Geseënd om te seën (Belydenisaflegging van Erich Johann Herbst)

’n Sekere mielieboer in die VSA het elke jaar die blou roset gewen op die streeksbyeenkoms vir die beste mielieboer in die streek.

Elke jaar was sy mielies se gehalte, opbrengs per hektaar en winsgrens die hoogste van almal in die streek. Sy groot geheim was die mieliesaad wat hy aangeplant het. Hy het elke jaar die beste saad aangekoop wat hy kon kry. Daarvoor het hy die wêreld platgereis om die hoogste kwaliteit saad wat hy kon kry, te kan bekom. Dit was ook bekend dat hy baie vrygewig die saad uitgedeel het aan sy bure. Op ’n dag vra ’n joernalis van ’n plaaslike koerant vir hom hoekom hy sy goeie saad, wat hy met soveel sorg bekom het, ook uitdeel aan sy bure. Sê nou maar sy bure wen volgende jaar die kompetisie  met dié saad wat hy so vrygewig uitgedeel het? Sy antwoord was kort. Mielies word windbestuif. As my bure swak saad het en die wind waai van hul lande na myne sal ek ’n swak oes kry. As my bure goeie saad het, sal die wind verseker dat ek ’n goeie oes verkry. Dit is in my belang dat ek ook my bure moet seën, sodat ek geseën kan word.

Hoe nodig het ons nie so ’n verhaal in vandag se wêreld nie. Die groot gevaar van kapitalisme is dat elkeen net vir homself sorg en net sy eie belange wil bevorder. Ons ontken dat ons ’n ekonomiese verantwoordelikheid het teenoor mekaar. Wanneer werkloosheid bo ’n sekere persentasie styg, het die geskiedenis ons geleer dat ’n land ryp word vir ’n rewolusie of erge opstande en stakings. Anton Rupert het in sy boek “Pleitroep om hoop” geskryf dat elke ekonomiese instelling verantwoordelik is om ’n deel van sy welvaart terug te ploeg in die gemeenskap waaruit hy sy winste en voorspoed gegenereer het. Ons almal, die indiwidu en die besigheid, het ’n verantwoordelikheid om sy/haar gemeenskap te dien.

Dit beteken dat mense vir ander voorspoed moet gun en nie jaloers moet wees op ander se suksesse nie. Ons moet as’t ware meewerk in mekaar se voorspoed. Dit beteken “selfdood”, die dood van die mens se eie “ego”. Eers in my selfdood van my ego, kan ek tot seën wees vir ander. In Jesus Christus se “vrywillige letterlike dood” het hy geword die seën vir die hele wêreld.

Wanneer ek elke dag die vraag lewe: “Waar kan ek tot seën wees vir ander en vir my gemeenskap?” word my lewe sinvol en gevul met betekenis. Soos die Here Jesus ons self geleer het: “Om te gee, maak ’n mens gelukkiger as om te ontvang.”

Erich, jy lê vandag ook belydenis van die geloof van die kerk af. Dit is nie jou geloof nie, dit is die geloof van die kerk. Maar God het aan jou hierdie geloof geskenk wat jy vanoggend ook gaan bely. ’n Belydenis in woorde moet ook oorgaan in ’n belydenis van lewe. Jy moet deur jou hele leeftyd onthou dat God jou seën, sodat jy tot seën kan wees vir ander. Jy moet tot seën wees vir jou ouers, jou familie, jou huwelik eendag en ook vir jou kinders eendag, en die kollegas met wie jy gaan saamwerk. Jy moet ook tot seën wees vir die gemeentes waarvan jy eendag lidmaat gaan wees. Nou moet jy vir Fort Beaufort-gemeente tot seën wees. Jy belowe dit immers vanoggend voor die hele gemeente. Jy moet tot seën wees vir alle mense wat oor jou pad kom. Daarom sê die Here moet ons ons naaste liefhê. Jou naaste is altyd die persoon wat op die tydstip fisies of geestelik die naaste aan jou is en jou nodig het. 

Wanneer ek “ander oplig in die lewe”, word ek self emosioneel opgelig tot ’n hoër vlak van mensbewussyn. Hoe meer ek “myself” najaag, hoe meer dierlik word ek. Hoe meer ek die seën van ander najaag, hoe meer menslik word ek.  Is ek dier of mens? Die mens het beeld van God geword met Sy skeppingsopdrag dat die mens tot seën van God se skepping moet wees. Eers as ek “tot seën” word van ander, word ek meer mens.

Transformasie van die samelewing se diepste sukses word gemeet of dit “seën” bring. Hoe meer mense “geseën” word, hoe groter is die transformasie. Dit het verreikende politieke, ekonomiese, maatskaplike en sosiologiese implikasies vir die samelewing.

Soos saad in die grond val en sterf, en opkom as ’n nuwe plant met nuwe lewensmoontlikhede om “baie” te word, moet die mens in homself sterf (ontkiem) om tot seën te word vir baie ander. Dit is ons lewensroeping.

Wanneer jy tot seën vir ander mense is, lewe jy uitwaarts en is gelukkig. Maar as jy slegs “inwaarts” lewe word jy ongelukkig en jou lewensvreugde verdwyn. Dan begin jy jou te bekommer oor jouself en nie oor die regte dinge in die lewe nie. 

Bekommernis kan lewensgevaarlik wees. Soos die ware verhaal wat ek eenmaal gelees het van ’n sekere vrou. Die vrou was dodelik siek en het elke week na die dokter toe gegaan.

Elke dag moes sy duur medisyne gebruik. Haar probleem was dat sy met haarself geworstel het. Sy was angstig en bekommerd oor wat van haar en haar gesin gaan word. Hoe meer sy geworstel het met haarself en haar probleme, hoe sieker het sy geword. Een koue wintersaand toe sy op pad is na die kafee om brood te koop, sien sy koerantverkopertjies besig om koerante te verkoop. Sonder truie en sonder skoene het hulle op en af gespring om warm te kry. Sy het hulle baie jammer gekry en dadelik sop en toebroodjies gemaak en vir hulle geneem. Die aand het sy rustig gaan slaap, want vir een aand kon sy van haarself vergeet. Die volgende oggend het sy truie vir hulle begin brei. Teen die einde van daardie week was sy ’n geestesgesonde mens, want sy het geleer om van haarself te vergeet. Sy het begin lewe vir ’n saak wat groter as syself is. Toe sy vir haarself en vir haar eie klein wêreldjie geleef het, het alles vir haar te veel geword. Toe sy begin leef het vir ander en vir God se Koninkryk, het sy begin moed kry.

Daarom sê Mattheus 6: 25 – 34: SOEK GOD SE KONINKRYK EN NIE JOU EIE NIE.

Verse 25 – 32 handel oor die mens se bekommernis oor sy mees basiese behoeftes. Om te mag eet, drink en aan te trek is lewensnoodsaaklik vir die mens. Die gevaar is egter wanneer ek begin leef net vir my eie behoeftes. Wanneer ek ’n slaaf word wat net leef en werk vir myself en bekommerd is oor mý behoeftes, dan is my prioriteite verkeerd. Dan is ek besig met my eie klein koninkryk. Wanneer my motor, beeste,  my geluk, my kinders of my huis vir my belangriker as God word,  is daar iets groots verkeerd. Wanneer ek my dankoffer swaar begin gee; wanneer my posisie in die gemeenskap belangriker is as God se eer; wanneer my goeie naam vir my meer kosbaar is as God se Naam; wanneer ek meer tuis is in my eie huis as in God se huis, is daar iets groots verkeerd. Wie so besig is om aan sy eie “empire”, sy eie koninkryk, te werk, is met sy eie godsdiens besig. So ’n gesindheid bring geen vrede nie, net bekommernisse.

Vers 33 wil vir ons leer dat wanneer ons die Onse Vader bid: “Lord, let your Kingdom come,” moet ons terselfdertyd bid: “Lord, let my kingdom go.” “Laat u Koninkryk kom en laat my koninkryk in duie stort.” Wat bedoel ons as ons bid: “Laat u Koninkryk kom” of as Jesus sê: “Beywer julle allereers vir die Koninkryk van God”? Ons bedoel daarmee: Here, laat u grondgebied wen in my lewe. Dit beteken hoe langer, hoe meer onder die heerskappy van God. Elke sentimeter van my lewe, my huwelik, my besittings, en my werk moet onder die heerskappy van God geplaas word. Wanneer ons bid: “Laat u Koninkryk kom”, bid ons om die ondergang, om die neerlaag van ons eie koninkryke.

Vers 33 sê dat ons ook die wil van God moet najaag. Wie ’n einde maak aan sy eie koninkryk, maak daarmee ook ’n einde aan sy eie wil. Voortaan jaag hy eerder God se wil na. Hy stel God aan as die Pottebakker van sy lewe. Hy is nie meer die pottebakker van sy eie lewe nie.

Ek sluit af: Verlang u na vrede in u hart? Bekommer julle oor die Koninkryk van God en oor hoe sy Koninkryk grondgebied mag wen in julle lewe en in die wêreld. Moenie oor julleself bekommerd wees nie. Dit is immers God se wil om oor julle bekommerd te wees. Al waaroor ’n mens bekommerd moet wees, is of ek ’n seën is vir God en my naaste.

Leef ’n lewe van betekenis. Dit is die hoogste sin van die lewe.

Erich, wees tot seën van alle mense wat oor jou pad kom. Wees goed vir mense. Wees betrokke by mense. Wees betrokke in die kerk van die Here Jesus Christus.

Here, laat u Koninkryk kom! Kom, Here Jesus. Kom wen grondgebied in ons harte! Kom wen grondgebied in die wêreld. Kom eis op wat alreeds aan u behoort.

(Ds. Paul Odendaal is leraar van die NG Kerke Adelaide en Fort Beaufort) 

Grafted on the rootstock and the shoots (children) grow, especially around the family table

SCRIPTURE READING: Rom 11: 16 – 24 and Proverbs 9:1 – 2

This morning Owen Barend van der Mescht is grafted onto Christ the rootstock.

He becomes part of Christ and all His benefits. It is not the child being baptized who makes the choice, so that one should become haughty about it. It is God who, out of free initiative, chooses Owen to become part of His salvation plan. It is not the branch or the shoot that bears the rootstock. It is the rootstock that bears the shoot.

