GOD “RECYCLE” …….

GOD “RECYCLE” …….

Ons lewe in ‘n wêreld, waar alles wat nie werk weggegooi word. Alles wat oud, opgebruik en nutteloos geword het gaan ashoop toe. In die antieke tyd, maarselfs nog vandag is onwelkome babas op ashope weggegooi vir die jakkalse om te eet. Daarom het Jesus Christus eenmaal op die ashoop buite Jerusalem , saam met die ongewenstes gesterf. Hy het gesterf vir almal wie se kleipot – bestaan in duie gestort het. 

May_06_recycle1Daarom is God altyd in die herwinningsbedryf. Hy“recycle” alles wat plat geval het en maak van hulle nuwe voorwerpe van Sy ontferming. Daarom al is ons kleipotte wat maklik breek, dra ons die seël van ons Maker, die groot Pottebakker van alle tye. Dit is goed dat ons maklik kan breek, want daardeur ken ons ons afhanklikheid van God.

In ‘n wêreld waar mensedikwels onwelkom voel, is jy altyd welkom in God se vaderhuis. Sy deur staan altydoop. Hy verwag altyd dat sy verlore seun moet terugkom.Wanneer ons op ons weerlooste is, soos die verlore seun, vind ons ‘n genadige Vader. Maar onsweerbarstigheid moet eers omgesit word in weerloosheid. Wanneer ons nie verder kan nie, dan kan God werk. In jou mees weerlose tye is jy juis diebruikbaarste klei vir die Here. Wat hard is, moet eers sag word. Daarom is krisistye, die tye wat ons weer sag word, weer ontvanklik word vir die sagte werke en sagte hande van die Potterbakkers – Gees.

McLeod sê die volgende oor die kerk: “I simply argue that the cross should be raised in the centre of the marketplace as well as on the steeple of the church. I am recovering the claim that Jesus was not crucified in a cathedral between two candles, but on a cross between two thieves; on the town’s garbage heap., at the crossroad so cosmopolitan that they had to write His title in Hebrew and Latin and Greek …. At the kind of place where cynics talk smut, and thieves curse, and soldiers gamble. Because that is where He died. And that is what He died for. And that is what he died about. And that is where churchmen ought to be and what churchmen ought to be about.”  

Daarom is die taak van die kerk, om soos God op die ashope van die wêreld siele te soek en te red vir die Here. Op ‘n ashoop het Hy gesterf vir ashoop – mense. Hy “recycle” en maak nuut. Die nuwe moontlikhede vir die sondaar is legio. God se kinders kan nooit in ‘n doodloopstraat beland nie. God breek elke doodloopstraat oop en vul dit met nuwe moontlikhede.

 (Ds Paul Odendaal is leraar van die NG Kerk Adelaide)

Jesus skep vir Hom ‘n familie aan die kruis. (Joh 19: 26 – 27)

JESUS SKEP VIR HOM ‘N FAMILIE AAN DIE KRUIS.

In my bediening as predikant het ek al dikwels opgemerk, dat die dood mense weer bymekaar bring. Ek het al soveel male gesien, hoe familielede wat jarelaas met mekaar gepraat het, by die sterfbed, weer die ou familiebande optel en weer versoen. Jarelange vetes word dikwels ook by die sterfbed begrawe. Die dood herstel verhoudinge.

love_one_another_

Met Jesus se dood aan die kruis op Goeie Vrydag, lees ons ook hoedat Jesus ‘n familie skep. Sy moeder Maria het verwese gestaan, besig om haar oudste kind te verloor aan ‘n wrede dood. Johannes, Jesus se liefling dissipel, Johannes het ook daar gestaan. Dan spreek Jesus Sy derde kruiswoord, tussen 09h00 en 12h00.

Jesus het vir Maria gesê: “Daar is u seun.” Toe sê Hy vir Johannes: “Daar is jou moeder.” As’t ware skep Jesus hier nuwe familiebande. Hy bind Jesus en Maria in ‘n nuwe moeder en seun verhouding.

Dit simboliseer ook Jesus wat aan die kruis ‘n nuwe geestelike familie skep, wat ons die kerk noem. Nou is ons nie meer vreemdelinge van mekaar nie, maar broers en susters. Jesus Christus het ons oudste broer geword en ons het ‘n gemeenskaplike Vader in die hemel. Die bloed van Jesus Christus het ons as’t ware gebind as ‘n geestelike familie.

Jare gelede, was dit gebruik gewees dat vriende wat trou deur dik en dun aan mekaar belowe het, hul elkeen hulself met ‘n skerp lem gesny het aan die hand en hulle bloedwonde teen mekaar gevryf het, as teken van hulle lewenslange getrouheid aan mekaar. Daarvandaan kom die woord “bloedbroers” vandaan.

hqdefault

Aan die kruis was dit nie nodig, dat ons bloed hoef te vloei nie. Jesus Christus se bloed het gevloei in ons plek. Deur Sy bloed het Hy ons bloedbroers en bloedsusters van mekaar gemaak. Ons het ‘n geestelike familie geword. Daarom glo ons in EEN HEILIGE ALGEMENE CHRISTELIKE KERK.

Daar staan verder in Johannes 19: 27 (b) dat Johannes vir Maria in sy huis opgeneem het. Dit impliseer versorging en ‘n tuiste. So moet die kerk as geestelike familie vreemdelinge opneem in in hulle midde as broers en susters van mekaar.

Die hartseer van die Christelike kerk, is dat mense aan Jesus wil behoort, maar nie aan die familie van Christus nie. Hulle sal God in hul persoonlike lewe aanbid, maar wil glad nie inskakel by die plaaslike gemeente se wel en weë nie. Hulle distansieer hulself van ander gelowiges. Dit getuig van ‘n stuk meerderwaardigheid of van onbetrokkenheid. Hulle soek redes om nie in te skakel nie. Hulle soek Jesus se liefde en seën in hulle lewe, maar wil self nie ander liefhê of tot seën vir ander wees nie. Dit getuig van uiterste selfsugtigheid.

Wanneer jy in die huwelik tree, trou jy ook met jou skoonfamilie. Hulle word deel van jou familie. Wanneer jy nie jou skoonfamilie aanvaar nie, bring dit spanning en ongelukkigheid in die huwelik. Wanneer jy in ‘n verhouding met Jesus Christus is, moet jy ook die familie van Christus aanvaar en liefhê. Jy kan jouself nie uitsluit van jou aangetroude familie nie.

body-of-christ

Jesus Christus kan nie in privaatheid aanbid word nie. Jesus kan net in die openbaar aanbid word saam met ander broers en susters. Die Here Jesus het ‘n gemeenskap van gelowiges geskep, wat ons die kerk noem en Hy wil hê ons moet deel daarvan wees.

Jy kan nie die Here Jesus aanbid, sonder die kerk nie. Jy kan nie sonder die kerk ‘n Christen wees nie. Die Here Jesus het jou geroep om as kerk, deel van Christus se liggaam te wees. (1 Kor 12) Jy is deel van die kudde van die Here. Jy kan nie as ‘n enkele skaap ronddwaal nie. As jy nie deel het aan Jesus se kerk nie, is jy soos ‘n los steen, wat buite die gebou nutteloos rondlê.

