is daar 4 verskillende soorte harte wat op die Here se Woord (die saad) reageer.

the_parable_of_the_sower-1024x535

Daarom roep die gelykenis ons op om tegelyk saaier te wees en ook andersyds ontvanklike grond te wees vir die Woord van die Here.

Die Here verduidelik dat daar vier soorte grond is. Die eerste grond word ‘n voetpad en die voëls pik die saad op. Voëls word dikwels in verband gebring met die duiwel. Dit is mense wat die woord hoor en hulle dadelik verset teen die Woord en die saad word weggepik deur die duiwel. Daar kom eenvoudig niks van die Here se Woord tot reg in hulle lewe nie.

Die tweede grondsoort het net ‘n dun lagie goeie vogtige grond, maar direk daaronder lê die klipbank. Dit is verstaanbaar dat die saad in die vogtiger dun bolaag grond vinnig ontkiem het. Maar as die wortels die klipbank tref, het dit gou verwelk. Aanvanklik word die Woord van die Here met groot blydskap aangeneem, maar sodra die eise en bekommernisse van die lewe teenwoordig word, verwelk die bekering en toewyding aan die Here. ‘n Mens tref dit baie op geestelike kampe aan, dat jongmense vuur en vlam hulle harte vir die Here gee. Maar as hulle eers weer terug is by die huis en skool en hulle word gekonfronteer met probleme, dan sterf die bekering ‘n spoedige dood.

Die derde grondsoort is die saad wat tussen die onkruid gesaai word. Dit is mense wat die Woord van die Here aanneem en ‘n tyd lank goed groei. Maar dan kom die versoeking van wêreldse glans, glorie en rykdom en verstik die Woord van die Here. Die plante word geel en vrek later heeltemal.

Die vierde grondsoort is die vrugbare goeie grond, waarop die saad val en ‘n oes oplewer van dertig, sestig en honderdvoudig. Dit is iemand wat die Woord ontvang, aanneem en alles los en die Here volg. Dit is hulle wat volhard in die dinge van die Here. Binne die konteks van die teks sou ‘n dertigvoudige opbrengs al ‘n wonderwerk wees en ‘n klein gemeenskap sou daarmee gevoed kon word. ‘n Sestig en hondervoudige oes sou beteken vooruitgang en rykdom. Wie die Here aanneem deel in die geestelike vooruitgang en rykdom wat die Here vir ons wil gee.

Daarom daag die gelykenis ons tweeledig uit, naamlik om getroue saaiers te wees, maar om ook aan die ander kant ontvanklike grond te wees vir die Here se saad. AMEN

(Ds. Paul Odendaal is leraar van die NG Kerk Adelaide.)

Heiligmaking as gawe van die Heilige Gees.

HEILIGMAKING AS GAWE VAN DIE HEILIGE GEES.

1 Petrus 1: 13 – 21 en 1 Pet 2: 9 – 10

Hoe sal u voel om 20 jaar op ‘n platform op ‘n paal deur te bring? Dit het inderdaad gebeur met ‘n groep mense wat wou heilig lewe.

0f7a9dce85435151c94df51e4766ef75--figurative-art-space-operaHulle wou hulle nie besmet met die sondige aarde nie en het toe op platforms op pale gebly. Die mense moes vir hulle kos bring deur ‘n klein deurtjie in die platform. Hulle het geglo dit is baie moelik om op ‘n paal te sondig. So het baie mense deur die loop van eeue probeer om ‘n heilige staat te verwerf om heilig te word.

Eers het hulle in kloosters ongetroud saamgekom en hulle net met die godsdiens besig gehou. Hier en daar het hulle liefdesdiens toegepas. Partykeer was hulle heel goed georganiseerd soos byvoorbeeld die kloosterorde van Clugny wat letterlik duisende mense gehelp het. Maar meestal het hulle die kloosters op afgesonderde plekke gebou, soos onder andere in woestyne. Want so het hulle geredeneer: In die woestyn is daar net sand, geen versoekings nie.

askese-3Maar wat kan ‘n donker afgesonderde klooster vir ‘n stad soos Johannesburg met sy wolkekrabbers en fabrieke beteken of vir ‘n boerdery gemeenskap soos Adelaide? Wat kan ‘n paalchristen vir ‘n verloorgaande sondaarmens sê? Want die paalchristen sit op ‘n paal en die sondaar in ‘n sondemoeras op die aarde.

Dan die boodskap vanoggend: Om heilig te word – om soos Jesus te word beteken nie ek moet ‘n paalchristen word nie – maar ‘n “op die aarde, elke dag” Christen.

Maar wat beteken die woord “heilig” of “heiligmaking”?