But this inoculated child receiving baptism must live by the goodness of God. As great effort is made with the vaccination process, the parents must take their baptismal vow very seriously. It is a promise before God. I must lead my child to respond in faith to all the promises and commitments of the baptismal covenant.

John Calvin said that the two main elements of religious education should be love and strictness. Love breeds safety and strictness breeds security. With safety and security, a child has everything to enter a successful adult life one day. A young tree must also be constantly pruned to take shape.

If a Karree tree is left untended, it becomes a bush. When a Karree tree is constantly pruned, it becomes a beautiful tree under which you can sit and under which children can play. That is why the Lord also prunes us every day of our lives to become men of God and women of God. That is why a parent must also be prepared to ply the pruning shears, so that one day their children become well-developed young people. That is why disciplining your child is very important, especially in the Book of Proverbs in the Bible.

Psalm 1 speaks of a fruit tree planted by streams of water. The water currents make the fruit tree grow luxuriantly and the tree produces fruit in its time. In the same manner we must raise our children by the streams of water. They must be raised in the church. They must be brought up with Bible stories from the Children’s Bible. They must be brought up with catechesis. The parents must make an effort with their confirmation as members of the Church. They must grow up at Christian camps. You must raise your children in the gates of the Lord’s house. If they see that church attendance is important to their parents, they too will one day be diligent churchgoers and exemplary Christians. If they are raised like saplings by the streams, they too will bear fruit. The pastor Timotheus, for example, received his faith from his grandmother Loïs and his mother Eunice. Therefore, the purpose of baptism is that there should be a transfer of faith. So that the young children are incorporated into the community of faith.

It only takes one generation to raise a pagan. Raise your child without the Lord and you raise a heathen.

 Sometimes the storms of life will blow over your tree of life. But if your rootstock is Christ, there will always be a new shoot. You will receive new strength from the Lord every morning. As a rootstock is anchored in the ground, so you must be anchored in Christ Jesus, then you will be able to face the storms of life.

The grafting of your family into Christ the rootstock determines your family’s future.

What is the most important room in a house? What is the most important piece of furniture in the house? Surely the kitchen or dining room is the most important room in the house. The most important piece of furniture in the house is the kitchen table or the dining room table. Of course, I prefer the kitchen table. My first most precious childhood memories were when we had our meals together around a yellow kitchen table every night. I also remember how we used to spend time together at my grandfather and grandmother’s home in Strydenburg, around Grandmother’s kitchen table with the deliciously warm Aga stove nearby. It is burned into my memory.

Gathering around a kitchen table bring married couples, families and larger families together. It creates togetherness and warmth. Relationships grow around the kitchen table.

In early biblical times, people usually had only two meals. There was a brunch roughly between 10h00 and 11h00. People ate to gain strength for the day’s work. At the end of the day, the workers went home and had a feast every night. Then they chatted, ate, told stories, danced and drank wine. It was the highlight of every day. It is written in Psalms 23: 5(a), “You set a table for me”.

In Psalms 128:3 it says, “Your wife is like a fruitful vine in the inner rooms of your house. Your children are like olive trees around your table.”

Proverbs 9:1 – 2 reads, “Wisdom built her house, she carved out her seven pillars. She slaughtered her animals, mixed her wine, and also prepared her table.”

In the Passover tradition families ate the Passover meal together every Friday evening. The father of the house told his family each week why they celebrated the Passover. It was to celebrate their exodus from Egypt, the place of slavery.

In the New Testament the Passover was replaced with the Lord’s Supper, which is also a meal taken at a table. The Lord’s Supper binds the congregation in unity, to remember that Jesus Christ redeemed us from the slavery of sin.

The early church also regularly ate together every Sunday, the so-called common meal, to celebrate their inner connectedness to one another. This custom made the Christian church well-disposed in the community and their numbers increased.

You see, if the table tradition dies, then the quality of relationships dies.

The Bushmen’s “kitchen table” was to sit around the fire every night and tell stories, eat, mingle, tell legends and imitate animal sounds and movements. That is why the Bushman tradition has existed in Southern Africa for thousands of years. But unfortunately, the Bushmen people have westernized. They got televisions, they got cell phones and they got ovens. They no longer get together at Smits drift like their ancestors. The Bushman culture is dying out, because their fires (their kitchen table) no longer exist.

Before 1976, marriages and families were much healthier because there was no television or mobile phones or internet and technology. People were still spending time together talking around the kitchen table.

With the advent of television, people ate on trays in front of the television. With the advent of mobile phones, people are busier around the dinner table sending text messages than talking to each other. So, the kitchen table is neglected.

 Time around the kitchen table is sacred time. Those 45 minutes for dinner are sacred. The television program can either wait or be recorded. The mobile phone can easily be switched to silent mode. In those 45 minutes we give each other 100% of our attention. It makes marriages survive; it gives security to children. It creates quality time in relationships. These times become precious memories. Food is not made to be eaten alone. Food should be consumed in company and togetherness.

Prof Anna Fishel of the Harvard Medical School writes in “The Washington Post” as follows, “Kids who eat dinner with their parents experience less stress and have a better relationship with them. This daily mealtime connection is like a seat belt for traveling the potholed road of childhood and adolescence and all its possible risky behaviours.” She also explains that a lot of children’s misbehaviour is due to the fact that there was no kitchen table culture.

Children in particular are brought up around the dinner table. It’s not just about the food, but about the togetherness and relationships that are deepened and strengthened. Grafted on the rootstock and the shoots (children) grow, especially around the family table.

(Rev. Paul Odendaal is pastor of the NG Churches Adelaide and Fort Beaufort.)

Ingeënt op die wortelstok en die lote (kinders) groei, veral rondom die gesinstafel

SKRIFLESING: Rom 11: 16 – 24 en Spreuke 9:1 – 2

Vanoggend word Owen Barend van der Mescht ingeënt in Christus die wortelstok.

Hy kry deel aan Christus en al Sy weldade. Dit is nie die dopeling wat die keuse maak, sodat die mens daarom hoogmoedig moet raak nie. Dit is God wat uit vrye inisiatief vir Owen kies om deel van Sy verlossing te word. Dit is nie die dopeling of die loot wat die wortelstok dra nie. Dit is die wortelstok wat die loot dra.

Maar hierdie ingeënte dopeling moet leef uit die goedheid van God. Soos wat daar groot moeite gedoen word met die inentingsproses, moet die doopouers groot erns maak met hulle doopbelofte. Dit is ’n belofte voor God. Ek moet my kind lei om in geloof te antwoord op al die verbintenisse en beloftes van die doopverbond.  

Johannes Calvyn het gesê dat die twee vernaamste elemente van geloofsopvoeding liefde en strengheid  moet wees. Liefde kweek geborgenheid en strengheid kweek sekuriteit. Met geborgenheid en sekuriteit het ’n kind alles om eendag ’n suksesvolle grootmenslewe te betree. ’n Jong boompie moet ook konstant gesnoei word om vorm aan te neem.

As ’n Kareeboom gelos word, word dit ’n bos. Wanneer ’n Kareeboom gedurig gesnoei word, word dit ’n pragtige boom waaronder jy kan sit en waaronder kinders kan speel. Daarom snoei die Here ons ook elke dag van ons lewe om Godsmanne en Godsvroue te word. Daarom moet ’n ouer ook bereid wees om die snoeiskêr in te lê, sodat hulle kinders eendag goedgevormde jongmense word. Daarom is om jou kind te tug baie belangrik, veral volgens die Spreukeboek in die Bybel. 

Psalm 1 praat van ’n vrugteboom wat by waterstrome geplant is. Die waterstrome laat die vrugteboom welig groei en die boom lewer vrugte op sy tyd. So moet ons ook ons kinders by die waterstrome grootmaak. Hulle moet in die kerk grootgemaak word. Hulle moet met Bybelverhale uit die Kinderbybel grootgemaak word. Hulle moet met kategese grootgemaak word. Die ouers moet moeite maak met hulle belydenisaflegging. Hulle moet op Christelike kampe groot word. Jy moet jou kinders grootmaak in die poorte van die Here se huis. As hulle sien dat kerkbywoning vir hulle ouers belangrik is, gaan hulle ook eendag ywerige kerkgangers en voorbeeldige Christene wees. As hulle soos jong boompies by die waterstrome grootgemaak word, sal ook hulle vrugte dra. Die leraar Timotheus byvoorbeeld,  het sy geloof ontvang van sy ouma Loïs en sy ma Eunice. Daarom is die doel van die doop dat daar oordrag van geloof moet plaasvind. Dat die jong kindertjies ingelyf word in die geloofsgemeenskap.

Dit kos net een geslag om ’n heiden groot te maak. Maak jou kind sonder die Here groot en jy kweek ’n heiden.

Somtyds sal die storms van jou lewe jou lewensboompie omwaai. Maar as jou wortelstok Christus is, sal daar altyd weer ’n nuwe loot uitloop. Jy sal elke oggend weer nuwe krag van die Here ontvang. Soos ’n wortelstok geanker is in die grond, so moet jy geanker wees in Christus Jesus, dan sal jy die storms van die lewe kan trotseer.  

Die inenting van jou gesin in Christus die wortelstok, bepaal jou gesin se toekoms.                               

Wat is die belangrikste vertrek van ’n huis? Wat is die belangrikste meubelstuk in die huis? Verseker is die kombuis of eetkamer die belangrikste vertrek in die huis. Die belangrikste meubelstuk in die huis is die kombuistafel of die eetkamertafel. Ek verkies natuurlik die kombuistafel. My eerste kosbaarste kinderherinneringe was toe ons elke aand saamgeëet het rondom ’n geel kombuistafel. By my oupa en ouma se huis op Strydenburg het ons altyd om Ouma se kombuistafel gekuier met die heerlike warm Aga-stoof naby. Dit is ingebrand in my geheue.

Saamkuier rondom ’n kombuistafel bring huwelikspare, gesinne en families bymekaar. Dit skep samesyn en warmte. Verhoudings groei rondom die kombuistafel.

In die vroeë Bybelse tyd het mense gewoonlik net twee etes gehad. Daar was ’n noenontbyt omtrent so tussen 10h00 en 11h00. Mense het geëet om krag te kry vir die dag se werk. Aan die einde van die dag het die werkers huis toe gegaan en elke aand feesmaal gehou. Dan het hulle gekuier, geëet, stories vertel, gedans en wyn gedrink. Dit was die hoogtepunt van elke dag. Ps 23: 5(a) sê: “U dek vir my ’n tafel”. 