Jesus het op Goeie Vrydag aan die kruis gesterf, juis om Sy volgelinge EEN te maak, een huisgesin, een familie en een geloofsfamilie. Ek kan nie buite hierdie EENHEID, myself afsonder op ‘n eiland. Dan is ek doodeenvoudig nie ‘n volgeling van Jesus Christus nie. Wie Jesus volg, moet aktief deel hê aan die Here se kerk.

jesus-family

Die prediker Fred Cradock het geskryf: “ The measure of your christianity is not who you feed, but who you eat with.” Ons kan maklik vir behoeftiges kos gee of ‘n bydrae gee. Maar is ons bereid om saam met hulle te eet? Dit is die toets van ware Christenskap.

Netso kan kan ek nie op die kantlyn van die kerk staan en gedurig die kerk kritiseer nie. Ek moet deelneem aan my geestelike familie se aktiwiteite deur solidêr EEN met my geloofsfamilie te wees.

Mense soek maklike verskonings om nie deel van die kerk te wees nie. Mense kan dikwels hulle medekerkgangers kritiseer as skynheilig en daarom nie kerk toe gaan nie. Wat hulle vergeet is dat die kerk juis ‘n plek van sondaars is. Die kerk is ‘n hospitaal vir gebroke mense. Ek hou myself beter, as ek nie my medekerkgangers omhels ten spyte van hulle foute en al.

Wie Jesus volg, moet Jesus se familie ook volg. Met die derde kruiswoord het Jesus ons juis familie van mekaar gemaak. Daarom moet ons mekaar omhels met Christelike broederskap en aanvaarding.

images (1)

Die kruis van Christus, is soos ‘n magtige magneet, wat mense nader trek na Christus toe. Maar die kruis trek ons ook soos ‘n magneet na mekaar toe, om ‘n geestelike familie vir mekaar te wees. Sonder die magnetiese krag van die kruis, sal ons in die donker koue alleen staan.

Mag die magnetiese krag van die kruis jou na Christus en ook na jou mede gelowige toe trek.                                                 AMEN

(Ds. Paul Odendaal is leraar van die NG Kerk Adelaide.)

Slawekind word kind van God. (Rom 8: 12 – 17)

SLAWEKIND WORD KIND VAN GOD.

Ek het iewers die volgende moderne gelykenis gelees:

Lank gelede in die tyd van slaweny het ‘n slawegesin op die plaas van ‘n edelman gewoon. Hulle was natuurlik die eienaar se eiendom.

criollo 123Die slaweseun, Klaas het mettertyd ‘n maatjie van die eienaar se seun, Chris geword. Hulle het werklik groot maats geword en so lief vir mekaar dat Chris by sy ouers daarop begin aandring het, dat Klaas by hulle in die huis moet kom woon. Na baie worsteling, het die edelman en sy vrou, omdat hulle slegs die een seun gehad het, besluit om aan Chris se versoek te voldoen. Maar hulle het met die slawegesin ooreengekom dat Klaas nie net by hulle kom woon nie, maar dat hulle hom ook wettiglik aanneem. Dit was ‘n geweldige stap om te neem omdat hulle reeds deur die bure en die hele gemeenskap verwerp is as gevolg van die “onbehoorlike” vriendskap tussen hulle seun en die slaweseun.

Die aand nadat hulle die outjie se paar karige besittinkies na die plaashuis oorgedra en hy ingetrek het, sit die “nuwe” gesin aan die tafel. Na ete maak die pa keelskoon en sê toe ‘n paar dinge wat Klaas se lewe ingrypend sou raak:

  • Klaas, van nou af moet jy my nie meer “baas” noem nie, maar “pappa”, net soos wat Chris my noem. Want jy is nou wetttiglik my seun. Ek het jou aangeneem.

  • Chris was tot nou my enigste erfgenaam. Hy sou alles erf, my plaas en al my besittings. Ek het vandag my testament laat verander, alles word nou tussen julle verdeel. Elkeen kry eweveel.

  • Jy word nou deel van ons familie. Jou nageslag sal ons van dra. Dit is ‘n aristokratiese van en daarom sal jy nog in die toekoms as edelman geëer word.

  • Maar voor dit gebeur, lê daar baie swaar tye vir jou voor. Chris word reeds verwerp deur sy maats. By die skool wil hulle nie meer met hom speel nie. Jy sal oral saam met hom gaan en hulle sal ook nie met jou wil praat nie. Jy sal saam ly, dit is deel van jou erfporsie.

Toe het die man gevra:”Klaas, sien jy kans daarvoor?” Klaas het sy kop op sy arms laat sak en lank stilgebly. Toe het hy opgestaan, om die tafel gestap, die man in die oë gekyk en gesê:”Pappa!” Sy pa het hom toe op sy skoot getel en gesê:” Van nou af gaan ons jou ook nie meer “Klaas” noem nie. Omdat jy nou my seun is en Chris se vroer, noem ons jou “Christen.” Maar onthou: Al gaan jy saam met hom erf en eendag saam met hom geëer word, sal jy intussen ook saam met hom moet ly.

Verstaan u die simboliek in die moderne gelykenis:

  • Die pa, die edel maan is God.

  • Chris is Christus.

  • Klaas is die slawekind, ek en jy.

  • Spottende maats is die wêreld.

Daarom is die tema van die preek:

SKOPUS: Slawekind word kind van God.

Kom ons kyk na die vier gedeeltes van die preek:

PARS 1: Ek het jou aangeneem.

Besef ons watter wonderwerk is dit dat God ons aangeneem het. Besef ons dat daar vir God nie onderskeid is tussen ons en Jesus Christus, Sy eie Seun nie.

Soos die volgende storie: Twee boeties sit in die skool in dieselfde klas. Juffrou skryf die name en geboortedatums op. Jannie is sewe, hy verjaar die 1 ste Mei. Pieter is ook sewe, hy verjaar die die 1 ste Augustus. Juffrou kry vreemd op. Twee boeties wat ewe oud is, wat net drie maande na mekaar verjaar? Ja, juffrou sê Pieter effens onseker. Dit is so, want een van ons is ‘n aangenome kind, maar juffrou, ongelukkig weet ek nie watter een nie. Ons ouers behandel ons dieselfde.

God het ons aangeneem as sy eie seuns en dogters, ja, soos sy eie. Wat ‘n voorreg!

Ons is nie meer slawe van die sonde nie. Ons is nie meer in kettings nie. Ons is vry van die sonde en sondeskuld. God het ons aangeneem.

Die wonder is natuurlik dat God ons aangeneem het en nie omgekeerd nie. ‘n Weeskind kan mos nie sy pa aanneem nie, nee dis die ouers wat die weeskind aanneem. God is nie “wees” nie, ons is “wees”. Ons was die slawe, maar nou nie meer!

Wanneer God ons aanneem doen hy dit onvoorwaardelik! Wonderlike Evangelie! Soos Chris by sy pa gepleit het om Klaas aan te neem, so het Christus vir ons gepleit, dat God ons moet aanneem.

Daarom leer God ons bid: “Ons Vader wat in die hemel is.”

PARS 2: Ek laat jou erf.

God laat ons erf uit die rykdom van Sy skatkamers: Nie alleen die ewige lewe en die nuwe Jerusalem nie, maar ook ‘n nuwe lewe. Hy skenk vir ons die wedergeboorte, die bekering, die regverdigmaking, die heiligmaking en volharding.

Hy beklee ons met geestelike gawes sodat ons lewens kan getuig dat ons onder die slawerny van die sonde uit is en werklik nuwe mense kan wees. Wat ‘n erfporsie? Oms soos konings te kan lewe eendag, maar ook nou alreeds.