Die Hebreeuse woord wil sê om “af te sonder”, soos wat die stam van Levi afgesonder was. Daar is twee Griekse woorde. Die een beteken: “Om apart te sit vir ‘n heilige doel.” en die ander beteken “om tot voltooiing of om tot volmaaktheid te kom”

Die woord heiliging wil dus eintlik sê: Om myself af te sonder van die sonde, sodat ek algaande tot die volmaakte beeld van Christus groei. Maar hoe word ek heilig. Die Rooms Katolieke Kerk leer dat jy heilig word deur goeie werke, die mis gereeld te beoefen en om ‘n ekstra myl te stap soos om byvoorbeeld ongetroud ‘n monnik of non te word.

how-receive-holy-spirit1As Protestante glo ons egter vanuit die Skrif dat heiligmaking eintlik ‘n geskenk is. Dit is ‘n geskenk van God. Dit word aan my gegee met my wedergeboorte. As ek wedergebore is, dan weet ek, ek is heilig – ek is ‘n nuwe mens.

Want luister wat staan in verse 18 en 19 ”Julle weet tog dat julle nie met verganklike middele soos silwer of goud losgekoop is in julle oorgeërfte sinlose bestaan nie. Inteendeel, julle is losgekoop met die kosbare bloed van Christus, die Lam wat vlekloos en sonder liggaamsgebrek is.” Met die implikasie daarvan in Hoofstuk 2: 9: “ Julle daarenteen is die uitverkore volk, ‘n koninklike priesterdom, vir God afgesonder, die eiendomsvolk van God ….”

Kortom gestel, Adelaide is ‘n heilige gemeente. Jy is heilig, jy is wat Christus van jou gemaak het: ‘n Heilige. Jy hoef dit nie nog te word nie. JY IS HEILIG! LEEF DAN HEILIG!” Moenie op ‘n paal gaan bly nie, maar leef heilig “op die aarde, elke dag”.

Maar hoe leef ek heilig elke dag. Lees wat staan in vers 13: “Wees verstandelik wakker.” Die ou vertaling lees: “Omgord julle lendene.” Wat beteken dit? Petrus gebruik ‘n beeld uit sy tyd. In die destydse Romeinse Joodse wêreld het mans almal lang rokke gedra. Wanneer hulle egter begin werk het, het hulle hul rokke opgetrek en met ‘n gordel vasgebind. Dan was hulle gereed vir inspanning. Maar Petrus sê ons moet ook ons verstand inspan. Want die Christelike godsdiens is meer as net emosies, en gevoel en belewenis. Dit is ook ‘n redelike godsdiens. Dit moet nie net my hart en my siel aanspreek nie, maar ook my verstand. Dit beteken “bedink” en “oordink” die 10 gebooie. Bedink wat jy was en wat jy nou is in Christus Jesus.

Maar Petrus sê ook in dieselfde vers: “Wees nugter.” Moenie dat julle verdoof en bedwelm word deur hierdie wêreld nie. Want ‘n wêreldgees verdoof en bedwelm baie mense. Eintlik sê Petrus: Julle asems moet nie ruik na materialisme, na uitspattigheid en onkuisdheid nie. Vers 14 sê ons moet nie ons lewens inrig volgens ons sondige begeertes nie. Ons moet anderse mense word, met anderste begeertes. Ons andersheid beteken ons is vreemdelinge en reisigers op hierdie aarde. Christene is tentbewoners. Alhoewel ons in hierdie wêreld is, is ons nie van hierdie wêreld nie. Ons het het ‘n aardse paspoort en ‘n hemelse Identiteitsdokument. ‘n Aardse paspoort met ‘n werkspermit om in hierdie wêreld te leef en te werk. En ons het ‘n hemelse identiteitsdokument van die Koninkryk van God. Ons behoort in die hemel, maar ons werk op die aarde. Ons het dus ‘n tydelike paspoort om God se opdrag uit te voer, naamlik die uitbreiding van God se Koninkryk. God wil ons nie opsluit in ‘n donker mufferige ou klooster nie. Die klooster wat God ons gee, staan in vers 15. U hele lewenswandel, u hele lewe, die hele wêreld is u klooster. Leef heilig en afgesonderd van die sonde – binne in die wêreld.

My werksplek, my huisgesin, my ontspanning, my sosiale lewe, my vriendekring is een stuk kloosterlewe.

heilig_streetscene-1958-l

My lewe en my werk moet afgesonderd wees vir Christus. Maak nie saak hoe sekulêr u werk is nie. Want Anglo – American die multi-miljoen maatskappy, Shell die oliereus, De Beers myne, Iskor wat in die nag soos ‘n melkweg lyk, die fabrieksreuse met hulle fabrieksrook en werksmense en klokmasjiene, die groot winkelsentrums met sy reklame, promosies en uitverkopings, die magtige staatsdiens met sy vorms en nogmaal vorms, wat jou van amptenaar tot amptenaar stuur is alles Koninkryk van God.