In Ps 128: 3 staan daar geskryf:  “Jou vrou is soos ’n vrugbare  wingerdstok in die binnekamers   van jou huis.   Jou kinders is soos olyfboompies   om jou tafel.”

In Spreuke 9:1 – 2 lees ons: “Wysheid het haar huis gebou,   sy het haar sewe pilare uitgekap.  Sy het haar slaggoed geslag,   haar wyn gemeng,   en ook haar tafel voorberei.”

In die Pasga-tradisie het gesinne elke Vrydagaand die Pasga-maaltyd saamgeëet. Dan het die pa van die huis elke keer vertel hoekom hulle die Pasga vier. Hulle vier die uittog uit Egipte, die plek van slawerny. In die Nuwe Testament is die Pasga vervang met die Nagmaal, wat ook ’n ete aan ’n tafel is. Die Nagmaalstafel bind die gemeente tot ’n eenheid, om te gedenk dat Jesus Christus ons uit die slawerny van sonde verlos het.

Die vroeë kerk het ook gereeld elke Sondag die gemeenskaplike maaltyd saamgeëet om hulle innerlike verbondenheid aan mekaar te vier. Hierdie gebruik het die gemeenskap goedgesind gemaak teenoor die Christelike kerk en gevolglik het hulle getalle gestyg.

U sien, as die tafeltradisie sterf, dan sterf die kwaliteit van verhoudinge.

Die Boesmans se “kombuistafel” was om elke aand rondom die vuurtjie te sit en stories vertel,  eet, kuier, legendes oor te vertel en diere se geluide en bewegings na te maak. Daarom bestaan die Boesmantradisie al duisende jare in Suider-Afrika. Maar ongelukkig het die Boesmans verwester. Hulle het oonde,  televisies en selfone gekry. Hulle kuier nie meer op Smitsdrif bymekaar soos hulle voorouers nie. Die Boesmankultuur is besig om uit te sterf omdat hulle vuurtjies (hulle kombuistafel) nie meer bestaan nie.

Voor 1976 was huwelike en gesinne baie gesonder, want daar was nie televisie of selfone of internet en tegnologie  nie. Mense het nog gekuier rondom die kombuistafel. Met die aanvang van televisie het mense op skinkborde voor die televisie geëet. Met die begin van selfoontegnologie is mense meer besig om teksboodskappe te stuur om die etenstafel as om te gesels. So word die kombuistafel verwaarloos. 

Die tyd rondom die kombuistafel is heilige tyd. Daardie 45 minute vir aandete is heilig. Die televisieprogram  kan maar wag of opgeneem word. Die selfoon kan maar in stil modus geplaas word. In daardie 45 minute skenk ons 100% aandag aan mekaar. Dit laat huwelike oorleef, en dit gee sekuriteit aan kinders. Dit skep kwaliteittyd in verhoudings. Dit word kosbare herinneringe. Kos is nie gemaak om alleen geëet te word nie. Kos moet in samesyn en saamkuier genuttig word.

Prof Anna Fishel  van die Harvard Medical School skryf in The Washington Post as volg: “Kids who eat dinner with their parents experience less stress and have a better relationship with them. This daily mealtime connection is like a seat belt for traveling the potholed road of childhood and adolescence and all its possible risky behaviors.” Sy verduidelik dan ook dat baie wangedrag van kinders daaraan te wyte is dat daar nie ’n kombuistafel-kultuur was nie.

Kinders word in die besonder rondom die etenstafel grootgemaak. Dit gaan nie net oor die kos nie, maar oor die samesyn en verhoudinge wat verdiep en versterk word.

Ingeënt op die wortelstok en die lote (kinders)  groei, veral rondom die gesinstafel.

(Ds. Paul Odendaal is leraar van die NG Kerke Adelaide en Fort Beaufort.)

Tente maak plek vir ewige wonings – Cecil Rieck se troosdiens

SKRIFLESING: 2 Kor 5: 1 – 10

Ek hou daarvan om vir ’n kort vakansie in ’n tent te bly. Dit is heerlik. Maar net vir ’n kort tydjie. Dan verlang ek na ’n huis, met al sy geriewe.

Paulus was ’n tentmaker en het dus die beeld van die tentwoning baie goed verstaan. Hy het geweet dat ’n tent maar tydelike huisvesting verskaf. Die tent word mettertyd verbleik en dit skeur, die toue breek af en dan stort die tent ineen. Dit is slegs ’n tydelike woonplek. Dit kan nooit ’n permanente woonplek wees nie.

Toe die volk Israel deur die woestyn getrek het vir 40 jaar, was hulle woonplekke  tente. Dit was tydelik, aangesien hulle op trek was. Hulle het verlang daarna om die beloofde land binne te gaan en vir hulle permanente wonings te bou, van stene. Die volk het uitgesien na die gerief van ’n permanente woning.

Daarom was die tabernakel op die woestyntog ook ’n tent, wat vertel dat dit ’n tydelike maatreël was. Hulle het verlang daarna dat die tabernakel vervang sou word deur die tempel, wat Salomo uiteindelik gebou het.

’n Tent is simbool van iets tydeliks. So is ’n mens se liggaamlike lewe ook tydelik en kortstondig. Die Bybel sê ’n mens se lewensjare is 70 jaar. Alles daarna is genadejare. Cecil het nog sewe genadejare bygekry.

Maar die afgelope paar maande het ons gesien hoe Cecil se aardse tentwoning vinnig agteruit gegaan het. Sy liggaam en verstand het verswak en die tent het begin skeur. Cecil se tentwoning ineengestort en het hy ’n permanente woning gekry by sy hemelse Vader.

’n Tentwoning is ongerieflik. Dit is òf te koud òf te warm, die wind waai teen die flappe daarvan, die stof waai in en dit reën in. So is die aardse lewe ook vol aardse swaarkry en sorge. Die aardse lewe is nie altyd gerieflik en aangenaam nie. Die mens bring met sorge sy lewensdae deur.  

Dit kan ook gebeur dat ’n mens die aardse lewe in die tentwoning so geniet dat jy nie verlang na die hemelse woning nie. Die meeste mense wil hemel toe gaan, maar hulle wil nie sterwe nie.

Tog, in ons gelese gedeelte verlang Paulus na die hemelse permanente woning – want dit is verreweg die beste. In vers 5 staan daar dat die Here ons voorberei om afstand te doen van die aardse tentwoning en ons voorberei om die hemelse permanente woning te betree. Soos ’n mens ouer raak, lewe jy al “kleiner”. Jy maak jouself algaande los van die aardse dinge. Jy kan selfs by die punt kom dat jy verlang dat die Here jou moet kom haal om na jou ewige lewenswoning te gaan.

Psalm 23: 6 praat ook van die “ewige huis” waarheen ek op pad is. Die skape van Psalm 23, wat die gelowiges is, woon in die veld met al die ontberings van die oop vlaktes, koue, hitte, roofdiere, diewe en so meer. Maar hulle word aan die einde van die dag eregaste wat woon in die Huis van die Here tot in lengte van dae. In Psalm 23 transformeer die skape in weivelde na eregaste in die “huis van die Here tot in lengte van dae”. Veilig en beskut in die Here se permanente woning.

In Psalm 23: 5 staan daar ook:  “My beker loop oor.” In hierdie wêreld is ons beker altyd drie-kwart vol as dit goed gaan, of halfpad-vol as dit gemiddeld gaan en ’n kwart-vol of minder as dit sleg gaan. Elke dag vul die Here ons lewensbeker, met nuwe lewenskrag en versorging. Maar in die hiernamaals loop ons beker oor. Ons het van niks meer tekort nie. Cecil het nou van niks meer te kort nie. Alles wat hy nodig het, is nou in oormaat. Hy kort nie meer  gesondheid, finansies, versorging of sekuriteit nie. Alles wat hy verlang en aan behoefte het, het hy nou in oorvloed.

Die dood is soos ’n by sonder ’n angel. Die dood het klaar vir Jesus Christus gebyt, sy angel is nou uit.   “When death stung Jesus Christ, it stung itself to death” (Peter Joshua). Die dood (die by) kan ons nie verder steek nie. Soos die verhaal lui van die Amerikaanse gesin wat op ’n warm dag per motor in een van die Amerikaanse state gereis het. Hulle het koeldrank gedrink en dit het ’n by gelok om in die motor in te vlieg. Die dogtertjie in die motor was hoogs allergies vir ’n bysteek. Sy skree: “Pa, hier is ’n by in die kar!”  Toe die by teen die voorruit vasvlieg, gryp die pa die by. Die by steek hom, maar kom los. Die dogtertjie skree weer: “Pa, die by kom weer vir my!” Die pa antwoord sy dogtertjie: “Toemaar, my kind, die by het my klaar gesteek. Sy angel sit nou in my hand. Die by het nie meer ’n angel om jou te steek nie.”

So het die dood nie meer ’n houvas op my nie. Cecil Rieck het nie die ewige dood gesterf nie. Hy is veilig by die Here.

Die skielike en vinnige aftakeling van sy liggaamlike en verstandelike gesondheid was vir  almal ’n groot skok. Daarom is ons verlig dat hy verdere lyding en agteruitgang gespaar is, deur sy dood. Ons is verheug dat hy verlos is en by die Here is, in ’n volmaakte geestelike liggaam. Dit is ons troos en berusting.

Thomas Brooks skryf dat die dood eintlik God se sagmoedige helper is. Dit word die Moses wat ons uit die lewe (die plek van slawerny) verlos en na die ware ewige lewe in Christus bring.

Cecil Rieck se tydelike tentwoning het plek gemaak vir die gerief van ’n permanente woning.

Ons vier sy lewe. Ons vier sy nagedagtenis. Mag hy altyd in ons gedagtes voortleef.

Amen

(Ds. Paul Odendaal is leraar van die NG Kerke Adelaide en Fort Beaufort)

Christus Jesus sluit alle mense in, wat ons afskyf

SKRIFLESING: Joh 4: 1 – 42

Niemand hou van ’n snob nie. Want ’n snob dink mos altyd hy is beter as ’n ander een. ’n Snob plaas homself altyd op ’n hoër trappie. Joodse snobisme het in die Bybelse tyd baie voorgekom. Hulle het hulself op ’n hoër trappie as ander volke geplaas. Ja, hulle was hoogmoedig teenoor die Samaritane en ander volkere. Hulle het na die uiterlike geoordeel.