PARS 3: Ek verander jou naam.

God kan mense verander. Hy het al talle mense, duisende der duisende verander.

Hy het Abram verander na Abraham. Hy het Saulus verander na Paulus. Hy het Simon verander ma Petrus. Selfs bome verander Hy: Doringbome word sipresse en dissels word mirtebome. Daarom verander God slawekinders onder die sonde, na Christenne, kinders van God. Motte word die mooiste vlinders.

Jou naam is CHRISTEN, afgelei van jou oudste broer Christus. Moet dit nooit vergeet nie.

PARS 4: Jy sal saam ly, dis deel van jou erfporsie.

Omdat Chris met Klaas gespeel het, het sy maats hom gespot en uitgeskuif. Omdat Christus in mense soos ek en jy belang gestel het, het mense Hom ook gespot en uitgeskuif na Golgota en hom verwyder uit die samelewing.

Omdat Klaas, broer van Chris geword het, het hy ook begin om lyding te verduur. Wie broer en suster van Christus geword het, sal ook bereid moet wees om spot en lyding te verduur.

Maar eendag sal ons ook deel hê aan Sy heerlikheid.

Ten slotte:

Julle is nie meer slawekinders nie! Julle is kinders van God!

Ons het gesien:

  • Ons is aangeneem …. ons mag God as ons Vader, ons Pappa aanspreek.

  • Ons word erfgename

  • Ons kry ‘n aristokratiese van …. ‘n nuwe naam: CHRISTEN.

  • Lyding is deel van ons erfporsie

Kinders, van God en sien die krone op julle koppe blink. Julle is prinse en prinsesse in die Here se Ryk. Julle het “regtig” die kinders van God geword.

(Ds. Paul Odendaal is leraar van die NG Kerk Adelaide.)

Om jou kruis te dra … is ‘n verrykende ervaring. (Luk 23: 26)

OM JOU KRUIS TE DRA ….. IS ‘N VERRYKENDE ERVARING

Soms gebeur dit dat iemand op pad vakansie toe is, maar dan gebeur daar iets onvoorsiens en ‘n mens se vakansieplanne is lelik deurmekaar. Of iemand is die oggend op pad werk toe, maar daar gebeur ‘n ongeluk en in plaas van by die werk, bevind so iemand hom in die hospitaal.

Dit is presies wat ook gebeur het met Simon van Sirene. Simon van Sirene was ‘n man uit Noord-Afrika, wat heelwaarskynlik ‘n swartman was. Hy was of met ‘n besoek of met werksverpligtinge in Jerusalem gewees. Heelwaarskynlik het hy buite Jerusalem kamp opgeslaan en elke oggend ingegaan stad toe, Jerusalem toe.

‘n Sekere Vrydagoggend was hy weereens besig om in te gaan stad toe, Jerusalem toe. Sy dag se planne het toe heeltemal verander. Terwyl hy op pad was, loop hy verby ‘n peleton Romeinse soldate wat drie gevangenisse begelei na Golgota, die plek van teregstelling. Simon het gesien een van die gevangenisse kry swaar onder die kruis. Wat hy egter nie geweet het nie, is dat die man Jesus van Nasaret is wat die hele wêreld se sonde gedra het. Niemand wou vir Jesus help met Sy kruis nie. Dit was vir ‘n Jood totale vernedering om ‘n kruis, ‘n vloekhout vir iemand anders te help dra.

Die Romeinse soldate sien toe vir Simon van Sirene raak, wat nie ‘n Jood was nie. Hulle gryp toe hierdie Afrikaan om vir Jesus te help om Sy kruis te dra. En so verander Simon van Sirene se planne vir daardie Vrydagmôre.

bear_the_crossIn plaas van Jerusalem se rigting te loop, moes hy loop in die rigting van Golgota en dit nogal met ‘n swaar kruis op sy skouer van iemand wat hy kwalik ken. Het hy maar 15 minute vroeër daar verby gekom of 20 minute later daar verby gekom. Heel waarskynlik het hy homself verwyt. Waarom moet ek nou juis hierdie kruis dra?

Daardie Vrydagmôre het Simon se planne sleg verkeerd geloop. Maar dit was nie ‘n toevalligheid nie. As gelowige weet ons dat niks toevallig in ons lewe gebeur nie. Nee, die feit dat ‘n bepaalde persoon, by die naam van God bekend, Simon van Sirene, juis toe in Jerusalem was, juis toe op pad uit die veld terug na die stad was, dit alles was die beskikking van God.

God het op daardie oomblik iemand nodig gehad en Hy gebruik ruwe soldatehande om iemand vir hom te gryp. Uit sy eie sou Simon van Sirene nie eers daarvan droom om uit sy eie vir Jesus met sy kruis te help nie. Daarom gryp God in. As Hy dit nie gedoen het nie, sou Simon van Sirene seker nooit vir Jesus van Nasaret leer ken het nie. Simon van Sirene se planne het daardie Vrydagoggend lelik deurmekaar geloop. Hy is opgesaal met ‘n kruis, waarvoor hy nie gevra het nie. Maar God laat alles ten goede meewerk. Daardie deurmekaar Vrydag, word toe sy Goeie Vrydag en daardie kruis, die kruis van sy verlossing.

Ons het alle rede om te aanvaar dat Simon deur hierdie kruisdra – episode tot bekering gekom het. As Markus vir ons hierdie selfde verhaal vertel in sy Evangelie, sê hy dat Simon die vader was van Alexander en Rufus. En as Paulus aan die Romeine skryf, laat hy groete weet aan Rufus en sy moeder. Hieruit kan ons aflei, saam met baie skrifverklaarders dat Simon en sy huis, sy vrou en sy seuns, almal volgelinge van Jesus Christus geword het. Sy kruisdra het vir hom groot voordeel gebring. Simon is langs die pad voorgekeur deur ‘n soldaat. Nee, meneer, nie na Jerusalem nie, maar na Golgota. En tog sou die pad hom na die nuwe Jerusalem lei.

dra-mekaar-se-laste

Wonder u ook partykeer oor u eie kruis? Wonder u ook waarom moet dit juis u wees wat hierdie kruis moet dra? Simon het ook gewonder waarom juis hy daardie kruis moet dra. Geen groter voordeel kon hom getref het as die kruis wat God op daardie dag op hom gelê het nie. En nie net vir hom nie, maar ook vir sy hele gesin.

Paulus kla nie oor die doring in sy vlees nie, nee, hy roem eerder oor die doring in sy vlees. Sy doring, sy kruis (ons weet nie, wat dit was nie) het hom vry gemaak van hoogmoed, hom eerder swak gemaak sodat hy sterk vir die Here kon wees. Sy kruis het hom die grootste apostel gemaak.

Miskien is jou kruis dat jy senuweeagtig is tussen baie mense. Maar juis hierdie kruis maak dat jy sensitief is vir ander mense se gevoelens.

Miskien is jou kruis siekte. Maar juis hierdie kruis maak dat jy nie oppervlakkig die lewe beleef nie, maar juis ‘n diepte-ervarings van die lewe het. Jy kan soveel vir ander mense beteken en vir hulle bemoedig.

Miskien is jou kruis dat jy sukkel om finansieel deur te kom. Maar hierdie kruis maak jou meer waarderend teenoor dit wat na jou kant toe kom.

