Gewild by God of gewild by mense? (1 Tim 4: 6 – 16)

GEWILD BY GOD OF GEWILD BY MENSE

U weet mos wat is swaartekrag.

imgSwaartekrag beteken dat ‘n voorwerp altyd grond toe sal val. Dit was Isak Newton wat eenkeer toe hy onder ‘n appelboom gelê het, wakker geword het toe ‘n appel op sy kop geval het. Daar onder die appelboom het hy die ontdekking gemaak dat voorwerpe op grond van onder andere hul gewig altyd grond toe val.

Daar is in die mens ook die swaartekrag van die sonde teenwoordig. Ons wil graag die weg van die sonde en die minste weerstand volg. Daarom sal ons maklik ingee vir elke stukkie druk en versoeking wat oor ons pad kom. Ons noem dit groepsdruk.

Klein kindertjies, tieners en grootmense swig gedurig onder groepsdruk. Ek wil nie uit voel nie. Ek wil een van die groep wees. Daarom kry ons iets soos giere en modes onder mense. Ek wil nie afsteek en uitvoel by ander mense nie. Ek wil een van die groep wees. Daarom sal mense enigiets doen om net aanvaar te word.

cool-word-letters-lens-facebook-coverJongmense het die uitdrukking om te sê iets is “cool” as hulle bedoel dit is die inding. Daarom stort baie grootmense so trane oor hulle kinders. Want kinders wil graag in wees. Hulle wil voel dat hulle word aanvaar deur hulle maats.

Daarom sal kinders feitlik enigiets doen om deur hul maats aanvaar te word. Hulle sal saam vloek, saam skinder, saam na pornografiese materiaal kyk en selfs eksperimenteer met dwelms en drank en seks. As my maat op die skoolbank rook, moet ek ook rook, want dan is ek nie ‘n “sissie” nie. Groepsdruk is seker een van die mees algemeenste versoeking wat op die mens se lewe kom. Daarom volg mense die swaartekrag van die minste weerstand. Doen wat my vriende doen en ek is “in” en gewild.

Jongmense en grootmense is bang vir ander mense se opinies en opmerkings en kritiek. Daarom sal hulle eerder hul mantel draai net om aanvaar te word. Mense het die geneigdheid om soos ‘n verkleurmannetjie van kleur te verander, na gelang die situasie verander. Hulle is goeie kinders by die huis, maar by die skool en die koshuis doen hulle dinge wat hulle nooit voor hulle ouers sal doen nie. Dit is altyd ‘n teken van swakheid. Wie so toegee aan die swaartekrag van groepsdruk, vernietig gewoonlik hul jong lewe.

Paulus skryf in 1 Timotheus aan die jong Ds Timotheus. Blykbaar was Ds Timotheus ‘n jong dominee wat bang was wat mense sê en daarom so ietwat teruggetrokke. Daar was ook maar baie probleme in sy gemeente en baie praatjiemakers wat vir Ds Timotheus erg ontstel het. Ds. Timotheus het die Evangelie baie goed geken en geweet wat God wou hê, maar ai, dit sal soveel makliker wees om toe te gee aan sekere van die eise van die gemeente. Kon hy maar so ‘n bietjie kompromieë aangaan, terwille van gewildheid. Die duiwel het hom ook versoek met die swaartekrag van groepsdruk. Gee so ‘n bietjie toe Ds Timotheus en ons sal jou aanhang.

Dan gee Paulus vir die jong Timotheus kosbare raad. Paulus sê aan Timotheus dat God vir sy kinders die Heilige Gees gee, wat ‘n mens nie bang en lafhartig maak nie, maar jou vul met krag, en liefde en selfbeheersing (1Tim 1: 7) ‘n Mens is nie bang vir mense se opinie oor jou, as jy ‘n kind van God is en deur die Heilige Gees gelei word nie. Nee, jy het die innerlike krag in jou lewe om leiding te neem en standpunte in te neem. Jy het liefde om mense te aanvaar en mooi met mense om te gaan. Jy het selfbeheersing en verstandigheid om reg op te tree. Dan is dit nie meer so belangrik om by mense en vriende gewild te wees nie. Jy wil eerder doen en wees wat God van jou vra.

img-9U sien daar is ‘n ander natuurwet, naamlik die magnetiese krag wat die swaartekrag – wet oortref. Met ander woorde as Christus Jesus in jou lewe is, is die krag sterker as die krag van groepsdruk.

Die swaartekrag van groepsdruk veroorsaak dat jou lewe inmekaar tuimel en jy die slaaf van ander mense se grille en giere word. Die magnetiese krag van die Here Jesus Christus tel jou op en hou jou veilig en geborge binne die waardes van die Bybel. Watter wet wil jy in jou lewe laat geld? Die selfvernietigende swaartekrag van jou portuurgroep of die magnetiese krag van die Here se liefde? (Het beeld van twee kragte gekry by ‘n preek wat ek eenmaal gelees het.)