Johannes 4: 1 – 42 bied verskillende perspektiewe. Ons gaan nou na een van hierdie perspektiewe kyk. Johannes 4: 1 – 42 wil vir ons sê: CHRISTUS JESUS SLUIT MENSE IN WAT ONS AFSKRYF.

In Joh 4 lees ons van Jesus wat op reis was. En dan vertel Joh 4 ons van ’n sekere gesprek wat Jesus met ’n sekere Samaritaanse vrou aangeknoop het daar in die land Samaria in die dorpie Sigar. Sien die volgende in u geestesoog. Dit was 12h00 in die middag. Jesus is moeg en wag by die put vir sy dissipels wat op pad dorp toe is om kos te koop. Die vrou moes in die middag na die put toe gaan, want sy was een van die onwelvoeglike vroue van Sigar. Die gerespekteerde vroue het in die oggend vroeg put toe gegaan, terwyl dit nog koel is, maar sy moes haar beurt laaste afwag. Dan lees ons van ’n soekende Jesus daar by die put, wat dateer uit Jakob se tyd, wat ’n gesprek met die vrou aanknoop. Voorwaar ’n vreemde gesprek. Jesus het hom nou nie juis hier in ordentlike geselskap bevind nie.

Jesus, die ordentlike Jood, is in gesprek met die mees onordentlike heiden. Ons wil eintlik uitroep: “Here, skaam u u nie om met hierdie vrou te praat nie?” Want daar was vier dinge wat teen haar getel het daar by die put.

(Put van Jakob)

  1. Haar geslag
  2. Haar afkoms
  3. Haar sondige verlede
  4. Haar godsdienstige oortuiging

Eerstens was sy ’n vrou. In daardie tyd was dit onbetaamlik vir ’n man om in die openbaar met ’n vrou te gesels. ’n Vrou was haar man se besitting en sy moes gesien en nie gehoor word nie. Dit het ’n man se eer aangetas as hy in die openbaar met ’n vrou sou gesels. Maar Jesus praat met haar in die openbaar. Jesus sien ’n onbenullige vrou raak wat geen regte in die destydse samelewing gehad het nie. Jesus soek haar op.

Tweedens lees ons dat die vrou ’n Samaritaan was. Haar afkoms was dus ook teen haar. Die Jode het van die Samaritane as “honde” gepraat. En hier praat Jesus die Jood met hierdie hond van ’n Samaritaanse vrou. In plaas van hierdie hond weg te jaag, praat hy met haar oor die dinge van die ewige lewe.

Derdens lees ons dat Jesus ook verby haar agtergrond en sondige verlede kyk. Want hierdie vrou was nou nie juis ’n goeie vrou nie. Die huwelikswet van daardie tyd het bepaal dat ’n vrou slegs drie keer mag trou. Daarna is dit vir haar onbetaamlik. Hierdie vrou het egter al vyf mans gehad en ons lees in vers 18 dat sy sommer saamwoon met die sesde man, sonder om getroud te wees. Voorwaar ’n lekker skinderstorie, want sondig was hierdie vrou beslis! Maar Jesus praat met hierdie vrou met haar swak sedelike lewe.

Vierdens was hierdie vrou van ’n ander godsdienstige oortuiging as die Jode. Die Samaritane het op die berg aanbid en die Jode het in die tempel in Jerusalem aanbid. Daar was dus ’n duidelike godsdienstige verskil in aanbidding tussen die Jode en die Samaritane. Desnieteenstaande die verskil van godsdienstige oortuigings, praat die Here met haar oor die ewige geestelike water.

U sien dus dat Jesus verby haar geslag, haar afkoms, haar sondige verlede en haar geestelike oortuigings gekyk het en háár raakgesien het. Ja, die stukkende vrou, die klein mensie by die put, het Hy raakgesien.

Met alle respek: Jesus Christus is geen snob nie! Sy optrede het juis die godsdienstige snobisme van die Jode kontrasteer. Iemand is vir ons aanvaarbaar as die persoon aan al die vereistes voldoen wat ons soek. Geslag, afkoms, ’n goeie verlede of geestelike oortuigings speel ’n rol vir ons. Die Evangelie trek egter ’n streep deur alle snobisme. God sien hierdie Samaritaanse vrou raak, met al haar tekortkominge en betoon liefde aan haar. Net so kyk God verby my geslag, my afkoms, my sondes, my tekortkominge en geestelike oortuigings. God sien my raak soos ek is.

Johannes 4 vertel ons van ’n liefdevolle God wat bemoeienis met mense soos ek en jy maak. Weet dan vandag, al tel alles teen u – u tekortkominge, u agtergrond, u sonde, u verlede of u skandes – God is nooit teen u nie. Hy soek u by die wanhoopsput van u lewe. Jesus het Sy hande uitgesteek na die Samaritaanse vrou, die egbreeksters, tollenaars, siekes en melaatses en na sondaars.

Daarom moet die kerk van Jesus Christus ook bereid wees om haar hande uit te steek na prostitute, na die mense wat stink, na armes, na straatkinders en na sondaars. Ons mag nie bang wees om ons hande vuil te maak nie.

Ons moet leer om verby ’n persoon se geslag, afkoms, taal, kultuur, sondige verlede en geestelike oortuiging te kyk. Ons moet onsself nie blindstaar teen die vraag of iemand vir ons sosiaal aanvaarbaar is nie. ’n Christen mag geen ruimte laat in sy lewe vir godsdienstige snobisme nie.

Jesus Christus het die Lewende Water aangebied ongeag wie of wat die persoon is. Christus Jesus het Sy hande vuil gemaak met ons sonde en lewensnood. Snobisme is geen Christelike deug nie – dit kom van die duiwel. Daarom moet ons dit beveg in ons lewe.

Dan lees ons van die gesprek tussen Jesus en die Samaritaanse vrou. Hoe tipies mens.

Wanneer Jesus aan die vrou die lewende water van die ewige lewe aanbied, dan dink sy vanuit ’n gerieflikheidsoogpunt: A, dis die einde van die stappery put toe. Nooit sal sy weer hoef water te skep nie. Die Here belowe aan haar die hemel en sy is bekommerd oor die aarde. Die Here belowe aan haar die hemelse water en sy is bekommerd oor water vir haar huis en diere.

Toe sy uiteindelik besef dat Jesus met haar wil praat oor haar godsdiens, toe blyk dit dat sy haar godsdiens net beleef as ’n plek waar sy aanbid. In vers 20 lees ons dat haar godsdiens bestaan uit ’n berg waar aanbid word.

Sy sê dat die Samaritane ’n berg soek om te aanbid en die Jode soek Jerusalem om te aanbid. Vir baie van ons bestaan ons godsdiens ook uit ’n plek of geleentheid waar ons aanbid. Vir baie bestaan hulle godsdiens uit ’n kerkgebou, ’n erediens op ’n Sondag of ’n biduur.

Dit is egter blote vormgodsdiens. Jesus Christus wil hierdie vrou bevry van vormgodsdiens. Hy wys haar toe daarop dat ware, egte godsdiens nie in ’n plek gevind word nie, maar in ’n Persoon, naamlik Christus die Messias. Ware godsdiens is ’n persoonlike verhouding met die lewende Here! U sien dus: ware godsdiens bestaan nie uit ’n plek waar aanbid word nie, ook nie uit ’n klomp moets en moenies nie. Dit gaan om ’n Persoon, naamlik Christus, die Messias. Alleen Hy is die Lewende Water en alleen Hy kan my verlos en my ewige dors les.

Die wonderlike uitkoms van die verhaal is dat die vrou wat deur haar gemeenskap uitgestoot is, die dorp Sigar red toe sy ’n getuie word van haar ontmoeting met die lewende Christus. Sy wat uitgestoot is deur haar dorp, tree nou inklusief op en vertel haar dorp van die wonderlike ontmoeting met Jesus.

Ons mensdom tree uiters eksklusief op, terwyl Jesus ons leer om inklusief te dink en op te tree teenoor vreemdelinge en mense wat anders as ons is. Wie inklusief leef, is dan ook goeie missionale werkers in God se akkers. Wie inklusief optree, verstaan iets van die hart van God en van die liefde van Jesus Christus. AMEN

(Ds. Paul Odendaal is leraar van die NG Kerke Adelaide en Fort Beaufort.)

Olie en water meng nie

Skriflesing:  Daniël 1: 1 – 21

Wanneer ’n mens ’n paar druppels wit verf in ’n drom met rooi verf gooi, sal die enkele druppels geen verskil maak aan die rooi kleur van die verf nie. Die meerderheid sal die minderheid verswelg. So word dit ook in ons skrifgedeelte verwag. So was dit in die derde jaar van koning Jojakim van Juda dat Nebukadneser Jerusalem beleër het. Nie net het Nebukadneser tempelgereedskap van Jerusalem na Sinar geneem nie. Hy het dit geplaas in sy eie god se tempel se voorraadkamer.

Maar ons lees hy het ook Israelitiese jongmanne as slawe saam met hom na Babel toe geneem. Die koning het toe vir Aspenas, die hoofpaleisbeampte, beveel om vir hom die beste, gesondste en mees vooraanstaande Israelitiese jongmanne na die paleis te bring, sodat hulle opgelei kan word om in diens van die koning te staan.

  • Hulle moes drie jaar onderrig word in die Babilonieërs se gewoontes en gebruike.
  • Hulle moes die Galdeërs se skrif en taal ook aanleer.
  • Hulle moes elke dag die kos en die wyn van die koning eet.

Onder hierdie Judeërs was daar Daniël, Gananja, Misael en Asarja. Maar die hoofpaleisbeampte het hulle ander name gegee: Daniël het geword Beltsasar, Gananja het geword Sadrag, Misael het geword Mesag en Asarja het geword Abednego.

Daniël (Beltsasar) is vernoem na  Bel, die hoofgod van die Babilonieërs. Die ander drie jongmanne is vernoem na die Babiloniese gode van son, aarde en vuur. Al vier het dus heidense name gekry, dié van heidense gode. Die doel van Nebukadnesar was dat die vier jongmanne uiteindelik volbloed Babilonieërs sal word wat ook die Babiloniese gode sal aanbid. Dit is net te wagte dat die vier jongmanne, omdat hulle die minderheid is, later sal word soos die meerderheid. Hulle is bestem om volbloed Babiloneërs te word.