So kan ‘n liefdesteleurstelling of die dood van ‘n geliefde jou ‘n dieper ervaring van die lewe gee.

Miskien is jou kruis jou diepe besef van sondeskuld wat vir jou te groot geword het. Jy verwyt jouself elke dag. Hierdie kruis kan jou lewe verander sodat jy die Here Jesus leer ken as jou Verlosser.

Nee, God straf ons nie as Hy ‘n kruis op ons lê nie. Net een maal het Hy iemand waarlik gestraf met ‘n kruis; toe sy eie Seun wat met ‘n kruis op sy skouer by die stadspoort van Jerusalem uitgestrompel het. Sodat die kruis wat ons soms moet dra vir ons ten goede kan kom, vir elkeen wat in Hom glo.

Ook jou kruis is nie ‘n toevalligheid nie. Dit het ‘n doel in jou lewe. Aanvaar ook jou kruis as ‘n verrykende ervaring.

pic2

Jou kruis is nie jou verleentheid nie, maar jou geleentheid. Gaan sit en gaan soek die pluspunte wat jou kruis vir jou bring. So kan jou kruis vir jou ‘n verrykende ervaring word. Jou kruis kan vir jou ‘n geloofservaring word soos dit vir Simon van Sirene was.

[Die hooftrekke van die preek, kom uit aantekeninge van ‘n preek wat ek iewers gelees het. Die skrywer het ek vergeet.]

(Ds. Paul Odendaal is leraar van die NG Kerk Adelaide)

God sorg vir die sagmoediges. (Mat 5: 5 en Gen 13: 1 – 18)

GOD SORG VIR DIE SAGMOEDIGES

Sagmoedigheid is nie juis ‘n eienskap waaroor die mense in die algemeen oor opgewonde is nie. Daar word dikwels neerhalig van so ‘n persoon as ‘n “sagmoedige Neelsie” gepraat.

Sagmoedigheid as deug is nie so gewild nie, omdat dit verwar word met woorde soos lamlendigheid, pap en ruggraatloosheid. Sagmoedigheid werk nie, want “nice guys come second.” Ons sien dit in die politiek, in die ekonomie en op die sportveld. Daar is die uitdrukking in die politiek en ekonomie, wat as volg bekend is, naamlik: “hond eet hond.” Hierdie uitdrukking is baie waar. Inderdaad is dit waar dat “hond eet hond.”

lam (1)Nietzsche is gegrief omdat die Evangelie ‘n mens nie sterk maak nie, maar eerder swak. Mussolini het gesê dat as hy kon kies hy eerder een dag ‘n leeu is, as ‘n 100 jaar ‘n lam. Ons glo eerder in begrippe soos manlikheid, selfgelding en selfhandhawing.

Daarom val die woorde van die Here Jesus Christus vreemd op die oor in Mat 5: 5, wat lees: “Geseënd is die sagmoediges, want hulle sal die nuwe aarde ontvang.”

Selfhandhawers hou nie van hierdie woorde nie. Selfhandhawers is mense wat voel dat hulle alleen is in hierdie lewe en daarom vir hulself moet sorg. Dit is vir selfhandhawers moeilik om sagmoedig te wees, want hulle dink klein oor God. Hulle het nog nie geleer om God in alles te vertrou nie. Daarom baklei hulle maar vir wat hulle wil hê.

Eers as ‘n mens geleer het om van die Here afhanklik te wees, kan ‘n mens die deug van sagmoedigheid bemeester. Wie van die Here afhanklik is, vir so iemand is dit maklik om sagmoedig te wees. Maar wat is sagmoedigheid presies? ‘n Ander woord kan miskien wees, sagtheid, saggeaardheid, beheerstheid, respek, nederigheid of ‘n diep egte onselfsugtigheid.

‘n Baie mooi voorbeeld van sagmoedigheid vind ons in Gen 13, waar Abraham by die verdeling van die land, sy selfsugtige nefie Lot eerste laat kies het. Lot het vir hom die beste gedeelte gekies, Maar Abraham was tevrede met sy gedeelte.

Hy het nie twis gesoek nie. Daarom is Abraham ‘n voorbeeld van diep en egte onselfsugtigheid. Hy het met vergenoegdheid geleef. Hy het min waarde aan wêreldse goed gehad. Abraham was van God afhanklik en hy het geweet die Here sal vir hom sorg.

Sagmoedige mense is mense wie se hart iets verstaan van die lyding van die wêreld en wat weet dat hulle, al gebeur wat ook al, niks wil doen om die lyding nog groter te maak nie. Ps 51: 19 getuig dat sagmoedigheid opkom uit ‘n gebroke en verslae hart.”

Waarvandaan kom die sagmoedigheid? ‘n Mens kan sag en vriendelik wees met ander, in onselfsugtigheid leef, gelate wees oor jou regte; net as jy weet dat jou lewe en jou lot in die sterk veilige Vaderhande van die Here is. Dit is eers wanneer ‘n mens dit doen, wanneer jy die totale lewe radikaal vanuit God en Sy sorg beleef, dat sagmoedigheid vanself inkom in jou lewe.

Ons wil so graag groter prestasies, groter suksesse, groter winste, meer “koninkrykies” vir onsself inpalm. Ons is baie keer soos Alexander die Grote wat net geleef het vir die volgende land wat hy kan verower.

Die Here beloof egter dat die een wat sagmoedig is oor sy regte, beloon sal word met die nuwe aarde wat vir ons wag. Dit kan nie verkry word deur daarvoor te baklei nie, maar daarop te wag.

imagesSagmoedigheid beteken dat jy ander se emosies soos ‘n veertjie sal lees en sensitief sal wees met elke mens op jou lewenspad. Dat jy so sensitief sal wees, dat jy bedagsaam en sag sal optree teenoor elkeen op jou lewenspad.

Christus Jesus is natuurlik die voorbeeld by uitstrek van sagmoedigheid. Hy het homself totaal en al verloën tot aan die kruis. Hy het nie op sy regte gestaan nie, maar die heil van die wêreld op Sy hart gedra.

Die Here sorg vir ons. Ons hoef nie te baklei vir iets nie. Wie van God afhanklik is, kan sagmoedig wees!

(Ds. Paul Odendaal is leraar van die NG Kerk Adelaide.) 

Om waarlik te treur, maak jou menslik. (Mat 5: 4)

OM WAARLIK TE TREUR MAAK JOU MENSLIK.

Lyding en pyn is sake waarvoor mense natuurlikerwys terugdeins. Ons is bang daarvoor. Ons wil dit nie hê nie. Die mens wil van lyding en pyn wegvlug of wil dit verdoof. In die proses word lyding en pyn nooit omgesit in iets positiefs nie.

Die gevaar is dat godsdiens vir sommige mense ook “a pie in the sky” kan word, soos Karl Marx godsdiens en lyding beskryf het. Dit kan ‘n manier word om te ontvlug uit die swaar van elke dag en kan godsdiens as’t ware ‘n stuk verdowing word.

images[9]Maar dan lees ons weereens die vreemde woorde van Jesus Christus in Mat 5: 4 wat so lees: Geseënd is die wat treur, want hulle sal vertroos word.” In hierdie woorde bedoel die Here Jesus nie ons moet met lang gesigte rondloop nie, maar dat ons die pyn en lyding rondom ons moet raaksien, dit moet beleef en dit sinvol moet verwerk in iets positiefs in my lewe.

