KERSFEES WAPENSTILSTAND VAN 102 JAAR GELEDE, HET VIR ONS ‘N BOODSKAP VAN HOOP

KERSFEES WAPENSTILSTAND VAN 102 JAAR GELEDE, HET VIR ONS ‘N BOODSKAP VAN HOOP

Die eerste winter en Kersfees van die Eerste Wêreldoorlog in 1914 is gekenmerk deur ‘n reeks wapenstilstande aan die Westelike front tussen die Duitse en Engelse magte. In die week voor Kersfees het die verskillende magte Kersliedere vir mekaar oor en weer gesing. Daar moet onthou word dat die niemandsland tussen die fronte maar baie nou was en hulle mekaar kon hoor.

kersfees-vredeOp Oukersaand 1914 en op Kersdag 2014 het die Duitse, Engelse en mindere magte die Franse soldate hulle bomskuilings en loopgrawe verlaat en mekaar in niemandsland ontmoet. Hulle het geskenke, sjokolade, alkohol en sigarette onder mekaar uitgedeel. Hulle het die dooies en gewondes verwyder en daar is selfs aangeteken ‘n sokkerwedstryd tussen die Britte en Duitsers op Kersdag  2014. In sommige dele van die front het die welwillendheid geduur tot die dag na Kersfees en op ander dele van die front het dit geduur tot Nuwejaarsdag.

“Future nature writer Henry Williamson, then a collow nineteen – year – old  private in the London Rifle Brigade, wrote excitedly to his mother on Boxing Day: Dear Mother, I am writing from the trenches, is 11 o’clock in the morning. Beside me is a coke fire, opposite me a ‘dug-out’ (wet) with straw in it. The ground is sloppy in the actual trench, but frozen elsewhere. In my mouth is a pipe presented by the Princess Mary. In the pipe is tobacco. Of course, you say. But wait. In the pipe is German tobacco. Haha, you say, from a prisoner or found in a captured trench. Oh dear, no! From a German soldier. Yes a live German soldier from his own trench. Yesterday the British & Germans met & shook hands in the Ground between the trenches, & exchanged souvenirs, & shook hands. Yes, all day Xmas day, & as I write. Marvellous, isn’t it?”

Die militêre owerhede was natuurlik woedend gewees, want die soldate het na die wapenstilstand mekaar as mense beleef en was nie baie ernstig om mekaar te beveg nie. Dit het die militêre owerhede gedwing om magte te verplaas en te verskuif. Dit het tyd gevat voordat die oorlog weer sy volle momentum bereik het. Daar is natuurlik ook ‘n verbod geplaas op die soldate om nie weer sulke welwillendheidsgebare teenoor die vyand te herhaal nie.

Tog in die historiese gebeure van presies 102 jaar gelede, skemer medemenslikheid en die lewensveranderde krag van die Christus geboorte en Kersfees deur. Diep in elke mens se hart soek hy en sy vrede en welwillendheid. Maar dit vra dapperheid van ons, soos van die offisiere tydens die Kersfees van 1914 aan die Westelike front om te werk vir vrede en welwillendheid. Ons lewe in ‘n brutale wêreld, waar sulke wonderverhale, heldeverhale ons nuwe hoop gee dat dit wel moontlik is. Natuurlik moet dit nie na Kersfees of Nuwejaar ophou nie.

Ons moet volhardend dapper genoeg wees om in die mees brutale tye van konflik tussen mense, rassegroete en volkere ‘n slag te slaan vir vrede en welwillendheid.

Christus het met sy geboorte, kruisiging en opstanding, mense en mensegroepe met mekaar versoen. Hy was dapper genoeg om aan die kruis te sterf om welwillendheid en vrede moontlik te maak. Wil jy deel wees van die ewige skietstilstand en vrede wat Christus gebring het. Beveg eerder die kwaad met die goeie. Net dapper mense met integriteit, vervul deur die Heilige Gees kan dit regkry.

(Ds. Paul Odendaal is leraar van die NG Kerk Adelaide)

DIE BROOD WAT IN DOEKE TOEGEDRAAI IS …

DIE BROOD WAT IN DOEKE TOEGEDRAAI IS …

Ons het almal die idee dat Christus Jesus in ‘n krip in ‘n stal gebore is, omdat daar nie plek vir hom was nie. Die Griekse woord “phatne” kan beteken ‘n voerbak vir diere, maar die Jode het waarskynlik eerder gedink aan ‘n houtbak, waarin kos, veral brood geberg is. Jode het hul brood gewoonlik toegedraai in doeke en dan in ‘n houtbak neergelê. Wanneer die Evangelie van Johannes in hoofstuk 6: 48 sê: “Ek is die brood wat lewe gee.” dan is die ander vertalingsmoontlikheid van “pathne” as broodbak die waarskynlikste. Joh 6: 51: “Ek is die lewende Brood, wat uit die hemel gekom het. As iemand van hierdie brood eet, sal hy ewig lewe. En dié brood wat ek sal gee, is my liggaam. Ek gee dit sodat die wêreld kan lewe.” Jesus Christus het immers nie vir diere gesterf nie, maar vir die mensdom. Dit was ook ongehoord om ‘n baba in ‘n vuil onhigiëniese krip neer te lê, teen die agtergrond van al die higiëniese wette van Deuternomium. In Bybelse tyd was die stal nie los van die wooneenheid nie. Nee, gewoonlik het die diere onder geslaap en die mense in die boonste verdieping en die dak was gewoonlik ‘n plek vir sosiale verkeer. Die Afrikaanse woord “woonstel”, kom van die woord “woonstal”. Onder woonstal verstaan ons waar mense en diere saam gebly het.

bread_625x350_61464090538Interressant is dat Betlehem, die dorp waar Jesus gebore is beteken: “Huis van Brood”. Teen die lig van al bogenoemde is die volgende die bes moontlike verduideliking:

Jesus is soos brood in doeke toegedraai en neergelê in ‘n broodbak in Betlehem, die Huis van Brood – om Brood vir die wêreld te word. Daarom kan elkeen wat honger is van die Brood eet wat van die hemel neergesit is op die aarde, soos die manna van die Ou Testament. Al verskil dié manna het bederf geraak, maar Jesus is die brood wat  ewig hou. Sy ongesuurde liggaam, vertel van sy lyding en seer – om die baie seer van die wêreld weg te neem.

Met die instelling van die eerste Nagmaal word Jesus se liggaam ook die Nagmaalsbrood, wat gebreek word. “Die brood wat ons breek is die gemeenskap met die liggaam van Christus. Neem, eet en dink daaraan hoe Jesus Christus se liggaam gebreek is tot volle versoening van al ons sondes.”

Die Kersfees kan ons weer gaan buk by die broodbak van Betlehem en vir ons ‘n stukkie van Jesus gaan afbreek en eet en glo !

Brood is lewe en Jesus is Lewe !

“Simply Life, Bread and Wine !”

(Ds. Paul Odendaal is leraar van die NG Kerk Adelaide)