In Suid-Afrika is Godvresende Christene ook in die verre minderheid. Dit sien jy in die kerkbesoek van Christene van alle kerke in  ons land. Ek praat nie van naam-Christene, wie se name net in die boeke van die kerk opgeteken staan nie. Ek bedoel Godvresende Christene vir wie kerkbywoning en die nakom van God se wet nog belangrik is. Dikwels gebeur dit dat eens warm Christene later lou word en later koud en later yskoud.

Verwêreldliking geskied nie oornag nie. Die minderheid word nie oornag soos die meerderheid nie. Dit is ’n geleidelike proses.

As ’n padda onmiddellik in warm water gegooi word, sal die padda dadelik uitspring.

Maar as die water geleidelik opgewarm  word, sal die padda dit nie eens agterkom nie en homself doodbrand. Die wêreld spoel die kerk binne, in plaas daarvan dat die kerk die wêreld inspoel. Morele waardes van die wêreld  het heeltemal verkrummel. Christelike standaarde het getuimel. Humanisme het die kerk geïnfiltreer en gesaboteer.

Maar met Daniël en sy drie vriende was dit anders. Olie en water meng nie. So het Daniël en sy drie vriende nie geswig onder die druk om aan die meerderheid toe te gee nie. Daniël en sy drie vriende het hulle nie verontreinig deur die wyn en kos te eet wat aan afgode gewy was nie. Hulle sou net groente eet en water  drink. Na ’n proefneming van tien dae het hulle voorkoms beter gelyk as die res van die jongmanne. Na die tyd wat die koning bepaal het, is die jongmanne na die koning gebring. Die koning het niemand gevind soos Daniël, Gananja, Misael en Asarja nie. Hulle was beter as die towenaars en waarsêers. Hulle het toe in diens van die koning getree.

Maar onthou, hulle was in die wêreld van Nebukadnesar, maar nie van die wêreld van Nebukadnesar nie.  Hulle het nog die ware God van Israel aanbid. Sedrag, Mesag en Abednego het byvoorbeeld in Dan 3: 1 – 30 nie gebuig voor die 30-meter hoë afgodsbeeld in Duradal, wat ’n provinsie van Babel was nie.

Hulle is in ’n brandende vuuroond gegooi. Hulle het ongedeerd uit  die vuuroond gestap, met die reddende hand van die Here. Die Here het ’n engel gestuur om saam met hulle in die vuuroond te wees.

Onthou daarom, ons is in die wêreld, maar nie van hierdie wêreld nie. Daarom leef ons anders. Daarom staan ons uit. Dit beteken daarom dat ons ook dikwels bespotting en lyding sal moet verduur, ter wille van die Evangelie. Daarom lees ons het Daniël en al drie sy vriende ook erge lyding verduur, ter wille van hulle gehoorsaamheid en toewyding aan die Here.

Ons lees ook dat Daniël in koning Darius se tyd drie keer per dag tot God gebid het met sy aangesig na Jerusalem (Dan 6: 1 – 29). Die goewerneur-generaals en ministers het jaloers geword op Daniël en het iets gesoek om hom voor die koning aan te kla. Hulle kon dit net vind in sy godsdiens.

Verder was sy lewe en werk onberispelik. Toe hulle hom uitvang in sy godsdiens het hulle hom by die koning gaan aankla en dié het hom baie teensinnig in die leeukuil gegooi. Maar die Here het die bekke van die leeus gesluit en Daniël het die volgende môre nie eers ’n skrapie aan hom gehad nie.

Olie en water meng nie. Kerk en wêreld meng nie. Christendom en afgodery/ vreemde godsdienste meng nie.’n Afgewaterde Christen is geen Christen nie. ’n Afgewaterde geloof is geen geloof nie.

Wat dikwels gebeur in die swart kultuur is dat die meerderheid swart gelowiges vashou beide aan Christus en aan hulle voorouerverering. Dit noem ons in die teologie “sinkretisme”.   Dit is heeltemal verkeerd. Die Evangelie en voorouerverering kan nie saamloop nie. Jy moet ’n besliste keuse maak. Daarom moet ons vir ons swart medegelowiges bid, dat hulle net aan die Evangelie sal vashou. Olie en water meng nie.  

Daarom mag ons nie meng met hierdie wêreld nie. Ons as Christene is in die wêreld, maar nie van hierdie wêreld nie. Net so was Daniël en sy drie vriende in die heidense wêreld van koning Nebukadnesar, maar hulle het nie gemeng met die gewoontes en godsdienste van die Babiloniese ryk nie.

Olie en water meng nie!

(Ds. Paul Odendaal is leraar van die NG Kerke Adelaide en Fort Beaufort.) 

Lewensvervulling beteken om tyd sinvol te gebruik

SKRIFLESING: Job 9: 25 – 26 en Pred 3: 1 – 22

Veronderstel iemand sou u die keuse gee om tien of twintig jaar jonger te word, wat sou u keuse wees? Ek sal beslis nie kies om jonger te word nie. Want sien, tyd bring insig, lewensrypheid en wysheid. Om jonger te word, sou vir my beteken om agteruit te boer. Juis daarom moet ons ons nie daaroor verknies dat die tyd aanstap en ons ouer word nie.

Om ouer te word is nie vir my ’n probleem nie. Wat wel vir my ’n probleem is, is die spoed en tempo waarteen tyd verloop. Job beskryf die spoed waarteen sy lewensdae korter word in hoofstuk 9: verse 25 – 26 as volg: “My dae skiet vinniger as ’n naelloper verby sonder dat ek iets goeds beleef, hulle gaan vinnig by my verby soos papirusbote, soos ’n arend wat afskiet op sy prooi.” Toe my jongste seun Johannes nog baie klein was, sê hy eendag vir my: “Pappa, ek is nog klein, ek gaan nog lank leef. Wanneer ek groot is, is pappa al ’n oupa.” Toe ek jonk was, het ek ook so gedink, gedink die lewe lê lank en oneindig voor jou. Helaas moet ek ook soos Job en Prediker sê dat die tyd vinnig verby skiet. Juis daarom is Job en Prediker se raad dat ons spaarsamig met die tyd moet omgaan. Ons moenie tyd verkwis op nietighede nie. Eintlik kan ons ook nie op tyd spaar nie, ’n mens moet net jou tyd verantwoordelik bestuur en met die regte prioriteite lewe.

Chris Jones vertel van die oom wat een Saterdagoggend op ’n radio-onderhoud die volgende vertel. Toe hy 55 jaar oud was, het hy baie oor sy lewe nagedink. Hy het vir homself gesê dat die gemiddelde manspersoon ongeveer 75 jaar oud word. Sommige word ouer en ander sterf vroeër, maar kom ons werk op die gemiddelde. In so ’n geval het iemand 3900 Saterdae in sy lewe tot sy beskikking. Hy was reeds 55 jaar oud en dus het hy alreeds 2860 Saterdae opgeleef. Hy het nog ongeveer 1040 Saterdae oor, sou hy 75 jaar oud word.

Hy het daar en dan winkel toe gery en 1040 albasters gekoop en dit in die glasfles gesit. Elke Saterdag het hy een albaster uitgehaal en weggegooi. Die oom het in die afsluiting van die radio-onderhoud gesê dat, terwyl die albasters elke Saterdag verminder het, hy hom al meer ingestel het om met wysheid te lewe, maar ook met die regte prioriteite.

Terwyl ons lewe verganklik en onseker is, roep die Here vir ons op om sinvol te lewe. Ja, om sin te gee aan die lewe. Die Here wil hê ons moet ons lewe opleef en elke dag voluit lewe. Juis daarom sê Prediker in hoofstuk 3: 22 die volgende: “Ek het gesien dat daar niks beter is nie as dat die mens vreugde vind in sy werk, dit is wat jou toekom.” Nog verder sê Prediker in hoofstuk 9: 7 – 9 die volgende: “Eet dus jou brood met vreugde, drink jou wyn met ’n blye gemoed; God het lankal reeds goedgekeur wat jy doen. Dra altyd wit klere, versorg jou hare met olie. Geniet die lewe met die vrou wat jy liefhet …” Vers 10 het ’n verdere opdrag: “Doen met toewyding alles wat jou hand vind om te doen …” Met ander woorde, ons word opgeroep om met oorgawe te lewe. In Latyn is daar die spreuk: “Carpe Diem”, wat beteken “om die dag te gryp”. Dit beteken om in alles ’n geleentheid te sien of ’n geleentheid te skep.

Mense wat ’n vol, vervulde lewe gelewe het, sterf baie makliker en mooier as mense wat hulself nog op hulle sterfbed kwalik neem omdat hulle hul lewensdae gemors het op nietighede. Daarom leer die Here Jesus vir ons om na die lewe te kyk vanuit die perspektief van die dood. Eers as jy jou verganklikheid besef en erken, kan jy leer om vreugdevol en sinvol te lewe.

Tydsbestuur bly die meeste van ons se probleem. Daar word vertel van die dosent wat op ’n dag vir sy klas studente ’n demonstrasie wou gee oor tydsbestuur. Hy het ’n groot glasfles geneem en dit vol groot klippe gepak. Hy vra toe vir die klas of die fles versadig is. Tot hulle verbasing, gooi hy daarna ’n klomp gruis in en skud die fles. Daarna gooi hy nog fyn sand by en skud die fles en laastens gooi hy ook nog water in. Alles pas mooi in die fles.

Toe hy dieselfde inhoud van klippe, gruis, sand en water gebruik en die eksperiment omkeer en eers die water, toe die sand, daarna die gruis en laastens die klippe inpak, kom amper nie die helfte van dieselfde inhoud in die fles nie. Net so, verklaar die dosent, moet ’n mens altyd in jou lewe begin met die groot klippe, die belangrikste prioriteite in jou lewe, en dan sal daar nog plek wees vir die alledaagse nietighede. Maar wie sy lewe verspil op nietighede, mis die groot en belangrike prioriteite in sy lewe.