Die skool, die winkel, die slaghuis, die bank en besighede en elke plaas in die distrik van Adelaide – is alles Koninkryk van God. Die manier waarop jy werk, die manier waarop jy optree en praat moet soos ‘n kerkklok die liefde van God uitbeier.

Christus is Koning op my plaas, in my besigheid, in die skool, in my beroep en in die staatsdiens. Jy is God se verteenwoordiger. Daardie roetine werk, moet soos die beiering van ‘n kerkklok al harder en harder – Aan God al die eer, aan God al die eer!

In die klassieke Rooms – Katolisisme het Rome geglo dat winkeliers en bankiers reguit hel toe gaan, want hulle vra wins en rente. Toe kom Calvyn op die toneel en hy sê: Bankiers en winkeliers is met ‘n hoog heilige taak besig. Rente en wins het ‘n hoër doel, dit moet ingespan word om my medemens te dien.

Of jy ‘n dokter, onderwyser, klerk, boer, predikant, sekretaresse, verpleegster, prokureur, winkelier, bankier, of kassier of advokados toedraai – jy het ‘n heilige beroep. Want God verwag dat jy jou werk op ‘n anderse wyse sal doen.

Ook jou huislike lewe moet staan in die teken van: “Ek en my huis, ons sal die Here dien.”

Ook jongmense moet afgesonderd vir die Here leef – jy moet anders as die ander jongmense leef.

Sommige terreine is nie meer heilig as ander nie. Die kerk is net so heilig soos die skaapkraal en die winkelvloer. Die mens voor die kasregister se werk is net so heilig soos die man wat op die kansel staan.

Die Rooms Katolieke denke, maar ook die meeste van ons se denke is vasgevang in ‘n twee terreine leer. Daar is ‘n heilige kant en ‘n onheilige kant. Mense praat van geestelik en beestelik. Maar dit is ‘n verkeerde manier van dink. Christus het die hele kosmos gered. Alles op hierdie aarde is aan Christus onderwerp.

27120362_2_lBaie klassieke skilders het vir Jesus en Maria geskilder in ‘n ligkol. Vir Josef en die skaapherders skilder hulle in die skaduwee. Jesus en Maria is heilig, daarom word hulle in die ligkol geskets. Josef en die herders is onheilig, daarom word hulle in die skaduwee geskets.

Dit is egter verkeerde teologie. Christus het nie halwe werk gedoen nie, alles het Christus in beginsel heilig gewas in Sy bloed. Op alles moet Christus se lig val.

U sien kortom, my hele lewenswandel, elke dag, elke minuut, elke jaar, elke plek, elke geleentheid is heilig met ‘n heilige opdrag. Koop dit uit! U sien dus die leraar is eintlik maar net die toeruster van die gemeente. U is die eintlike prediker! U preek wel nie in die kerk nie, maar wel by die werk. Nie soseer met woorde nie, maar met die manier waarop u werk en getuig. U moet so werk en so praat en so dink en so getuig dat u hele lewe een stuk preek word. Ja, een groot stuk verkondiging van God se liefde en genade in u lewe.

The man must be the best sermon his friends and enemies ever see or hear.”

U hele lewe, van Sondagoggend in die kerk tot Saterdagaand by die partytjie moet nuut wees, moet ‘n nuwe heiligheid weerkaats. Om heilig te leef op die aarde, elke dag is een van die moeilikste toetse vir ware Christenskap.

Maar heiliging is ‘n voortgesette proses. Die Griekse werkwoord wat hier in vers 16 gebruik word vir “wees heilig” is in die toekomende tyd in ‘n bevelsin geskryf. Dit wil soveel sê as dat heiliging nie ‘n bushalte is nie, maar ‘n pad is waarop ek stap. Want hoe heiliger ek word, hoe meer ontdek ek, hoe onheilig ek is.

  • Hoe meer ek vrede maak met my medemens, hoe meer ontdek ek hoe ek in onvrede met my medemens lewe.

  • Hoe meer ek bid, hoe meer ontdek ek dat ek nie kan bid nie.

  • Hoe sedeliker ek leef, hoe meer ontdek ek hoe onsedelik ek leef.

  • Hoe meer ek liefde aanleer, hoe meer ontdek ek hoe liefdeloos ek is.

U sien dus ek moet groei in heiligheid. Ek moet wees, wat ek reeds in Christus is. (Ek kan dit nie word nie, want ek is dit alreeds.)

Die rede waarom ek heilig moet wees – lees ek in vers 16: ”Want Ek, die Here jou God, is ‘n heilige God.” Daarom begin ons elke erediens met ‘n aanbiddingsgesang, want God is heilig. Brakwater pas nie by ‘n vars fontein nie. Net so pas by ‘n heilige God, nie onheilige skepsels nie. Jy is heilig gemaak. Wees dan heilig, nie op ‘n paal – maar op die aarde, elke dag.           AMEN

(Ds. Paul Odendaal is leraar van die NG Kerk Adelaide.)