Ons moet kan treur oor hou stukkend die wêreld is. Daar is armoede, hongersnood, plakkerskampe, verwaarlooste kinders, mislukte huwelike, verwoeste tienerslewens, oorloë, waterskaarste, werkloosheid en so kan ons die lysie baie langer maak.

As ons die dinge raaksien, dan kyk ons anderpad, soek verskonings of beskuldig selfs die slagoffers daarvan. Om te treur, beteken om die nood van ander raak te sien en om myself daarin te probeer inleef, sodat ek saam met hulle kan voel. Dan kan ek eers werklik bid vir hulle en daaraan werk om die lyding in my onmiddelike omgewing minder te maak. Om te treur beteken om empatie, begrip, deernis en liefde vir ander te hê.

So dikwels gebeur dit, dat mense hulself verlekker in ander se swaarkry en teenspoed. Dit word ‘n soet, sappige skinderstorie, wat ek geniet om oor te vertel. Dan ontbreek dit my aan ware deernis en empatie. Die probleem is ons huil nie meer oor die stukkendheid in ander mense se lewens nie. Ons word apaties.

Maar ‘n mens moet ook kan treur hoe stukkend en leeg jou eie lewe is. Ons wil nie sleg oor ons eie lewe dink nie. Ons leef in die tyd van “positiewe denke”. Ek moet positief oor myself dink. Ek soek verskonings vir my sonde. Ek veralgemeen my sonde en verskoon myself.

Maar die Here Jesus leer ons, ons moet treur oor ons sondes. Ons moet hartseer daaroor wees. Ons sonde moet ons ongelukkig maak, sodat ons na die Here en na Sy verlossing sal vra. Vergelyk die voorbeeld van Koning Dawid in Ps 51, waar hy in ‘n sielswroeging is oor sy owerspel met Batseba en dat hy vir Uriah, die man van Batseba laat sterf het in die voorste linies van die oorlog. Dawid pleit dat God hom moet vergewe, selfs al kos dit sy koningskap. Sy sonde staan tussen hom en die Here en hy verlang weer na ‘n intieme verhouding met die Here. Dawid was so opreg in die treur oor sy sonde, dat God vir Dawid, ‘n man van God genoem het.

Dit help nie ek steek ‘n siekte weg of dink dit weg nie. Ek moet dit in die oopte bring. Dit konfronteer, na ‘n dokter gaan en eers dan kan ek gesond word. Bid daarom dat die Here oms oë sal oopmak om te sien, watter groot sondaars ons is, sodat treurigheid daaroor ons kan dryf na Jesus Christus.

Lyding en pyn moet ek altyd gebruik om dit in iets positiefs en opbouend te verwerk. Die Heidelbergse Kategismus, bely dat God alles, die goeie en die slegte gebruik tot ons beswil. Daarom moet ek in die terugslae in my lewe altyd die vraag vra, wat kan ek positief hieruit haal. Lyding kan my in ‘n dieper verhouding met die Here bring, maar dit kan ook my meer sensitief vir ander mense maak. Wanneer lyding van jou ‘n beter mens maak, dan dien my lyding tot ‘n hoër doel. Victor Frankl, ‘n psigiater wat in die Tweede Wêreldoorlog in die Nazi – konsentrasie kampe was, vertel dat mense verskillend op lyding reageer. Sommige reageer heeltemal negatief, hulle word soos varke. Ander weer reageer positief op lyding en dit bring die beste in hulle na vore. Hulle word as’t ware soos engele. Om waarlik te treur, maak jou menslik.

Die Here Jesus Christus praat egter van troos ook. Hy belowe dat in die toekoms, met die wederkoms sal alles nuut gemaak word. Ons moet bid dat die Here dit in die hede ook vir ons draaglik sal maak. Om te treur bring begrip en genesing.

Die Evangelie is nie ‘n verdowing vir mense nie. Dit is om die werklikheid te besef, daaroor te treur en dit na Jesus Christus te neem. AMEN

(Ds. Paul Odendaal is leraar van die NG Kerk Adelaide.)

Jou liggaam is ‘n tempel van die Heilige Gees. (1 Kor 6: 12 – 20)

JOU LIGGAAM IS ‘N TEMPEL VAN DIE HEILIGE GEES

In die Grieks Romeinse wêreld van die Nuwe Testament, was daar ‘n duidelike dualisme tussen siel en liggaam. Siel en liggaam het teenoor mekaar gestaan. Die siel was goed en die liggaam sleg.

liggaam-700x325Die Griekse filosofe het geglo dat die liggaam die tronk is, wat die siel gevange hou. As jy sou siek word, was dit ‘n goeie teken dat die siel probeer om uit die tronk te ontsnap. Met jou dood het die siel dan die liggaam as tronk verlaat. Die Griekse filosofie het ook gestalte gekry in die lewenswyse van destyds, asook ‘n invloed gehad hoe godsdiens beoefen is.

aphrodisias_templeofaphroditeDie Grieke het baie tempels van afgode gehad, waar onsedelikheid tot op die ergste vlak gevoer is. Hulle het ook openbare baddens gehad, wat hulle eie seksorgies gehad het. Die Nikolaïte was onder andere ook ‘n sektegroepering wat die vroeë kerk probeer infiltreer het. Ons lees in Openbaring van gemeentes wat te doende gehad het met die Nikolaïte. Hulle het afgodery en onsedelikheid aangehang. Hulle het onder andere geglo dat jy maar met jou liggaam kan sondig, want die liggaam is van mindere belang. Solank jou siel net aan die Here behoort is alles reg. Daarom was dit amper ‘n vorm van sinkritisme tussen die afgodsdiens van destyds en die Christelike geloof. (‘n Mens kry vandag ook in sekere swart Christelike kerke ‘n sinkritisme tussen die voorvadergeeste se aanbidding en die Christelike geloof.) In die Ou Testament was die leer van Bileam, ‘n soortgelyke afwyking, wat die liggaam as van mindere belang beskou het en dan onsedelikheid bedryf het.

Dan kom Paulus in 1 Kor 6: 12 – 20 en spreek hom glashelder uit en sê dat die liggaam nie van mindere belang is nie. Inteendeel hy beskou die liggaam as die tempel van die Heilige Gees, waarbinne die Gees lewe. In vers 15 sê Paulus dat ons liggame is deel van Christus. Daarom moet ons nie ons siel en liggaam as tweeledig sien nie, maar as geïntegreerd en ‘n eenheid. Daarom moet ek met siel en liggaam die Here liefhê en dien. Daarom mag ek nie met my liggaam onsedelik omgaan nie.

Hierdie boodskap van Paulus het radikaal gestaan teenoor die Grieks Romeinse kultuur van die Nuwe Testament en die leer van die Nikolaïte. Daarom lewer Paulus ‘n sterk betoog teen enige vorm van onsedelikheid en losbandigheid. Hy beskou seksuele losbandigheid selfs in ‘n kategorie van sy eie, deur in vers 18 te verklaar dat ander sonde buite die liggaam plaasvind, maar dat onsedelikheid direk met jou eie liggaam te doen het.

huwelik-713x509In die daarop volgende hoofstuk 7, lê Paulus baie klem op die huwelik, as die veilige ruimte van seksualiteit as ‘n Godgegewe wonderskone gawe wat die mens kan geniet. Daarom moet die huwelik aangemoedig en bevorder word, as God se wil vir ‘n man en vrou wat op mekaar verlief geraak het.

worshipseries_money-sex-power_rcc-1024x614Richard Foster skryf in sy boek “Sex, money and power”, dat die drie grootste afgode van die moderne tyd inderdaad, seks, geld en mag is. Dit is die drie goed wat die koerantwese aan die gang hou. Elke dag lees ons in die koerante van mense wat geval het voor die afgode van seks, geld en mag. Mense strewe daarna ten alle koste. Natuurlik is die goed nie nuwe goed nie. Van die vroegste tye af, was dit die drie vernaamste strikke wat die duiwel vir die mens gestel het. Mense ontwikkel ‘n oordrewe obsessie met seks, geld en mag. Die meeste problematiek in die wêreld gaan oor die drie dinge.