As ’n mens die Bybel goed bestudeer kom jy agter dat verhoudinge vir die Here baie belangrik is. Jou verhoudinge met God, jou lewensmaat, kinders en met die mense op jou pad is vir God van kardinale belang. Vir die Here is ook jou daaglikse werk baie belangrik. Juis daarom is ’n mens se werk nie maar net iets wat ’n inkomste inbring nie, maar ’n roeping. Juis daarom roep die Here ons op om elke dag kwaliteit by te voeg tot ons huwelike, ons kinders se opvoeding, ons medemens en ons lewensroeping om van hierdie wêreld ’n beter plek te maak. Dit gaan daarom nie soseer oor wat ek uitkry uit die lewe nie, maar dit wat ek insit in die lewe. Die lewe gaan nie slegs daaroor om te ontvang nie, maar om te gee. Dít bepaal lewenskwaliteit en sin in die lewe.

Ons lewensmaat is net aan ons geleen. Omdat ons nie weet hoe lank hierdie tyd is nie, moet ’n mens die mooiste daarvan probeer maak. “Geniet jou vrou …” sê Prediker. Ja, ek moet my man of my vrou weer mooi en gelukkig aan die Here teruggee.

’n Mens se kind verlaat die huis op ongeveer agtienjarige ouderdom. Laat ons uitwerk hoeveel Saterdae, hoeveel albasters is in my fles om my kind te koester en met wysheid te beïnvloed. Ek werk uit: ’n skamele 936 Saterdae. Juis daarom moet ons tyd maak vir ons kinders. ’n Gemiddelde loopbaan duur ongeveer 40 jaar, met ander woorde 2080 Saterdae. Ek het net 2080 weke om deur my loopbaan van hierdie wêreld ’n beter plek te maak.

Eers wanneer ek deur die kortstondigheid van hierdie lewe getref word, besef ek daar is ’n tyd vir alles. Juis daarom moet ek met oorgawe lewe, myself ontwikkel en my talente gebruik. Ek moet geluk vind in my lewensmaat, my kinders en met die mense op my pad. My werk moet my roeping word.

Ja, ek moet mooi lewe, ’n regverdige lewe nastreef en God se wil bo alles soek. Dit sal my gelukkig maak en vir my sin in my lewe gee. Luister hoe sluit Prediker sy boek af in hoofstuk 11 vers 13: “Die slotsom van alles wat jy gehoor het, is dit: Dien God en gehoorsaam sy gebooie.”

Eers as ek so ’n vol, mooi en regverdige lewe gelei het en kwaliteit toegevoeg het tot my lewensmaat, kinders en die mense op my lewenspad, kan ek met vreugde sterf. As ek my loopbaan beskou as ’n roeping en daardeur kwaliteit toevoeg tot die lewe, kan ek eendag, oor ’n aantal Saterdae vorentoe, in vrede bid op my sterfbed, die gebed van die kerkvaders: “ In U hande gee ek my gees oor!”

Soos jy gelewe het, so sal jy ook eendag sterf.    AMEN      

(Ds. Paul Odendaal is leraar van die NG Kerke Adelaide en Fort Beaufort.)

Jesus skep vir Hom ‘n familie aan die kruis

SKRIFLESING: Joh 19: 26 – 27

In my bediening as predikant het ek al dikwels opgemerk dat die dood mense weer bymekaar bring. Ek het al soveel male gesien hoe familielede wat jare laas met mekaar gepraat het, by die sterfbed weer die ou familiebande optel en met mekaar versoen raak. Jarelange vetes word dikwels ook by die sterfbed begrawe. Die dood herstel verhoudinge.

Terug in die dorp daar naby sou hy die volle verhaal hoor. Hulle was van buurplase en het mekaar liefgehad. Hulle ouers was egter in ’n jarelange ou rusie gewikkel en daarom moes hulle mekaar in die geheim ontmoet … so ook op daardie noodlottige dag toe hulle met perde na Mount Aux Sources gery het.

Die rede vir die ouers se rusie is vandag onbekend. Was dit waterlei-beurte of beeste wat grensdrade gebreek het? Was dit politieke- of kerkgeskille? Dalk was dit ’n misverstand by die koöperasie. Wat ook al die rede was, die ouers het besluit om mekaar ten alle koste te vermy.

So het dit aangegaan tot op daardie noodlottige dag toe hulle kinders saam sterf. Dit het die ouers tot rede geruk, hulle het vrede gemaak en die paartjie langs mekaar begrawe.

So het elke plattelandse of stedelike gemeenskap talle gevalle waar bure of mense van dieselfde gemeenskap moeilik met mekaar oor die weg kom. Dikwels is daar familie-rusies of onenigheid. Gewoonlik is kwaai vriendskap van daardie onbenullige sake wat amper te gering is om met rede aan te voer.  Dit kan ontwikkel in jarelange vetes, wat sleg is vir die gemeenskap of gemeente. In maatskappye of kleinsakeondernemings kan mense met mekaar in onvrede leef en so oneffektief vir die sakeonderneming word. Die gemeente kan oor kerksake baklei, met die gevolg dat mense hulle vertroue in die kerk verloor.

Jaco Thom skryf dat 1 Kor 13 as’t ware die bladmusiek is wat vir ons kom leer wat liefde is. As die gemeente die bladmusiek volg, is daar eenheid en samehorigheid in die gemeente.  Soos daar verskillende musiekinstrumente is, so het elke lidmaat ’n unieke bydrae tot die orkes se liefdesimfonie. Maar ons moet die dirigent, die Here Jesus Christus, volg sodat ons nie die liefde vals speel nie. Wanneer die liefde vals gespeel word, kom daar onenigheid tussen bure en tussen mense wat voorheen vriende was.   Daarom staan daar in 1 Kor 13: 1b:   … maar ek het nie liefde nie, dan het ek ‘n weergalmende ghong of ’n kletterende simbaal geword.

Dikwels ontstaan sonde met die bure en kwaai vriendskap met ander mense of familie met dié dinge wat 1 Kor 13 uitlig, naamlik ongeduld, jaloesie, verwaandheid en liggeraaktheid of die gewoonte om boek van die kwaad te hou. Hierdie gesindhede is die oorsaak van onvrede met die bure of iemand in die gemeenskap.

Met Jesus se dood aan die kruis op Goeie Vrydag leer ons ook hoedat Jesus ’n familie skep. Sy moeder Maria het verwese gestaan, besig om haar oudste kind te verloor aan ’n wrede dood. Johannes, Jesus se liefling-dissipel, het ook daar gestaan. Dan spreek Jesus Sy derde kruiswoord tussen 09h00 en 12h00.

Jesus het vir Maria gesê: “Daar is u seun.” Toe sê Hy vir Johannes: “Daar is jou moeder.” As’t ware skep Jesus hier nuwe familiebande. Hy bind Maria en Johannes in ’n nuwe moeder-en-seun verhouding.

Dit simboliseer ook Jesus wat aan die kruis ’n nuwe geestelike familie skep, wat ons die kerk noem. Nou is ons nie meer vreemdelinge van mekaar nie, maar broers en susters. Jesus Christus het ons oudste broer geword en ons het ’n gemeenskaplike Vader in die hemel. Die bloed van Jesus Christus het ons as’t ware gebind as ’n geestelike familie.

Jare gelede was dit gebruik dat vriende wat trou deur dik en dun aan mekaar belowe het, hulself elkeen met ’n skerp lem gesny het aan die hand en hulle bloedwonde teen mekaar gevryf het. Dit  was die teken van hulle lewenslange getrouheid aan mekaar. Daarvandaan kom die woord “bloedbroers”. Aan die kruis was dit nie nodig dat ons bloed hoef te vloei nie. Jesus Christus se bloed het gevloei in ons plek. Deur Sy bloed het Hy ons bloedbroers en bloedsusters van mekaar gemaak. Ons het ’n geestelike familie geword. Daarom glo ons in EEN HEILIGE ALGEMENE CHRISTELIKE KERK.

Daar staan verder in Johannes 19:27 (b) dat Johannes vir Maria in sy huis opgeneem het. Dit impliseer versorging en ’n tuiste. So moet die kerk as geestelike familie vreemdelinge opneem in hulle midde as broers en susters van mekaar.

Die hartseer van die Christelike kerk is dat mense aan Jesus wil behoort, maar nie aan die familie van Christus nie. Hulle sal God in hul persoonlike lewe aanbid, maar wil glad nie inskakel by die plaaslike gemeente se wel en weë nie. Hulle distansieer hulself van ander gelowiges. Dit getuig van ’n stuk meerderwaardigheid of van onbetrokkenheid. Hulle soek redes om nie in te skakel nie. Hulle soek Jesus se liefde en seën in hulle lewe, maar wil self nie ander liefhê of tot seën vir ander wees nie. Dit getuig van uiterste selfsugtigheid.

Wanneer jy in die huwelik tree, trou jy ook met jou skoonfamilie. Hulle word deel van jou familie. Wanneer jy nie jou skoonfamilie aanvaar nie, bring dit spanning en ongelukkigheid in die huwelik. Wanneer jy in ’n verhouding met Jesus Christus is, moet jy ook die familie van Christus aanvaar en liefhê. Jy kan jouself nie uitsluit van jou aangetroude familie nie. Jesus Christus kan nie in privaatheid aanbid word nie. Jesus kan net in die openbaar aanbid word saam met ander broers en susters. Die Here Jesus het ’n gemeenskap van gelowiges geskep, wat ons die kerk noem, en Hy wil hê ons moet deel daarvan wees.

Jy kan nie die Here Jesus aanbid sonder die kerk nie. Jy kan nie sonder die kerk ’n Christen wees nie. Die Here Jesus het jou geroep om as kerk, deel van Christus se liggaam te wees (1 Kor 12). Jy is deel van die kudde van die Here. Jy kan nie as ’n enkele skaap ronddwaal nie. As jy nie deel het aan Jesus se kerk nie, is jy soos ’n los steen, wat nutteloos buite die gebou rondlê.

Daarom het ons die verantwoordelikheid om by kerkbyeenkomste na die persoon toe te gaan wat ons die swakste ken en wat dalk ’n vreemdeling is en hom of haar te verwelkom en beter te leer ken. Dit is Christelike gasvryheid, wat mense verwelkom in die gemeenskap van gelowiges.