Paulus leer vir mens om nie bang te wees vir ander mense nie. Hy noem vyf dinge (1 Tim 4: 12) waarop ‘n mens moet konsentreer, naamlik: WOORDE, GEDRAG, LIEFDE, GELOOF EN REINHEID. ‘n Mens takseer mos ‘n voël aan sy vere. Die vere sê, watse voël dit is.

Kom ons kyk kortliks na die vyf dinge.

WOORDE: Let op jou woorde, moenie vloek, skinder of sleg praat van ander mense nie. Moenie vuil grappe vertel nie. Moenie leuens vertel nie. Moenie toelaat dat ander mense gespot of geboelie word nie. Kom op vir die randfigure. Jou tong moet beheers word deur die Heilige Gees,

GEDRAG: Die Here sê dat nie elkeen wat die Here se naam aanroep gered sal word nie. Jou dade moet wys dat jy ‘n kind van God is. Dade spreek harder as woorde. Sien die mense, die Here Jesus in jou raak?

LIEFDE: As jy nog narcisties jouself lief het, is daar nie plek vir God en ander mense om lief te hê nie. Daarom moet ons “selfloos” ander mense se voordeel soek.

GELOOF: Jou geloof moet nie ‘n bysaak wees nie. Die Here moet alles of niks in jou lewe wees. Daar is nie plek vir middelgrond nie. Die gemeente Laudisea is juis aangespreek omdat hulle nie koud of warm was nie, maar lou in die geloof. Die Here sê vir Laudisea dat Hy hulle uit sy mond gaan spuug, want lou water is sleg.

REINHEID: Bewaar jou gedagtes rein. Bly weg van swak grappies, vuil praatjies, swak vriende, en pornografie. Hou jou denke rein.

Cool-Cute-3D-HD-PhotosWerklike leiers onderskei hulself daarin om nie toe te gee aan groepsdruk nie, maar om vanuit hulle beginsels en waardes te leef. Hulle staan dapper uit.

God vra van ons elkeen ‘n skoon lewe, ‘n lewe wat skoon gewas is met die bloed van Jesus Christus. Onthou tog al hierdie dinge. Onthou dat jou lewe ‘n preek is. Jy preek elke dag. Jy preek meer effektief as wat enige dominee kan preek. Jy preek deur jou woorde, jou gedrag, jou liefde, jou geloof en jou rein lewe. Vader Kestell was in die Anglo Boereoorlog ‘n predikant gewees. Hy het die Britse slagoffers ook bedien met die Woord en het ook hulle wonde versorg. Een van die Britse soldate het met dankbaarheid opgemerk, dat Vader Kestell sy beste preek, nog preek deur die vyand te help.

Watter krag kies jy? Die swaartekrag van groepsdruk of die magnetiese krag van God se liefde? AMEN

(Ds. Paul Odendaal is leraar van die NG Kerk Adelaide.)

Hemel op aarde! (Luk 16: 19 – 31)

HEMEL OP AARDE !

Hemel-Op-Aarde-na-uurse-Sentrum_101812_imageOns dink dat die hemel eers eendag kom. Ons vergeet dat ons nou alreeds “iets” van die hemel, ‘n “stukkie” van die hemel moet laat kom in mekaar se lewens.

In plaas van vir mekaar ‘n stukkie “hemel” te gee, gee ons vir mekaar “hel op aarde”. Ja, elke dag stuur ons mense in hulle hel in. So word hierdie lewe vir baie mense “hel op aarde”. In plaas van “hemel op aarde”, ervaar ons net “hel op aarde”. Ons leef vir die hiernamaals, terwyl ons vergeet van die hiernoumaals. Ons leef vertikaal in plaas van horisontaal. Ons kyk op, sonder om rond te lyk en af te kyk.

slaweskipslave_ship

In die Middeleeue, met die hoogbloei van die slawehandel, was daar ‘n slawekaptein wat slawe aan die kus van Wes – Afrika gevang het en per skip na Amerika geneem het. Hy was ‘n godvresende man, wat graag op die dek van die skip gesange gesing het tot eer van God. Tog was daar ‘n ernstige godsdiens-probleem by hom. Hy het die slawe onder in die dek van die skip baie swak behandel. Hy het vir hulle niks gevoel nie. Hy het slegs ‘n godsdiens van “bo” gehad, maar nie ‘n godsdiens wat “rond kyk” na mense nie. Hy het vergeet van die baie Lasarusse onder in die skip. Hy het met mense handel gedrywe en hulle boonop sleg behandel. Hy is die ryk man in ons geleeste gedeelte, wat ryk geword het uit ander mense.