Ons wêreld is seksbehep. Daar is soveel pornografie, seksuele teistering, molestering van kinders, verkragting, prostitusie, mensehandel, ontrouheid, owerspel, vuil seksuele grappe, die uitbuiting van die vroue liggaam in advertensies en noem maar verder op. In die moderne tegnologie van rekenaars en selfone het mense vrye toegang om hulle seksuele luste te bevredig. Owerspel oor die selfoon is vandag algemeen. Die digitale era het alles net vererger. Dit het ‘n erge siekte geword wat soos kanker groei in die samelewing. Mense maak hulle liggame goedkoop.

Jy moet so oop en eerlik en rein lewe, dat jou selfoon maar kan rondlê, sonder om te vrees dat jy uitgevang sal word. Wanneer ‘n mens jou selfoon begin wegsteek vir jou lewensmaat, dan flikker rooi ligte.

Kaggel-Hout-Firewood-20150829231357Gesonde seks in die huwelik is soos ‘n vuur wat gesellig in die kaggel brand of ‘n koolstoof wat heerlik kosmaak. Dit is ‘n bron van samesyn en intimiteit wat geborgenheid verseker. Maar onsedelike seks is soos ‘n ‘n kooltjie vuur wat uit die vuurherd val en die hele huis afbrand. Dit vernietig mense en dit vernietig alle geluk. Dit maak die wêreld boos en lei tot die vernietiging van moraliteit en die vernieting van mense se lewe.

Geskiedkundiges beweer dat die val van die eens magtige Grieks Romeinse Ryk, het direk te doen met morele verval, omdat hulle die liggaam nie respekteer het nie, maar ‘n voorwerp van menslike lus gemaak het.

In vers 19 en 20 staan daar dat die Heilige Gees in ons woon. God het ons gekoop en die prys is betaal. Ons liggaam behoort aan die Here.

ReinheidDaarom moet ons God in ons liggaam verheerlik. Ons liggaam is ‘n tempel of kerk. Daarom moet ons kuis lewe. ‘n Ander woord vir “kuis” is om rein te wees. My liggaam is duur gekoop deur Jesus se bloed en daarom kan ek dit nie goedkoop by enige pandjieswinkel verpand nie.

Alle mense het seksuele begeertes. Ons is so geskape. Daarom sê Paulus moet ons trou, sodat ons nie sondig nie. My oupa het altyd ‘n groot groentetuin gehad. Hy het ‘n dam met ‘n windpomp gehad. Dan het hy leivore gehad wat die water gelei het na die groente. Die water het nie onbeheers gevloei nie. Nee, dit is met groot dissipline in die leivore gelei om akker vir akker nat te maak. So moet ons liggaamlike begeerte ook gelei word om in die leivoor (in die wil van God) te vloei. Die akker wat natgemaak word is die huwelikslewe tussen een man en een vrou wat trou aan mekaar beloof het.

Wanneer ons ‘n kerk of katedraal binnegaan, voel ons die gewydheid en heiligheid van die gebou aan. Die gebou is tot eer van God. So is ons liggame ook toegewy en heilig en slegs bedoel vir die heiligheid van die huwelik. AMEN

(Ds. Paul Odendaal is leraar van die NG Kerk Adelaide.)

Die minderheid, is dikwels die sterkste. (Num 13) – Geloftefeesdiens

DIE MINDERHEID IS DIKWELS DIE STERKSTE (Geloftefeesdiens)

Negatiwiteit verkoop. Mense slurp negatiwiteit op, daarom verkoop koerante so goed. Dikwels by braaivleisvure kan mense net oor negatiewe goed gesels. Ons hele land is in ‘n greep van negatiwiteit. Daar is die staatskaping, die Zuma -sage, die Guptas, korrupsie, plaasmoorde, politieke onrus, die Steinhoff aandele wat geval het en nog baie ander negatiewe dinge wat ons gedagtes oorheers. Die gevaar is dat ons lewe beheers word deur negatiwiteit. Die meerderheid Suid- Afrikaners is negatief en die minderheid is positief. Dit werk altyd soos in die lewe.

In ons gelese gedeelte in Num 13: 26 – 33 lees ons hoedat Moses beveel het dat 12 verspieders, een uit elke stam, die land Kanaän moet verken. Hulle was soos verkenners of spioene wat moes terugkom en verslag doen van die positiewe en die negatiewe wat hulle in die land Kanaän gesien het.

003-moses-spiesNa 40 dae het hulle terug gekom en vertel, dat die land uiters vrugbaar is en het selfs van die vrugte van die land gewys. Dit was inderdaad ‘n land van melk en heuning. Maar het die meerderheid verspieders gesê, dat die land se inwoners baie groot en sterk is en dat hulle stede is versterk en groot. Hulle het ook die reuse gesien, wat nasate van Enak was. Die meerderheid verspieders het gesê, dit is onmoontlik om die land Kanaän in besit te neem. Hulle het gevoel soos sprinkane teen die reuse van daardie land en so was hulle ook in die oë van die Kanaäniete.

They picked up stones to stone Caleb and Joshua

Toe het Kaleb egter ‘n minderheidsverslag uitgebring en gesê dat die land wel verower kan word, deur die krag van die Here. Josua het ook vir Kaleb ondersteun, dat die land wel verower kan word, as die Here saam met hulle trek. Daar was dus ‘n meerderheidsverslag wat negatief was en ‘n minderheidsverslag wat positief was. Die hele volk het egter die negatiewe meerderheidsverslag geglo en het as’t ware in opstand gekom teen Moses en Aäron. Josua het egter gesê, dat die volk nie moet wegdraai van die Here nie. Die Here sal hulle help as hulle positief bly.

Slag van BloedrivierMet Bloedrivier, was die Voortrekkers ook in die verre minderheid en die Zoeloes in die meerderheid. Strategies gesproke het die Voortrekkers nie ‘n kans gehad nie. Tog het die Voortrekkers nie van God vergeet nie. Hulle het geweet met God se hulp, kan hulle ‘n oorwinning verseker. Op 16 Desember 1838 het die Voortrekkers onder leiding van Genl Andries Pretorius die Zoeloes beslissend verslaan. Daarom het hulle ook ‘n gelofte aan die Here afgelê, om as die Here hulle help, die 16 de Desember as ‘n Sondag deur te bring, wat ook vir hulle nageslag sal geld.

Die minderheid het die meerderheid gewen, omdat hulle aan die kant van God was. Net so moet ons as Christene, al is ons in die minderheid, glo dat ons ‘n verskil kan maak in hierdie land vol van negatiewe dinge. Ons moet nie verval in negatiwiteit nie, maar positief glo, dat ons deur die krag van God ‘n verskil kan maak.