Jesus het op Goeie Vrydag aan die kruis gesterf, juis om Sy volgelinge EEN te maak, een huisgesin, een familie en een geloofsfamilie. Ek kan nie buite hierdie EENHEID myself afsonder op ’n eiland nie. Dan is ek doodeenvoudig nie ’n volgeling van Jesus Christus nie. Wie Jesus volg, moet aktief deel hê aan die Here se kerk.

Die prediker Fred Cradock het geskryf: “ The measure of your christianity is not who you feed, but who you eat with.” Ons kan maklik vir behoeftiges kos of ’n bydrae gee. Maar is ons bereid om saam met hulle te eet? Dit is die toets van ware Christenskap.

Netso kan ek nie op die kantlyn van die kerk staan en gedurig die kerk kritiseer nie. Ek moet deelneem aan my geestelike familie se aktiwiteite deur solidêr EEN met my geloofsfamilie te wees.

Mense soek maklike verskonings om nie deel van die kerk te wees nie. Mense kan dikwels hulle mede-kerkgangers kritiseer as skynheilig en daarom nie kerk toe gaan nie. Wat hulle vergeet is dat die kerk juis ’n plek van sondaars is. Die kerk is ’n hospitaal vir gebroke mense. Ek hou myself beter as ek nie my mede-kerkgangers omhels ten spyte van hulle foute en al nie.

Wie Jesus volg, moet Jesus se familie ook volg. Met die derde kruiswoord het Jesus ons juis familie van mekaar gemaak. Daarom moet ons mekaar omhels met Christelike broederskap en aanvaarding.

Vanoggend vier ons die heilige Nagmaal. Die brood bestaan uit baie graankorrels wat gemaal is om een brood van te maak. Die wyn bestaan uit baie druiwekorrels wat saam gepers is om een glasie wyn te maak. So is God se kinders ook gemaal en gepers in Jesus se sterwe en opstanding om EEN HEILIGE ALGEMENE KERK te wees. Ons hoort bymekaar, want Jesus het ons gemaal en gepers om een geloofsgemeenskap te wees.

As u mooi kyk na die viering van die Nagmaal, gaan daar brood en wyn oorbly. Dit is bedoel vir die vreemdeling wat nog moet inskakel in die geloofsgemeenskap. Daarom moet die Here se kerk gasvry wees, om vreemdelinge te ontvang en welkom te laat voel.

Die kruis van Christus is soos ’n magtige magneet, wat mense nader trek na Christus toe. Maar die kruis trek ons ook soos ’n magneet na mekaar toe, om ’n geestelike familie vir mekaar te wees. Sonder die magnetiese krag van die kruis, sal ons in die donker koue alleen staan. Mag die magnetiese krag van die kruis jou na Christus en ook na jou mede-gelowige toe trek.                                                 AMEN

(Ds. Paul Odendaal is leraar van die NG Kerke Adelaide en Fort Beaufort.)

Engele is soms sonder vlerke

SKRIFLESING: Hebreërs 13:2

Die Ou Testamentikus Claus Westermann het ’n boekie oor engele geskryf met die titel Gottes Engel brauchen keine Flügel God se engele het nie vlerke nodig nie. Dié boek het baie herdrukke beleef. Hy toon aan dat in verskillende tydvlakke van die Bybel, die Godsvolk verskillend oor engele praat. 

Daarom kan ’n mens ook nie iets soos ’n leerstuk oor engele formuleer nie. Die Bybel stel nie in engele belang nie, maar in God.  Engele is slegs boodskappers van God. Engele is God se helpers en somtyds God se draers van boodskappe in mensetaal. Westermann sê daarvoor het hulle nie altyd vlerke nodig nie.

In die pragtige Psalm 91 lees ons dat God Sy engele opdrag sal gee om ons te beskerm. Dit lees in vers 11 as volg: Want Hy sal sy engele oor jou opdrag gee om jou te beskerm op al jou paaie. In Daniël 3: 28 lees ons van die engel wat saam met Daniël se vriende in die vuuroond was. Daar staan: Nebukadnesar het daarop gereageer en gesê:  “Die God van Sadrag, Mesag en Abednego moet geprys word, wat sy engel gestuur en sy diensknegte gered het … In Dan 6: 23 lees ons hoedat die engel die bek van die leeus gesluit het en vir Daniël beskerm het. Daar staan: My God het sy engel gestuur en Hy het die bekke van die leeus gesluit, sodat hulle my geen leed kon aandoen nie, omdat ek voor Hom onskuldig bevind is.

Die Bybel is vol getuienis van die werking van engele in mense se lewens. Ons moet egter onthou dat engele slegs die instrumente van God is. Daarom mag ons hulle nie aanroep of aanbid nie. Ons roep die Here aan en Hy sal sy engele stuur om ons te bewaar en te beskerm.

Dit is merkwaardig hoe dikwels mense engele nie herken het nie, maar dat engele in gewone gestaltes (vlees-en-bloed engele) aan mense verskyn het.

In Gen 18 het Abraham by Mamre gesit en drie manne sien naderkom. Hy het hulle slegs as besoekers herken en hulle met tipiese Ou Testamentiese gasvryheid bederf. Toe die drie manne vir hom en Sarah die boodskap bring dat hulle in hulle gevorderde ouderdom oor ’n jaar ’n seun in die wêreld sou bring, het Sarah selfs daaroor gelag. Hulle het die drie manne nie herken as engele nie. Want die drie manne het nie vlerke gehad nie. Hulle was tipies geklee soos Midde-Oosterse  mans.

Dirkie Smit skryf dat mense dikwels eers later besef dat dit engele was wat hulle bygestaan, vertroos of bemoedig het.

In die Nuwe Testament word daar meestal van engele gepraat by die hoogtepunte van Jesus Christus se lewe. Maar die engele wys altyd heen na Christus, in wie God nader as ooit aan ons gekom het in ’n vleeslike gestalte, aldus Dirkie Smit.

In Hebreërs 13:2 staan daar: Moenie versuim om gasvry te wees nie, want hierdeur het sommige, sonder dat hulle dit weet, engele as gaste ontvang.

Abraham en Sarah het ook nie geweet hulle ontvang engele nie. Hierdie engele het vir hulle ’n goeie boodskap van ’n seun gebring. Net so moet ons alle mense ontvang met gasvryheid. Ons kan dalk net ’n engel ontvang en ons weet dit nie.

In Mat 25: 35 – 46 staan daar: 35 want Ek was honger, en julle het My iets gegee om te eet; Ek was dors, en julle het My iets gegee om te drink; Ek was ’n vreemdeling, en julle het My gehuisves; 36Ek was sonder klere, en julle het vir My klere gegee; siek, en julle het My verpleeg; in die tronk, en julle het My besoek.” 37Dan sal dié wat die wil van God gedoen het, Hom vra: “Here, wanneer het ons U honger gesien en U gevoed, of dors en U iets gegee om te drink? 38En wanneer het ons U ’n vreemdeling gesien en U gehuisves, of sonder klere, en vir U klere gegee?  39Wanneer het ons U siek gesien of in die tronk en U besoek?” 40En die Koning sal hulle antwoord: “Dit verseker Ek julle: Vir sover julle dit aan een van die geringste van hierdie broers van My gedoen het, het julle dit aan My gedoen.”41Dan sal die Koning vir dié aan sy linkerkant sê: “Gaan weg van My af, julle vervloektes! Gaan na die ewige vuur wat vir die duiwel en sy engele voorberei is, 42want Ek was honger, en julle het My niks gegee om te eet nie; Ek was dors, en julle het My niks gegee om te drink nie; 43Ek was ‘n vreemdeling, en julle het My nie gehuisves nie; sonder klere, en julle het My nie klere gegee nie; siek en in die tronk, en julle het My nie versorg nie.” 44Dan sal hulle ook antwoord: “Here, wanneer het ons U honger of dors of ’n vreemdeling of sonder klere of siek of in die tronk gesien en U nie gehelp nie?” 45En Hy sal hulle antwoord: “Dit verseker Ek julle: Vir sover julle dit aan een van hierdie geringstes nie gedoen het nie, het julle dit aan My ook nie gedoen nie.” 46En hierdie mense sal die ewige straf ontvang, maar dié wat die wil van God gedoen het, die ewige lewe.

Wat belangrik is, is dat ons dikwels deur engele besoek word in gewone menslike gestaltes. Dit kan iemand wees wat ons bemoedig of in nood help. Dit is al die vreemde gestaltes waarin God aan ons verskyn. Dikwels sal die engel wat ons help, menslik wees. Ons almal het ervarings van hoe mense ons onverwags gehelp het. Of hoedat mense in ons donkerste uur vir ons lig gebring het. Was dit nie miskien ’n engel nie?

Ek onthou baie jare gelede was ons jongste seun Johannes baie siek. Hy het buitengewone hoë koors gehad. Hy is opgeneem in een van Kimberley se privaathospitale. Hy is ontslaan, maar die koors het nog nie gebreek nie. Hy is toe later in een van Bloemfontein se privaathospitale opgeneem. Verskeie spesialiste het hom besoek, maar sy koors wou nie breek nie. Ons was moedeloos en verward. Die spesialiste wou hom toe later na die Pasteur Hospitaal stuur wat in virusinfeksies spesialiseer. Ons was gedaan, moedeloos en hartseer. Dit het gevoel of dit die einde van die wêreld is.

Een middag, rondom middagete, was ek alleen by Johannes se bed. Anneke het gaan eet. Skielik stap daar ’n Christen-advokaat die kamer binne, wat ek van geen kant ken nie. Hy vra toe of hy vir Johannes ’n gebed kan doen. Ek vra vir hom asseblief. Hy het ’n mooi gebed gedoen. Toe hy net uit is, kom Anneke die hospitaalkamer binne. Ek vertel toe vir haar van die advokaat wat vir ons kind gebid het. Feitlik onmiddellik daarna vra sy of die oorsaak van Johannes se siekte nie miskien sy mangels is nie. Toe die spesialis weer ’n besoek doen, vra ek hom om spesifiek na die mangels te kyk. Hy doen so en sê dadelik dat die mangels vrot is van infeksie. Hy bel toe dadelik ’n ander spesialis wat in mangels  spesialiseer. Binne tien minute daag hy op. Hy verander die antibiotika wat per drup toegedien word. Die volgende oggend speel Johannes vir die eerste keer in tien dae. Hy was vir tien dae dodelik siek en verskeie spesialiste het hom ondersoek. Niemand kon die oorsaak kry nie. Vir my was die advokaat wat ingestap het en ’n gebed gedoen het, die engel wat God gebruik het om Johannes te genees. Want onmiddellik na sy gebed kry Anneke die wysheid om te vra of die oorsaak nie by die mangels lê nie. Voorwaar was die advokaat ’n engel vir ons.  