31455a62a608fd4333592a09e87381d2--the-rich-man-and-lazarus-craft-jesus-drawingsIn die gelykenis van die ryk man en Lasarus, het die ryk man ‘n stukkie hemel weerhou van Lasarus. Hy was ryk, hy kon iets vir Lasarus beteken. Tog het hy niks gedoen nie. Hy het Lasarus in die aardse hel gelos. Sekerlik kon hy nie die swere op Lasarus se liggaam gesond maak nie, tog kon hy verligting gee. Net so kan ons ook nie al die probleme van hierdie wêreld oplos nie. Tog kan ons verligting gee, mense se hel verlig, vir mense ‘n stukkie hoop gee en vir mense ‘n stukkie van die hemel laat sien. Op aarde kan mense nog iets vir mekaar beteken, want Lasarus het by die deur van die ryk man gelê. In die hemel is daar ‘n kloof, dan is dit te laat om vir iemand iets te beteken. As’t ware struikel die ryk man by sy deur oor Lasarus en beland in die hel. Daar is vandag baie Lasarusse in my lewe. Lasarus is enige mens vir wie ek iets kan beteken. Lasarus kan wees, my lewensmaat, my kinders, my ouers, my bediendes, die bejaardes en die armes en die siekes in my gemeenskap, die vreemdeling by my voordeur, die straatkinders, die ongelowige mens en in vele meer gestaltes.

Elektrownia Patnów Coal Fired Power StationLasarus kan self die natuur rondom my wees. Ons mense word ryk uit die natuur, terwyl die natuur soos Lasarus vol swere is. Die natuur is so verniel en bedreig. Wat kan ek doen om die natuur te help?

Die ryk man het sy geleenthede verspeel. Soveel geleenthede by my voordeur, na aan my ……… tog word dit dikwels verspeelde geleenthede. Dikwels leef ons net vir onsself, soos wat die ryk man net vir homself geleef het. Telkens wil die Bybel die vraag vra: “Vir wie leef jy jou lewe? Vir jouself, jou eie gerief, jou eie sekuriteit of vir ander?

Die profeet Miga gee die korrekte antwoord vir ons in Miga 6: 8 “ Mens, die Here het jou bekend gemaak wat goed is: Hy vra van jou dat jy reg sal laat geskied, dat jy liefde en trou sal bewys, dat jy bedagsaam sal lewe voor God.”

Die ergste is ‘n lewe wat nooit gelewe is. Eintlik het die ryk man in ons gelykenis nooit gelewe nie. Met die lewe kan dit maklik gebeur, soos met ‘n kosbare kledingstuk, wat suinig in die kas weggebêre word, sonder om gebruik te word. Op die einde het die motte dit opgevreet. Die kledingstuk het vergaan, sonder dat dit enige waarde vir iemand gehad het.

‘n Mens kry twee soorte mense, middelpuntvliedende mense en middelpuntsoekende mense.

Misteri-Laut-Sargasso-di-Segitiga-BermudaMiddelpuntsoekende mense is soos ‘n maalkolk in ‘n rivier of by ‘n badprop. Die water beweeg na die senter toe. Ons almal weet dat as jy in ‘n maalkolk beland, dan kan jy maklik verdrink.

Dit is ‘n vernietigende krag. So is mense wat net op hulself fokus en sentreer, besig om hulself met selfsug te vernietig.

600px-Solar_sysMiddelpuntvliedende krag is soos die planete wat rondom die son wentel. Hulle beweeg weg van die kern en skep lewe. Mense wat middelpuntvliedend altyd ander se belange hoër ag as hulself, kry dit reg om te lewe.

Hulle kan die lewe in oorvloed geniet.

MoederTeresa-500x333Moeder Theressa, die Katolieke non van Kalkutta het haar lewe opgeleef. Sommige mense beskuldig haar dat sy ‘n hoogs immorele dame was. Sy kon haar lewe eerder gewy het om by die skatrykes van Amerika geld in te samel vir die armes van hierdie wêreld.

Sy kon dan tien keer meer vermag het. Tog het sy verkies en was sy op haar gelukkigste as sy in die drek van Indië, ‘n sterwende kind se hand vashou. By haar kan ons leer van empatie en deernis. Medemenslikheid is om iemand se hand vas te hou, letterlik of deur my woorde. Ek glo Moeder Theressa sou bereid wees om die hemel mis te loop, solank sy net ‘n stukkie hemel in die oë van ellendige mense kan bring.

Die hemel begin nou ……. ons moet nou al in die hiernoumaals, hemel skep in ander mense se lewens.

Die troos van die Here is dat hulle wat “afkyk” en “rondkyk” na hulle medemens, mag ook “opkyk” na hulle hemelse Vader. Jesus het ook “afgekyk” en “rondgekyk” na die mense, daarom kon Hy “opkyk” en na sy Vader gaan.

Christenwees beteken om met erbarming die liefde van die Here in woord en daad met jou medemens te deel. Eers dan het jy gehoorsaam aan die Heilige Gees geword. Dan is jy eers ‘n Pinkstermens.

Wanneer ons die Nagmaal gebruik, deel ons ook die brood en wyn. Net so moet ek ook my lewe deel met ander op my lewenspad. Ek moet ‘n “engel” vir ander mense word!

Maak iets van die hemel op aarde waar ! AMEN

(Ds. Paul Odendaal is leraar van die NG Kerk Adelaide.)