Daarom het Josua ook gesê in Num 14: 8, dat die volk nie teen die Here in opstand moet kom nie.

racismDie fout wat ons dikwels maak is om God aan ons kant te wil hê. Ons gebruik God dus soos ‘n pion wat ons rondskuif vir ons eie belange. In baie lande se volksliedere word God as pion gebruik. Dink byvoorbeeld aan die Engelse vokslied: “God save the queen”. Ons voorouers het dikwels gepraat van “Volk, vaderland en God.” Hitler het God ook gebruik in sy ideologie, om miljoene mense dood te maak.

Wanner twee lande oorlog maak soos in die Anglo Boere Oorlog, het die Engelse en die Boere albei gebid dat God tog aan hulle kant moet wees. Dan gebruik ‘n mens God.

Ons moet nie probeer God aan ons kant kry nie, maar eerder moet ons kies om aan God se kant te wees. Wanneer ons aan God se kant is, sal ons die regte etiese keuses maak en sal God vir ons help.

Daarom het Josua gesê, dat die volk aan God se kant moet wees en dan sal God vir hulle die oorwinning gee. En die Here het ook vir hulle die oorwinning oor die Kanaäniete gegee.

Die Here gebruik minderhede en swak mense om oorwinnings te behaal in Sy naam.

  • Die hakkelende Moses het sy volk uit Egipte gelei.

  • Die seun Dawid het vir Goliat verslaan.

  • Die Gideonsbende van 300 man het die oormag van Moabiete verslaan.

  • Paulus, met die doring in die vlees het God magtig gebruik.

Belangrik is egter dat jy aan God se kant moet wees! Moenie God gebruik om aan jou kant te wees en jou belange en agendas te dien nie. In voorspoedsteologie word God dikwels as ‘n pion gebruik om jouself te verryk en vir jou persoonlike voordeel te bring. Dit gaan eerder daaroor wat God vir jou beteken, as wat jy vir God beteken.

Daarom vier ons Geloftedag, nie oor die Voortrekkers die Zoeloes oorwin het nie, maar oor die feit dat God in nood gehelp het.

Cool-Cute-3D-HD-PhotosDaarom moet ons soos Kaleb en Josua, positief bly, ten spyte van moeilike omstandighede. Ons moet vertrou dat as ons aan God se kant is, God ons sal help met elke moeilikheid en moeilike omstandighede. Positiewe mense is altyd in die minderheid. Maar dit is juis hulle wat die verskil maak in die samelewing. Negatiewe mense word verlam deur die probleme, maar positiewe mense maak ‘n verskil.

Die Voortrekkers het ten spyte van bedreiging, positief gebly en God vertrou vir ‘n oorwinning. Netso moet ons God ook vertrou in ons moeilikhede en Hy sal help ook as die nood op die hoogste is.

candle-11Wees jy die vlam van ‘n positiewe geloof. Daar is nie genoeg duisternis om daardie vlammetjie se lig uit te doof nie.

Suid-Afrika kort positiewe mense. Wees jy deel van die minderheid wat op God vertrou vir uitkoms! Sy hulp is naby vir elkeen wat Hom soek.

(Ds. Paul Odendaal is leraar van die NG Kerk Adelaide) 

Lig vir die wêreld! (Joh 1: 1 – 14)

LIG VIR DIE WêRELD!

In die begin het God gesê: “Laat daar lig wees”. En daar was lig gewees. Adam en Eva het fisiese en geestelike lig gehad. God het elke aand in die aandwind aan hulle verskyn. Toe kom die sondeval en ‘n groot donkerte het oor die skepping neergedaal. Nie ‘n fisiese donkerte nie, maar ‘n geestelike en emosionele donkerte. In die Nuwe Testament met Kersfees het die Here as’t ware weer gesê: “Laat daar Lig wees”. Christus is gebore as die Lig vir die wêreld. Hy het gekom om die duisternis, die geestelike duisternis te verdryf.

north-pole-sun-moonJH Denison skryf dat naby die Noordpool die nag vir maande aanhou. Wanneer die mense verwag het dat die son moet opkom het hulle boodskappers na die hoogste punte gestuur om die dagbreek aan te kondig. Wanneer die son sy verskyning maak het hulle hard uitgeroep. “Aanskou die son!”. Die wekroep is dan oor die hele land voortgedra: “Aanskou die son”. Dan het almal nuwe klere aangetrek om aan te toon dat dit uiteindelik dag geword het. Met die Christusfees het die Son van geregtigheid ons duistere wêreld kom verlig. (In die woorde van JH Denison.)

Daarom is Joh 1: 1 – 14 die klassieke gedeelte wat Jesus in die Bybel voorhou as die Lig wat aan kom was na die donker wêreld. Christus as Lig skyn in hierdie donker wêreld. Sedert Christus se koms, het Sy lig, die lig van miljoene gelowiges geword wat in Hom glo. Christus verlig die lewens van elkeen wat met sy sonde, hartseer en gebrokenheid na Hom toe vlug. Met een kers, kan jy ‘n oneindige hoeveelheid ander kerse aansteek. So Het Christus die Ligbron van die wêreld geword.

candle-11Daarom gaan Kersfees oor kerse en lig. Dit beteken dat elkeen van ons ook ligdraers moet wees in hierdie donker wêreld. Ons kerslig moet aansteeklik wees vir ander wat nog in die duisternis lewe. Daarom het Jesus ook gesê, dat ‘n lig wat op ‘n berg is, kan nie weggesteek word nie. Maar ‘n lig onder ‘n maatemmer is nutteloos.

Die vraag kan gevra word, waarom is Jesus die Lig van die wêreld, maar daar is soveel donkerte in mense se lewens. Waarom is die wêreld nog in duisternis. Johan Cilliers beantwoord dit mooi met ‘n verduideliking: Die Koninkryk van God kan vergelyk word met ‘n toneel uit die Eerste Wêreldoorlog. Groot dele van Europa is deur vyandelike magte beset. Soldate was die strate vol en vrouens en kinders het vir die soldate gevlug. Toe kom die berig dat die hoofleërs van die vyand beslissend verslaan is by die Mamreveldslag. Dit was net ‘n kwessie van tyd dan sou die vyandelike magte moet terugtrek. Vier jaar later was die soldate steeds in die dorpies. Maar alles was nou anders. Dit was ‘n tyd van opruiming, ‘n kwessie van tyd. Mense kon weer met hoop lewe.

Met Christus se koms, was dit net so. Jesus se koms het alles verander, maar tog het almal nie verander nie, skryf Johan Cilliers. Die Herodusse is nog daar en die kindermoorde het nie opgehou nie. Soldate marsjeer steeds voort op die oorlogsfronte en mense steek mekaar nog steeds in die rug. Geweldsmisdade en menslike ellende duur voort. Maar die Kindjie wat gebore is, is reeds deur die heidene wat van ver gekom het, as Koning vereer. Dit is nou die tyd van opruiming van Satan se invloed en ‘n kwessie van tyd. Fil 2: 10 – 11 sê daar kom ‘n tyd wat elkeen wat in die hemel is en op die aarde is, die knie buig, en elke tong sal erken: Jesus Christus is Here.

Hoor wat sê Openbaring 21: 23 – 25: “Die stad het nie die son en die maan nodig om hom te verlig nie, want die heerlikheid van God het hom verlig, en die Lam is sy lamp. Die nasies sal in die stad se lig lewe, en die konings van die aarde verleen luister daaraan. Die poorte daarvan word gedurende die hele dag nooit toegesluit nie: daar sal nie meer nag wees nie”.