Daar was ook die keer toe ons as die Ring van Hopetown ’n predikante-retreat gehad het. Ons het onder andere na die Van der Kloof-dam gaan kyk en ons was ook binne die damwal. Johannes was klein. Op ’n stadium raak ons almal in vervoering oor die skoonheid van die dam. Dit is net toe dat Johannes wegbeweeg van ons af. Daar was ’n reuse-gat in die damwal. Sou Johannes daar afval, is dit meer as ’n honderd meter afgrond na sement. Anneke kyk net betyds om en gryp hom aan sy klere voor hy daar afval. Dit was vir my die mees skrikwekkende oomblik in my lewe. Ek glo dit was God wat sy beskermengel beskik het, dat Johannes betyds gevang is deur Anneke. Daarom glo ek vas aan wonderwerke.

Ons mag nie engele aanbid nie. Engele kan nie uit hul eie uit optree nie. Hulle kry hulle boodskappe en opdragte van God. Hulle is maaksels van God. Daarom aanbid ons alleen die Drie Enige God. Hy stuur en beskik oor die engele. Somtyds stuur God ook mense as engele.

Wat belangrik is, is dat God ons ook kan gebruik as engele. As ons vir iemand wat honger is, kos gee of vir iemand wat dors is, water gee of iemand besoek wat siek is of in die gevangenis is, tree ons op as engele van God.

Dikwels kan ons derduiwels wees met mekaar. Ons beduiwel mekaar. Ons doen duiwelse dinge en bedink duiwelse goed. Ons het dikwels ’n duiwelse agenda. Dan roep die Evangelie ons op om op te tree soos engele vir mekaar. Ja, om goed te doen aan ander.

Jy kan miskien die engel sonder vlerke wees. Onthou ons word deur God gestuur.  Daar is hemelse engele en aardse engele. Wees jy die aardse engel in ander mense se lewens, mense wat jou nodig het.                        AMEN

(Ds. Paul Odendaal is leraar van die NG Kerke Adelaide en Fort Beaufort.)

Sonde beroof die goeie

SKRIFLESING: Psalm 51

“Sonde” is ’n woord wat uit die mode geraak het. In die oorspronklike Joods-Christelike tradisie is dikwels oor sonde gepraat. In baie mense se woordeskat bestaan sonde ongelukkig nie meer nie. Sielkundiges en sosioloë gee sonde ’n ander naam. Selfs in die kerk praat ons nie dikwels oor sonde nie, vanweë die invloed van humanisme op die kerk. Humanisme glo in die inherente goedheid van die mens.

As ons wel oor sonde praat, praat ons eerder oor ’n ander een se sonde. Of ons vermy sonde of ons verplaas dit na ’n ander mens.  Mense maak soos Adam en Eva. Ons kruip weg vir ons eie sonde. Andersins verplaas ons dit na ander mense. Toe die Here vir Adam genader het oor sy sonde, het hy sy sonde verplaas na Eva en sommer ook vir God blameer wat hom die vrou gegee het. Eva het weer die slang blameer.

Begryplik is dat die woord “sonde” in die wêreld min gebruik word. Maar in die kerk moet dit juis gebruik word. God het vir Adam en Eva in die paradys gaan soek. Hy het ’n ontmoeting gereël, omdat God die sonde wil uitpraat. Die kerk is die een plek waar sonde-taal beoefen moet word, al praat die mense daarbuite nie meer so nie.

Ek moet ook nie besig wees om ander se sonde heeldag uit te wys nie. Ek moet besig wees om my eie sonde te ondersoek en daarmee erns te maak. Wie is glashuise woon moet nie met klippe gooi nie.

Daarom soek God ons elke Sondagmôre in die erediens om oor sonde te praat. Ongelukkig verval die sonde-belydenis dikwels as liturgiese element in die erediens. In die verlede was die sondebelydenis in die erediens en kerklike tug en opsig ’n wesenlike deel van ons Calvinistiese tradisie.

Wanneer daar nie oor sonde gepraat word nie, verval die samelewing in oppervlakkigheid. Ons eie lewe verval in oppervlakkigheid as ons nie oor sonde praat en onsself ondersoek nie.

Daarom sê die Nagmaalsformulier ook uitdruklik dat ons onsself moet ondersoek voor ons by die tafel gaan aansit. Ongeveer twintig jaar gelede was dit nog die  gebruik om die Saterdag voor Nagmaal of die vorige Sondag ’n voorbereidingsdiens te hou met die oog op die Nagmaal. Ongelukkig het ook dit verval.

Daarom is veral ook die Lydenstyd van die kerk tussen As-Woensdag en Paasfees ’n tyd van vas en boetedoening. Sondebelydenis moet ’n tyd wees wanneer ons nie meer wegkruip of ons sonde verplaas of dit ander name gee nie. Dit moet ’n tyd wees wanneer ek my sonde name gee. Dit moet ’n tyd wees wanneer ek beskryf wie en wat ek regtig is.

In ons gelese gedeelte lees ons van koning Dawid se opregte skuldbelydenis na sy owerspel met Batseba, die vrou van Uria. Boonop het hy vir Uria doodgemaak, deur opdrag te gee dat hy in die voorste linies moes veg. Toe die profeet Natan na hom toe gekom het, het Dawid onmiddellik sy sonde bely en in sak en as gesit, sonder om te eet. Vanuit sy diepe berou het hy die opregte Psalm 51 geskryf.

Sonde is nie iets nie, het nie ’n eie ontstaan nie, is nie aanwysbaar en identifiseerbaar nie.     

Augustinus het gesê sonde is “privatio boni” – ’n berowing van die goeie. Sonde teer op die goeie. Sonde leef na aan die goeie. Sonde volg die goeie soos ’n skaduwee. Sonde misbruik die goeie en beroof die goeie. Sonde lewe van die goeie. Dit is dus is soos ’n parasiet. Daarom is dit moeilik om sonde te herken. Die bose doen hom voor as ’n engel van die lig.

As ek een vinger na ’n ander wys, wys al my ander vingers na myself. Wie in glashuise lewe, moenie klippe gooi nie. Sonde is inderdaad parasities. Sonde kom onder die dekmantel van die goeie.

Paulus skryf: Ek wil die goeie doen, maar as ek myself weer kom kry, het ek die kwaad gedoen. Sonde mislei ons. Richard Niebuhr skryf as ons sondig, weet ons meestal nie wat ons doen nie.

Ons kan dikwels bedwelm word deur die tydsgees. Ons het Apartheid gepleeg en toe nie eers besef ons sondig nie. Die Nazi-regering in Duitsland het miljoene Jode uitgemoor, en toe nie gedink dit is sonde nie. So kan ’n tydsgees ’n hele volk bedwelm, sonder om die sonde raak te sien. Die ANC-regering pleeg korrupsie in die ergste graad, maar hulle besef nie eers dit is sonde nie. Vir hulle is dit aanvaarbaar dat die leiers van die ANC sake met die staat doen.

Ons weet somtyds nie wat ons aan ons lewensmaats doen nie. Ons weet dikwels nie eers wat ons aan ons kinders doen nie. Ons weet dikwels nie wat ons aan ander doen nie. Ons weet nie, omdat die sonde te na aan die lig lewe, omdat dit in die gedaante van die goeie verskyn.

Luister na die verhaal van Ds. Walter Luthi, ’n Duitse teoloog: Hy vertel van die geslepe ou jakkals wat ’n plattelandse dorpie geteister het. Elke nag het hy hoenders, duiwe en lammers gevang.

’n Paar opgeskote seuns het besluit hulle sal hom vang, ’n tou om sy nek bind en met hom deur die strate paradeer. So sal hulle die onbetwiste helde van die dorp wees. So gesê, so gedaan. Met ’n gelukskoot kom hulle op die lê-plek af. Dadelik kommandeer hulle die jongste onder hulle, die skraalste, om by die gat in te kruip, natuurlik om die jakkals te vang en uit te bring. Vol bravade duik die seun in die gat in. Triomfantelik roep hy: “Ek het hom. Ek het hom. Ek het hom!” Maar toe begin die grond te bewe en die stof slaan op. Doodsbenoud roep die seun: “Hy het my! Hy het my! Hy het my! Eina! Hy het my!” So gaan dit ook met versoekinge. Jy dink nog jy beheer dit, dan beheer dit jou.

Soos wat om honger te raak en te eet, alledaags is – net so is versoekinge deel van die daaglikse lewe.

Daarom het Jesus aan die kruis geroep: “ Vader vergeef hulle, want hulle weet nie wat hulle doen nie.” Dan bedoel Jesus dit is ons wat nie weet wat ons doen nie.

Op 31 Oktober 1517 het Martin Luther sy 95 stellinge teen die kerkdeur in Wittenberg vasgespyker. Sy 95 stellinge het begin met boetedoening. Sy eerste stelling “Toe ons Heer en Meester, Jesus Christus, gesê het ‘Doen boete’ (toon berou, bekeer julle) was dit sy wil dat die hele lewe van die gelowige een van berou moet wees.” 

Daarom pas dit by ons Calvinistiese tradisie om ons armoede voor God en ons gebroke lewe voor God te besef.  In die Rooms-Katolieke tradisie is bieg een van die sakramente. Vir ons beteken berou egter die doding van vleeslike gedrag.

Daarom kom die 95 stellinge neer op (1) die grootheid van my sonde en (2) Christus Jesus se algenoegsame redding.

Die Middeleeuse kerk het in die hervorming ’n verskuiwing gehad in vroomheid. Ek moet nie net vroom in die kerk wees nie, maar ek moet ook in die wêreld vroom wees.

Daarom moet ek elke dag vroom ondersoekend my lewe ondersoek voor God se Woord. Ek moet biddend nadink oor my lewe en my sonde een vir een voor God bely.

Dan sal ek elke dag verwonderd, dankbaar voor God staan vir sy algenoegsame verlossing in Jesus Christus. AMEN

(Ds. Paul Odendaal is leraar van die NG Kerke Adelaide en Fort Beaufort.)