Daarom ontwikkel die lig-metafoor dwarsdeur die Bybel in drie fase.

In Gen 1: God het lig geskep (bedoelende die son)

In Joh 1: Christus Jesus is die Lig vir ‘n donker wêreld.

In Openb 21: 23 – 25: Daar sal geen son en geen donkerte meer wees nie, want Christus, is die Lam, wat die lamp is.

Daarom bedoel 1 Thes 5: 1 – 11: As die wekker lui, dan moet die ongelowige opstaan uit hulle sondeslaap van die nag. Hulle kan nie maar die wekker dooddruk en verder slaap nie. So kan ‘n mens jouself verslaap met die Wederkoms van die Here. Daarteen waarsku die Here vir die gemeente van Tessalonisense, dat hulle nie die Wederkoms mis, deur gevang te word in hulle sondeslaap van die nag nie.

Christus is die Lig van die wêreld en daarom moet ons ook mense van die lig, mense van die dag wees.

images (3)Wees in 2018 ook ‘n ligdraer, soos wat Christus die Lig vir die wêreld is. Onthou daar is nie genoeg duisternis om die lig wat een kers uitstraal te verdoof nie. Al brand jou kers vir Christus hoe beskeie. Jy maak ‘n verskil. Die duisternis kan dit nie uitdoof nie. AMEN

(Ds. Paul Odendaal is leraar van die NG Kerk Adelaide.)

Dagmense en nagmense …. (1 Thes 5: 1 – 11)

DAGMENSE EN NAGMENSE

Mense van die nag, is mense wat goddeloos en ver van God af leef. Hulle wil nie dat iemand hulle dade sien nie.

Roc Canals Photography Moment Getty ImagesDaarom lewe hulle in die donkerte. Hulle versteek as’t ware hulle verkeerde dade in die donkerte. Gelowiges, is egter mense van die lig. Hulle gee nie om as ander mense hulle sien nie, want hulle lewe reg en voorbeeldig.

Foto krediet: Roc Canals Photography Moment Getty Images

Hulle vrees niks nie. Daarom het hulle nie die donkerte nodig om hulle te beskerm nie. Daarom onderskei Paulus tussen dagmense en nagmense.

Daarom word dagmense beskryf as “coram Deo” mense. Hulle lewe voor die aangesig van God. Hulle lewe so deursigtig, dat jy konstant ‘n kamera op hulle kan hou. Hulle vrees nie ‘n kamara nie. Waarom vrees ons spoedkameras? Omdat ons bang is ons word gevang. Omdat ons die spoedgrens oortree, lewe ons in vrees vir spoedkameras. As ons binne die spoedgrens bestuur, vrees ons nie ‘n spoedkamera nie.

Daarom kan dagmense en nagmense ook onderskei word, as nagmense wat vrees om uitgevang te word of as dagmense, wat nie vrees om uitgevang te word nie. Kom ons maak ‘n toets? Nagmense, sal vrees vir ‘n poligraaftoets. Dagmense sal ‘n poligraaftoets verwelkom.

HSIP-5000-Kamera-schräg02

Dagmense kan 24 uur ‘n dag bereid wees om bespied te word deur ‘n kamera. Hulle vrees niks, want hulle lewe is reg. ‘n Nagmens, sal dit nie regkry om 24 uur per dag bespied te word deur ‘n kamera nie. Want hy of sy is bang hulle dade kom aan die lig.

Paulus beskryf nagmense, as mense wat aan die slaap is en daarom nie gereed is vir die koms van die Here is nie.

6a951ab8d9e197998758427384ae1566Tydens die Angolese Bosoorlog het die Suid Afrikaanse Lugmag gewoonlik gewag tot net voor dagbreek en dan met Mirage vegvliegtuie aanvalle op die terroriste vestings in Angola uitgevoer. Net voor dagbreek is mense op hul weerlooste. Hulle is nog vol slaap, nie aangetrek nie, kan nog nie helder dink nie en ver van hulle wapens.

Wanneer ek deur die nag bestuur gaan dit goed, maar telkens teen 04h00 die oggend oorval die slaap my en wil ek net insluimer. Tussen 04h00 tot 07h00 is ek ‘n gevaar op die pad. Dan moet ek aftrek van die pad. Dan is ek op my kwesbaarste op die pad.

at-night

Nagmense is nie gereed vir die koms van die Here nie. Hulle slaap nog in hulle sonde en het nog nie hulle sonde afgelê nie.

818kGmg0fFL._SY355_As die wekker lui, dat hulle moet opstaan uit hulle sondeslaap, druk hulle maar net die wekker dood en slaap verder. So kan ‘n mens jouself verslaap met die Wederkoms van die Here. Daarteen waarsku die Here vir die gemeente van Tessalonisense, dat hulle nie die Wederkoms mis, deur gevang te word in hulle sondeslaap nie.

Paulus skryf dat dagmense hulself onderskei in LIEFDE, GELOOF en HOOP.

26 Nov 2010 048In vers 8 sê Paulus dat dagmense die bosharnas van geloof en liefde aantrek. ‘n Borsharnas beskerm die belangrikste interne organe, soos die hart en longe. Gewoonlik is ‘n borsharnas van vel en bronsplaat gemaak. Die bronsplaat het spiese en swaarde afgeweer en die vel tussen die bronsplate het, het vuurpyle geblus. So moet ons ook ons toelê op liefde en geloof, dan sal ons die vurige pyle van versoekings afweer. Daarom moet ons altyd met liefde optree. Liefde moet die HALLMARK teken wees van ons Christenskap. Verder moet ons onsself ook toelê op geloof, deur altyd standvastig te lewe. Soos wat rotse in die see oor eeue standvastig bly staan deur die aanslae van die golwe en branders, moet ons ook standvastig staan in die geloof. Ons moet bly in die goeie leer van die Bybel en die apostels. Vers 8 praat ook van die hoop as ‘n helm. Die helm beskerm die brein. So moet ons in ons gedagtes altyd deur die positiewe hoop beheers word en nie slagoffers word van negatiewe gedagtes nie. Ons moet altyd met ‘n positiewe hoop lewe.

Paulus onderstreep ook dat ons in gereedheid moet leef, want die Wederkoms kom skielik en onverwags. Daar is nie ‘n kalenderdatum aan die Wederkoms gekoppel nie. Die Wederkoms sal so skielik en onverwags kom soos ‘n dief in die nag. Omdat die Wederkoms onverwags is, moet ons elke dag paraat wees in liefde, geloof en hoop. Soos in die ou dae, wat ‘n skoolinspekteur op ‘n onverwagse datum en tyd die skool binnestap om die skool te inspekteur, so is dit ook met die wederkoms. As die onderwysers en skoolhoof geweet het watter dag die inspekteur kom, het hulle net op daardie dag hulle beste voetjie voor gesit. Maar omdat die inspekteur se koms skielik en onverwags is, moes die onderwysers en skoolhoof elke dag die beste voetjie voor sit. Net so moet ons ook elke dag die beste lewe leef, asof dit ons laaste dag is. Ons moet elke dag liefde, geloof en hoop lewe. Dan sal ons nie aan die slaap gevang word nie. AMEN

(Ds. Paul Odendaal is leraar van die NG Kerk Adelaide)